Vermiste atletiekman gevind

Die pamflet wat die buurtwag op sy Facebook-blad gedeel het.

Allen Barnes, die tesourier van die Westelike Provinsie-atletiekvereniging (WPA) wat net meer as ʼn week gelede spoorloos verdwyn het, is gevind.

Die Edgemead Neighbourghood Watch het op sy Facebook-blad gesê Barnes is Saterdag opgespoor.

Maroela Media het vroeër berig Barnes se familie het hom verlede Saterdag as vermis aangemeld nadat hy sy huis in Edgemead in Kaapstad in die vroeë oggendure verlaat het, glo om ʼn byeenkoms wat hy by die Strandfontein Pavilion gereël het, by te woon. Hy het egter nooit daar opgedaag nie.

Die silwer Toyota Corolla waarmee Barnes gery het, is Sondag by die Kaapstad Internasionale Lughawe gevind. Hy was glo eers by Grand West-casino nadat hy sy blyplek verlaat het en voordat die motor by die lughawe gelaat is.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê “die verdwyning van Allen Barnes is steeds die onderwerp van ʼn ondersoek”.

Traut wou egter nie bevestig of dit beteken dat Barnes wél gevind is nie en het gesê hy sou moontlik deur die loop van die dag verdere besonderhede hê.

Op die buurtwag se Facebook-blad het talle inwoners gesê hulle is dankbaar dat Barnes ongedeerd gevind is, maar sommige wou onder meer weet of hy die slagoffer van ʼn misdaad was. “Ons woon in die buurt en wil weet waarvoor om op die uitkyk te wees,” het een inwoner geskryf.

Die buurtwag het gesê hy “sal die eerste wees om die publiek in ons onmiddellike omgewing te waarsku as daar ʼn gevaar soos ʼn ontvoering of kaping plaasvind”.

Die buurtwag het ook gesê uit respek vir Barnes se familie gaan geen verdere besonderhede egter oor die omstandighede rondom sy terugkeer bekend gemaak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Swannie ·

En die familie vra seker weer dat hul privaatheid gerespekteer word !!

Die polise behoort nie meer hul tyd te mors op mense wat “kamma”verdwyn nie. Wag `n maand en as die persoon dan nog nie opgedaag het nie, begin dan `n soektog.

Karolis ·

Swannie, gesien in die lig van die omstandighede stem ek met jou saam.

Jdb ·

Nee, die polisie kan maar soek, maar die media moet minder sensasie soek

DA BO ·

Swannie net so. Ek is net so dik vir dit. Almal moet help soek, maar as die persoon opdaag dan moet almal “back off”

Annelize ·

Ek begin nou regtig hartlik dik te raak vir hierdie mense wat so “verdwyn” net om weer gevind te word.
Jou knoppie word flou gedruk om te help en die “missing poster” te versprei en te bid, en as die persoon gevind of te voorskyn kom dan is almal skielik doodstil en moet privaatheid respekteer word. NONSENS!!!!!!

Ek dink die bree publiek het nie so seer ‘n reg om te weet nie, dit sal net ordentlike maniere wees om almal wat so naarstiglik gehelp en gebid het, net in te lig rondom min of meer die omstandighede. Want was dit nou misdaad verwant, of sommer net plein simpel eenvoudigheid?

Dink net aan al die onkoste en man ure wat vermors is in so geval, onkostes en man ure wat kon gebruik word waar dit WERKLIK nodig was. Ek dink dis hoogtyd dat hierdie mense wat net so “verdwyn”, en nou praat ek van mense wat vir hulle simpel en snaaks hou, bietjie verantwoordelikheid gehou word vir hierdie vermorsing van belasting geld.

Het so ruk terug so ‘n geval in Rustenburg gehad van die Poppietjie wat “verdwyn” het, helse storie sy is ontvoer deur 3 of 4 swart mans. Toe sit sy al die tyd lekker by haar skelmpie en die hele wereld is in ‘n toestand. Sulke mense behoort gedagvaar te word vir elke sent onkoste, julle sal dan sien hoe vinnig kry hierdie nonsens einde.

Michael P ·

Seker n paar rand gewen by grand west en toe lekker n vakansietjie gaan hou

Suspect ·

… of dalk biki gelkies verloor of weggedobbel… en toe loop verdwyn of gaan wegkruip…

Atleet ·

Daai rot vrot al lankal. Ons hardlopers het al die oggend van die wedloop twee en twee bymekaar getel. Allen Barnes…wedloop organiseerder…geen wedloop kaarte…geen water…geen ambulans en mediese bystand..geen medaljes…werk dit uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.