Vermiste baba dood gevind

Argieffoto

Die polisie in Levubu buite Thohoyandou in Limpopo is op soek na die moordenaar van ʼn babaseuntjie wie se liggaam Maandag op die perseel van sy dagskool aangetref is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die 14 maande oud seuntjie is gister om 08:00 as vermis by die polisie aangemeld. “Die baba het in die Khwekhwe-nedersetting vermis geraak. Hy het na bewering langs sy pa gelê en slaap. Daar word beweer die pa het Sondagaand omstreeks 20:00 opgestaan om toilet toe te gaan en toe hy teruggekom, was die kind weg,” sê Ngoepe.

“Die baba het glo by die pa gebly. Die pa en ma is vervreem.”

Nadat die baba as vermis aangemeld is, het die polisie onmiddellik met ʼn ondersoek na die saak begin. Die seuntjie se liggaam is met veelvuldige beserings in sy dagskool se erf, nie ver van die pa se huis nie, aangetref.

“Die motief vir hierdie voorval is nie tans bekend nie, maar die polisie se ondersoek sal dit bepaal. Die persoon of persone betrokke by hierdie gruwelike moord, is tans nog onbekend,” het Ngoepe gesê.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om kol. Chabiseka Micheal Baloyi by 082 565 7345 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Theresa ·

Dis siek verby!! Daardie arme weerlose ou dingetjie het niemand niks gedoen nie!!

Anoniem ·

Dis vreeslik hartseer. Darem is die engelkie nou terug by die Huis weg van die lelike wêreld af!!!!

Ek verstaan net nie…. hoe vat iemand jou baba langs jou dat jy dit nie hoor, sien of voel nie. My baba is 15 maande oud en jy kan hom nie nie optel sondar dat hy effens kreun en rek nie…..

Adri ·

ANONIEM as ek die berig reg lees was die pa badkamer toe en toe hy terug kom is kind weg…. dit klink of kind gevat is toe hy uit is om badkamer toe te gaan…

ai dis so jammer dat onskuldige kinders wat hul nie self kan beskerm nie aan gevat word…

Lynette ·

@Anoniem. Die nuusberig stel dit DUIDELIK dat die Pa toilet toe gegaan het en met sy terugkeer was die kind weg.

Estelle ·

Dalk ja.
Dalk die pa wat lieg om sy bose daad weg te steek.

Dirk ·

Hierdie klink nie vir my reg nie,sommer net so uit die bed gevat.Hulle kan maar ondersoek instel na een van die ouers.Hoe baie kry mens dit nie deesdae dat die ouers die kindertjies aanrand omdat hulle huil of bie lastig is nie

Cynthia TREDOUX ·

HOE WREED NOG N GEVAL VAN N KINDJIE WAT IN DIE LEWE GEBRING WORD…EN DAN EINDIG HY SO OP? Vir wie wil die PA NOU BLUF? En die MA…waar lê sy nou al weer by n ander man…want hul doen enigiets om die BABA GRANT te kry…en dan word dit spandeer op ELLE LANGE NAELS…wat jou laat GRIL…en PRUIKE! Terwyl die ouma die baba moet grootmaak van haar SASSA inkomste…DIS DIE VERHAAL WAT EEN OGGEND IN MENLYN aan my uitgespel is…van hoe SLEG DIE SWARTES NA HUL KINDERS KYK en dat die OUMAS na die arme goedjies moet OMSIEN….wat n SKANDE IS DIT NIE! Ek hoop die SAPD hanteer hierdie saak ORDENTLIK…want hul het blykbaar die FAMILIE weggewys by die Polisie Stasie…want daar word nie oor NAWEKE SAKE /AANKLAGTES HANTEER NIE! Mag jy in VREDE RUS LIEWE KLEINDING…want jy is weg van n wêreld van TOTALE WREEDHEID en was daar nie n plekkie vir jou in hierdie NUWE SUID AFRIKA NIE!

Charms ·

Hoe kan jy so veralgemeen. Ek het Swart vriendin ek wat die beste man’s vir hul kinders is. Poppie is vermoor deur wie, en hoeveel andere aan die hand van hul eie ouers. Wat gebeur het is tragies, hoop die moordenaar word gekry.

santie ·

RIV ou kleinding Jesus sal sorg dat die skuldige een behoorlik gestraf word
wil net noem, hier is ‘n slang, ‘n baie baie lelike slang met 2 koppe besig om sy kop uit te steek
nie vir ons om te oordeel nie, maar wie anders as die ma en pa het geweet waar die kindjie was?
MM ek vertrou julle sal ons op hoogte hou van hierdie harseer verhaal

Vvn ·

Daar is net nie meer woorde vir die walglike dade wat mense aanvang nie. Elke dag is daar moorde! Wil nie meer nuus lees. Dis ontstellend.

Genoeg ·

Cynthia, ek dink jy verwar ‘n ander geval met hierdie een. Die kindjie wie se ouers weggewys is by die aanklag kantoor se dogtertjie is doodgery en hierdie seuntjie is uit sy pa se huis weggeneem.

jannie ·

ek glo dis vir enige mens n seening van bo as jy weg gevat asn babba uit die bose wereld iut wat se oordeel kan daar wees oor onskuldige baba

Sê maar net ·

Hierdie mense se badkamers is nie in hul huise nie… Hul het nie spoeltoilette ensuite nie. Dalk is hierdie pappa heeltemal onskuldig en gebroke oor sy kind… Ek bid vir hom… God aleen weet die waarheid en Hy sal oordeel. Dis allervreeslik! RUS SAG KLEIN LYFIE

MS ·

Het iemand hom dan die hele nag dopgehou in die hoop dat hy toilet toe sal gaan? As jy wil lieg moet jou storie darem ‘n bietjie meer vindingryk wees.

Heidi Lundie ·

Wit kinders word ook deur hulle ouers vermoor. Heng en sicial grant is so min jy kan nie eens n stek naeks daarmee koop nie, jy veralgemeen en is vreeslik rassisties. Wit mans molesteer ook kinders, wit vrouens mishandel ook kinders. Genade word tog groot. Hou op om elke ding oor ras te maak, die probleem is net so groot by alle rasse.

blik ·

Hy gaan toilet toe en met die terugkom wis hy nie sy kind is weg nie? Hoe dom dink hy is die mensdom…..ek ruik n rot

Poppie ·

Ek ruik ook ‘n lekker vet groot swart rot… Ek twyfel of die kleintjie by die huis vermoor is en dat hy by sy pa gelê en slaap het? Hoekom juis by sy speelskooltjie? Die moordenaar het daai kleintjie geken en dit is hoekom hy/sy hom daar gelos het vir die mense om hom te herken. Daardie kleintjie het nie gevra om hier te wees nie. Maar hy is nou in n beter plek as hierdie wrede land van ons. Bid net dat sy dood vinnig was en dat hy nie gely het nie. :-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.