Vermiste baba opgespoor

Baba Siwaphiwe Mbambo (Foto: Verskaf)

Baba Siwaphiwe Mbambo (Foto: Rescue Control SA)

Die baba wat soek was ná ʼn kapingsdrama Vrydagmiddag in Durban is opgespoor.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die baba Siwaphiwe Mbambo, vanoggend opgespoor is. Die baba was ongedeerd.

“Die polisie was nog heeltyd aan die soek en het toe ʼn wenk ontvang. Die baba is in die middernagtelike ure by die Mariannhill-tolplaza (naby Pinetown) opgespoor. Die polisie het die motor daar afgetrek,” het Zwane gesê.

Volgens Zwane is drie verdagtes in hegtenis geneem. Hulle is nog nie formeel aangekla nie. Die baba is tans in ʼn plek van veiligheid.

Maroela Media het vroeër berig ʼn ma, ʼn maand oue baba en ʼn agtjarige kind het in ʼn wit Toyota Yaris gesit het toe twee gewapende mans hul nader.

“Die ma was besig om te borsvoed. Hulle het haar laat uitklim, toe die motorsleutels by haar geëis en die baba saam met hulle geneem,” het Zwane gesê.

Zwane het gesê die agtjarige kon daarin slaag om uit die motor te spring voordat hulle met hom ook kon wegjaag. “Die ma het ons onmiddellik gebel en ʼn soektog is van stapel gestuur.”

Die voertuig kon opgespoor word danksy ʼn Netstar-opsporingstelsel wat in die motor was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Marx ·

So wie kry die R250 000 beloning wat uitgeloof is vir “enige wenk” wat lei tot die opsporing van die ontvoerde baba?

Skapie ·

Dankie Here dat sy ongedeerd is. Sterkte vir die gesin. Die arme ma

Wern ·

Waarom “arme ma”? Jy moet nie net opskrifte lees en dan wil kommentaar lewer nie, lees eers die inhoud ook.

LB S ·

Wern, nie nodig om so katterig te wees nie. In HIERDIE artikel noem hulle nog gladnie dat die Ma een van die verdagtes is nie.

REAList ·

Hoekom het Netstar so lank gevat om die kar te kry?
Dis SWAK van hulle.

Lisette ·

They found the abandoned car the same afternoon that the alleged hijacking took place. The baby was not in the car.
The police have since pulled a car over at a tollgate and arrested the suspects. The baby was unharmed.

Elsa ·

LEES tog net ordentlik voor jy jou uitspreek oor goed wat jy niks van weet nie.

Cornelia Steyn ·

Dankie Troue Heer, dat U gebede hoor en verhoor. U bly getrou.

Anon ·

Dankie vir die polisie en almal wat deur die nag na haar gesoek het en gehelp het om die ontvoerders vastetrek. Wys weereens wat gedoen kan word as SA’ners saamkom en saamwerk! Wonderlike nuus!!!

Nog n slenter. ·

Ja……..en was nou net op tv nuus……een van die drie verdagtes wat in hegtenis geneem is was die ma!!! Het gedink daar is n storie agter die storie! Mors die SAP se tyd!

Lizette ·

Ja ekt ok ge sien di ma ht its hier mee te doen sy is ook toe ge sluit kani dink dat i ma so laag kan daal no

Santie ·

Dankie Abba Vader ons is verbly. Baie dankie vir almal wie gesoek het en met dringendheid. Sterkte aan die familie. So kosbaar!!!!

Ouma ·

Ne!! En dan skreeu sy HELP! Nie ‘n MA se agterwereld nie!!! Smyt haar in die tronk en bere die sleulels diep onder die see!!!

Ongelooflik ·

Dis n siek land dir. Dankie tog die baba is gevind. Flippen skelms

Ouma ·

Ek is nou sommer snippetrig!! Gaan Moederliefde nou die R250 000 kry?

Snip ·

Ek wonder nou of die persoon wat die “wenk” gegee het deel was van die plan? Die ma het die saak soos ‘n afslaer benader… nee wag, kom ons kyk hoe hoog ons die prys kan opstoot. En die arme ander kind, die 8 jarige? Dalk het hy nou regte trauma beleef, mens weer mos nie presies hoe die ma dit bewimpel het nie. Ek het dit snaaks gevind dat die ma nie vir lewe en dood aan die pap baba geklou het toe sy “beveel is om uit te klim nie”. Ek sou!

Johann ·

Snaaks na ‘n beloning gebeeldsaai was op die 7 uur nuus gisteraand is sy vinnig gevind

Estelle ·

Saam gekonkel en als vir R250,000-00. Die skelms sal enigiets doen vir geld.

Dean ·

Ja wat verwag ons met korrupsie wat as n sport deur die “opperhoof” en sy travante in die kabinet beoefen word daarom sal hulle alles doen en dan daarmee wegkom.

Maxine ·

Ek is so dankbaar die baba is gekry en het nie seer gekry maar is bitter kwaad vir die ma wat betrokke was! Hoe doen jy dit aan jou kinders

Piet Pompies ·

Lewensversekering vir minderjarige kinders is al jare gelede gestop omdat ouers soos in hierdie geval absoluut niks voel vir hul eie kinders en dat geld en aardse goed van meer waarde is. Mag die skuldiges vrot in die tronk, die ma se gesang op die TV was net toneelspel, sy het gedink die publiek en of staat sou R250 000 opdok vir sulke goedkoop toneelspel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.