Vermiste baba se lykie naby slagpale gevind

Baba Kutlwano Maloitsane. Foto: SAPD

Die liggaam van ʼn nege maande oue babadogtertjie wat die naweek deur ʼn aanvaller van haar doofstom ma gesteel is, is naby die slagpale in Parys in die Vrystaat gevind.

Brig. Sam Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die baba, Kutlwano Maloitsane, se liggaam is Dinsdag omstreeks 18:30 deur ʼn verbyganger in die veld gevind.

“Die baba se liggaam was reeds besig om te ontbind. Weens die toestand waarin die liggaam gevind is, is dit moeilik om vas te stel hoe sy dood is. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood vas te stel,” het Makhele gesê.

Maroela Media het vroeër berig Kutlwano is Saterdag omstreeks 23:15 in die Tokoloho-gedeelte van die Tumahole-nedersetting naby Parys gesteel.

Kutlwano se ma het met haar op haar rug na haar ouers se huis gestap toe sy deur ʼn onbekende man genader is. Die man het haar gegryp en probeer verkrag. Sy kon daarin slaag om weg te ruk, maar die baba het geval. Die man het die kind opgetel en weggehardloop. Aangesien sy doofstom is, kon sy nie om hulp roep nie.

“Die gemeenskap moet saamstaan teen mishandeling en moorde op ons onskuldige kinders. Die polisie werk onverpoosd om die skuldige op te spoor. Dié daad het tot haar sinnelose dood gelei,” het genl.maj. Tollie Afonso, waarnemende provinsiale polisiekommissaris gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ella ·

Ag nee dit is hartseer. Ek hoop hy word gevang of dalk moet die gemeenskap hom kry en “vonnis”. Selfs die doodstraf is te maklik en gou . My hart gaan uit na die arme doofstom ma. Het sy nie al genoeg swaar gekry? Ek het n doofstom huishulp gehad jare gelede en weet hoe moeilik dit vir haar was.

Rita Postmaa ·

RIP pragtige kleinding….my hart is seer vir jou moeder….Mag God jou krag gee sonder jou seuntjie…??
Mag die vuilgoed gevang word …sommer deur die gemeenskap…

Ada ·

So jammer om te hoor.Die ma kan seker die moordenaar uitken sodat die gemors trok toe kan gaan en keeper.

Spikkel ·

Hoekom moet so iemand NIE die doodstraf kry nie. As hy dit aan n baba kan doen,, wat kan hy nog doen?

Anoniem ·

Ek voel vreeslik jammer vir die ma….maar ek wonder nou net? Die liggaampie het al begin ontbind? Iets maak nie sin nie? Die berig sê ‘die naweek’….. ek is nou nie n kenner nie…maar hoe vinnig ontbind n lyk?

Lee Randburg ·

Dis warm buite en ek dink ontbinding tree dadelik in?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.