Vermiste babaseuntjie dood gevind

Kajeeno Jantjies

Kajeeno Jantjies

‘n Tweejarige seuntjie wat Vrydag as vermis aangemeld is, se liggaam is gevind.

Lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, sê Kajeeno Jantjies is omstreeks 13:00 Vrydagmiddag die laaste keer gesien by ‘n plaashuis op die plaas Eenriet buite Steinkopf in die Noord-Kaap.

Jantjies is omstreeks 16:00 die middag as vermis aangemeld by die polisiestasie. Lede van die Steinkopf-polisie, Upington-duikeenheid, die honde-eenheid sowel as lede van die Vioolsdrift-polisiestasie het onmiddellik na Jantjies begin soek.

Kock sê Jantjies se lykie is Maandagmiddag deur polisielede in ‘n bergagtige gebied sowat 2km van die plaashuis af gevind. Hy sê ‘n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van Jantjies se dood vas te stel.

Enigiemand met inligting oor die saak kan konst. Pieter Barnard by 027 721 1010 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.