Vermiste bejaarde dood aangetref

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 85-jarige man wat al vir bykans ʼn maand lank in die Oos-Kaap vermis word, se liggaam is opgespoor.

“Nyekeshe Stone het op 21 Mei in Centane verdwyn,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, Woensdag gesê. “Stone het sy koeie gemelk en hulle toe na ʼn veld gedryf. Hy het egter nooit weer teruggekeer huis toe nie.”

Sy familie het na hom begin soek en hom op 1 Junie as vermis aangemeld by die Centane-polisie. Die polisie het ʼn honde-eenheid ontbied, maar hulle het tevergeefs na Stone gesoek.

“Twee mans het Maandag tussen klippe op sy ontbinde liggaam afgekom,” het Manatha bygevoeg. “Dit is nie duidelik of die mans wat die liggaam gevind het, jagters is of na hul eie vee op soek was nie.”

Die polisie doen ‘n geregtelike doodsondersoek. Geen vuilspel word vermoed nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sollie ·

Familie het maar lank gewag voor hul hom as vermis aangemeld het! Hoe werl dit – gee mense net nie meer om vir mekaar nie?

scalla ·

Praat eerder van onwettige jagters, aan wie behoort die veld?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.