Vermiste bejaarde dood gevind

Argieffoto: SAPD

ʼn 79-jarige vrou wat verlede Saterdag spoorloos verdwyn het, se liggaam is gevind.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die liggaam van Sara Nothusile Sifumba is oor die naweek in ʼn rivier in die Ngqamakhwe-gebied, noordwes van Butterworth in die Oos-Kaap, gevind.

Sifumba het op 18 Augustus vermis geraak toe sy ʼn tradisionele seremonie in die Mntla-nedersetting van Kotana Village bygewoon het.

“Teen 20:00 daardie aand is die mense wat die seremonie bygewoon het terug na hul onderskeie huise geneem, maar Sifumba het nooit by haar huis opgedaag nie.”

Haar familie het haar as vermis by die polisie aangemeld en ʼn soektog na haar is van stapel gestuur.

Dit is nog nie bekend hoe Sifumba dood is nie en ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal. Die polisie ondersoek die omstandighede rakende haar dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.