Vermiste bejaarde se liggaam gevind

Die foto wat saam met die nuus dat John Stigling vermis word op Facebook geplaas is. Foto: Facebook

Die foto wat saam met die nuus dat John Stigling vermis word op Facebook geplaas is. Foto: Facebook

ʼn 85-jarige man van Somerset-Wes in die Wes-Kaap se liggaam is enkele dae nadat hy vermis geraak het, gevind.

John Stigling, ʼn inwoner van Vonke-huis by die Helderberg Society for the Aged, is verlede Woensdag omstreeks 08:30 die laaste keer gesien toe hy met sy motor in die perseel gery het. Barbara Segalla, algemene bestuurder van die oord, het aan Maroela Media gesê Stigling het nie vir middagete aangemeld of uitgeteken nie.

“Ons was aanvanklik nie té bekommerd nie, omdat mense maar van tyd tot tyd vergeet om uit te teken. Maar toe hy teen die aand nog nie teruggekeer het nie, het ons sy dogters gebel,” het sy gesê. Volgens Segalla is die polisie die volgende oggend in kennis gestel en het die oord begin om hospitale in die area te bel om vas te stel of hy moontlik daar opgeneem is.

“Die polisie het ons Saterdag in kennis gestel dat sy liggaam gevind is. Ek verstaan hy is beroof en vermoor,” het sy gesê. Segalla kon nie presies sê waar Stigling se liggaam gevind is nie, maar het gesê sy vermoed dit was in die Eersterivier-area.

Kringtelevisiebeeldmateriaal het later gewys Stigling het omstreeks 10:30 die perseel verlaat.

Sy het berigte dat Stigling demensie gehad het, ontken en gesê hy was by sy volle positiewe en helder. “Hy was hoegenaamd nie swaksinnig nie. Hy was baie bekend in hierdie area, omdat hy lank hier gebly het en sake hier gedoen het. Hy het baie vriende in die oord gehad en die inwoners is baie ontsteld oor sy dood,” het sy gesê.

Voordat sy liggaam gevind is, het Stigling se kleindogter ʼn boodskap op Facebook geplaas om te vra dat enigiemand wat haar oupa sien, die familie moet kontak. Juliet Stigling, Stigling se dogter, het aan Maroela Media bevestig dat haar pa vermoor is, maar wou nie verder oor die voorval uitbrei nie.

Maroela Media wag nog vir kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SNEL ·

Dis vreeslik, om te dink die oom word so hoë ouderdom, en dat hy gesond is en nog kan ry en dinge doen, en dan word sy lewe op so wrede manier kort geknip. My hart gaan uit na sy dogter en familie, baie sterkte.

John ·

Weereens ń blanke moord wat net afgeskryf word as statistiek.

Rob Stark ·

Meskien moet julle vir ANGEL JONES vra oor al die moorde van wit mense ,insluiting KINDERS in SUID AFRICA, sy dink sy is so SLIM.

ZANELLE ·

HAI SHAME EK KRY SY FAMILIE BITTER JAMMER MY INNIGE SIMPATIE VIR JULLE MAG GOD SY HAND VAN BEWARING OOR JULLE SIT

Lappop ·

‘n Nasie hard van aangesig, wat ‘n grysaard nie ontsien en vir ‘n seun geen genade het nie.
En jou lewe sal voor jou aan ‘n draad hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie!
Klink bekend ne! Ons was gewaarsku.
Deut.28:50 en 66

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.