Vermiste bejaarde se liggaam gevind

SAPS+police+crime+tape+xgold+2012Die liggaam van Sakkie Freidberg (86) is die naweek naby ‘n munisipale swembad in Polokwane, Limpopo gevind nadat hy vir twee dae vermis was.

Freidberg, ‘n inwoner van Ons Tuiste-ouetehuis, was sedert Donderdagmiddag vermis nadat hy glo gaan stap en nie weer teruggekeer het nie.
Ao. Lesiba Ramoshaba, woordvoerder van die polisie, sê Freidberg het daagliks gaan stap.

“Die ouetehuis se bestuur het na hom begin soek toe hy nie teruggekeer het nie. ‘n Verbyganger het die polisie Saterdag ontbied nadat ‘n liggaam in die bosse naby die swembad gevind is.”

‘n Bron het aan Maroela Media gesê dat Freidberg vermoedelik verskeie kere met ‘n klip teen die kop geslaan is. Sy selfoon en twee ringe is glo gesteel.

Ramoshaba sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Theresa ·

So onnodig. Om te vorder tot so ouderdom en dan so wreed dood te gaan. En niemand sal ooit hiervoor boet nie.

Trippie ·

Hierdie sinnelose moorde, veral op bejaardes, breek mens se hart !

Grassie ·

Dit gaan net aan en aan en aan……….. sonder enige hoop op ‘n einde aan die wandade. Vir ‘n selfoon en twee ringe? Hulle kon dit mos by die ou oom gevat het sonder om hom te beseer. Die owerhede moet nie kom sê die motief was roof nie. Ons is nie onnosel genoeg om dit te glo nie.
‘n Rustige dag vir jou.

Trippie ·

Ek stem saam.
Vir jou ook, baie geseënde aand, en pas jouself ook mooi op.

Elizabeth ·

Iemand so oud behoort ook GLAD nie alleen te gaan stap nie – ek dink ouetehuise moet bietjie meer aandag aan veiligheid van inwoners bestee. Ek beskuldig nou nie die ouetehuis nie, maar ek voel sulke dinge behoort nie te gebeur nie. Baie van die oues het ook al ‘n vorm van Alzheimers en dink nie mooi so, ek voel daar moet goeie sekuriteit en dinge wees en as hul alleen WIL stap dan moet dit slegs op die ouetehuis gronde wees, andersins vergesel deur iemand te alle tye.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.