Vermiste Bloem-meisie (6) dood gevind

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Die liggaam van ʼn sesjarige meisie is gevind nadat sy Saterdag vir die laaste keer by haar ouerhuis in Bloemfontein gesien is.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die meisie, Sandisiwe Sintwa, is Saterdag vir die laaste keer gesien terwyl sy saam met ʼn maatjie by haar huis in Chris Hani in Mangaung gespeel het.

“Sy is vermoedelik gelok en ontvoer deur ʼn man wat ʼn babahondjie by hom gehad het,” het Mbambo gesê. ʼn Soektog na die meisie is van stapel gestuur en haar liggaam is Woensdag onder ʼn boom by ʼn stortingsterrein in Manguang gekry.

“Haar liggaam het reeds begin ontbind. Daar was geen sigbare beserings aan haar liggaam nie. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal en om vas te stel of sy dalk seksueel aangerand is,” het Mbambo gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Lt.genl. Lebeoana Tsumane, provinsiale polisiekommissaris van die Vrystaat, het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om nie die reg in eie hande te neem nie.

“Ek het reeds opdrag aan die ondersoekspan gegee om geen steen onaangeraak te laat nie,” het Tsumane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Laetitia ·

My hart gaan uit na haar ouers. So ‘n jammerte dat weerlose kinders die slagoffers word van gewetenlose misdadigers.

Kannaland ·

Dis tyd dat die wereld opsteen teen misdadigers. Hulle moet nie meer menseregte geniet nie, want ons onskuldiges kan nie meer ons menseregte afgee aan hulle nie!!!!

Afrikaanse Knaap ·

Genade… dis siek… dit maak my naar in my maag. Watse tipe samelewing of kultuur lewer sulke mense op?

Kat ·

Wanneer het die ouers begin soek indien die liggaampie al begin ontbind het?Het hulle nie te laat begin soek nie?Het hulle ooit agtergekom hulle kind is weg?

Willie ·

Wreed, en die hartseer is, dit gaan nooit stop nie… nie nou nie, nie later nie…. Die sogenaamde kultuur van sekere…

Ronelle Lensley ·

Dis baie harseer. Oumensies kinders n vrouens bly di slagoffers. Bring di doodstraf terug n kyk hoe word ons weer n anti crime land.

Mel ·

Met ons huidige regering sal selfs die doodstraf ‘n sirkus wees. Geregtigheid sal steeds nie geskied nie – net ‘n makliker manier om mense nog vinniger uit te roei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.