Vermiste Bloem-meisie opgespoor

Tlotliso by die familielid. Foto: Verskaf deur die polisie.

Tlotliso Mokapane (12), die meisie van Bloemfontein wat Dinsdag as vermis aangemeld is, is veilig gevind.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het die nuus Saterdagmiddag aan Maroela Media bevestig.

“Dit het aan die lig gekom dat sy die hele tyd by ʼn familielid was. Dit blyk dat hulle nie geweet het dat almal na haar op soek is nie en het daarvan te hore gekom in die media en toe dadelik na vore gekom.”

Mbambo het gesê die omstandighede rondom haar verdwyning word in dié stadium nog ondersoek.

“Dit lyk of sy alleen na die familielid gegaan het met ʼn taxi. Iemand het haar gesien wat met iemand in ʼn taxi gesels het. Ons ondersoek al die moontlikhede. Die ma en die polisie is ongelooflik verlig dat sy ongedeerd is.”

Maroela Media het vroeër berig Tlotliso is Dinsdagmiddag deur haar ma Nthabiseng Mokapane as vermis aangemeld. “Ntabiseng het vir Tlotliso alleen by die huis gelaat in Extonweg in Hilton, soos sy gewoonlik doen tydens skoolvakansies wanneer sy moet gaan werk,” het Mbambo gesê.

Volgens Mbambo was Tlotliso nie tuis toe Ntabiseng terugkeer van die werk af nie en is daar slegs ʼn selfoon en huissleutels langs die deur aangetref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jaco ·

Eks betrokke by gemeenskapswerk en ‘n plaaslike buurtwag. Ons ervaring is dat kinders “wegraak” omdat hulle moeg raak vir die oorvol huise waarin hulle bly. Tot 23 permanente inwoners in ‘n gewone 4 slaapkamer huis. Hulle raak vir 4 dae ontslae van hulle frustrasies en hulle ouers is self ook in ‘n mate “verlig” dat daar vir ‘n paar dae 1 persoon minder in die oorvol huis is. En dit help nie om hierdie mense oor hulle onverantwoordelikheid aan te spreek nie. Hulle reageer vinnig met beskuldigings van rassisme en opmerkings soos “you whites don’t understand our culture”.

Landi Slatter ·

Dagsê Wonder

Dankie vir jou kommentaar. Die berig is inderdaad korrek, Tlotliso was teen vanoggend nog vermis [alhoewel daar ‘n boodskap rondgestuur is dat sy gevind is] en teen vanmiddag veilig opgespoor.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.