Vermiste Bloem-vrou is met wapen weg

Natasha Mans (Foto: Verskaf aan Maroela Media)

Die vermiste Natasha Mans (41), ma van die 15-jarige Noeline Koekemoer wat in April 2015 in haar ouerhuis in Bloemfontein wreed verkrag en vermoor is, het glo ʼn vuurwapen by haar gehad toe sy verdwyn het.

Konst. Wendy Nkabi, woordvoerder van die polisie, het Vrydag aan Maroela Media bevestig dat Mans nog nie opgespoor is nie. Volgens Nkabi het Mans glo ʼn vuurwapen by haar gehad toe sy verdwyn het.

Maroela Media het vroeër berig Natasha het op Donderdag 31 Mei ʼn werker gaan aflaai, teruggekeer huis toe en daarna spoorloos verdwyn. Sy het in die Groenvlei-gebied in Bloemfontein gaan stap en nie weer teruggekeer huis toe nie.

Sy het ʼn denim en ʼn oortrektop aangehad. Mans het ʼn tatoeëermerk op haar regterarm: ʼn kruis van ongeveer 8 x 4 cm groot met die datum van Noeline se afsterwe, 7 April 2015, daarby.

Enigiemand met inligting oor waar Mans haarself bevind word versoek om speurder Mokhele te bel by 060 340 0135 of ao. Liebenberg by 071 682 5063.

Moses Maoka (37) is in Desember 2015 twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moord en verkragting van Noeline. Hy is ook tot ʼn bykomende nege jaar tronkstraf gevonnis op drie aanklagte van huisbraak.

Natasha het op Noeline se liggaam afgekom. Hulle het saam in ʼn woonstel op ʼn kleinhoewe in Bainsvlei gewoon. Maoka was voorheen ʼn werker op die kleinhoewe en het Noeline en haar ma geken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sp ·

Dit bly hartseer hoe ñ rimpeleffek misdaad het oor naasbestaandes.

GM ·

Dis vreeslik hartseer. Ek sou dalk eers planne beraam het om die skuldige ook uit die samelewing te verwyder (permanent), voor ek díe stappie sou volg wat sy heel moontlik nou gaan volg. Ek weet nie hoe enige iemand normaal kan funksioneer na so iets nie.

Gesiggie ·

Hierdie Ma het soveel seer… sy is instaat om iets te doen wat na baie hartseer kan lei? wat my bekommerd is dat sy n vuurwapen by haar het… ek Bid dat sy veilig is, en dat ons goeie nuus sal ontvang… Natasha as jy gereg in jou eie hande wil neem… wees versigtig… maar dit bekommer my dit is al n week later, en sy is nog nie opgespoor… Sterkte aan die Familie, hoop sy is veilig

jean ·

Mag God Sy hand oor haar hou en Sy Gees tot haar spreek……

Piet ·

Die manier waarop jy jou kind verloor het laat eintik al die woorde in my mond opdroog. Ek hoop jy is veilig en kan van iewers die krag vind om weer aan te beweeg. Hierdie land is n riool van geweld – beslis geen woonplek van n beskaafde mens nie.

Koos de Meyer. ·

Dis so hartseer om elke dag te hoor van al dié anargie, moord, verkragtings, rowe, bedrog, korubsie en so meer. Hoe siek het ons mensdom nie geword nie. Alles het agter uit gegaan. Waar gaan ons heen. Ons kan net bid en opkyk na ons Hemelse vader en op hom vertrou vir sy genade. Deur wat se trauma is die dame nie toe haar kind verkrag en vermoor is. Skuim tussen ons.

Marinda ·

“Don’t let anyone rent a space in your head unless they’re a good tenant”
Die PYN is te veel om ALLEEN te dra!
BID vir VEILIGE tuiskoms en antwoorde en berusting in die moontlike oplossings op haar traumatiese stryd. n Pragtige moedige GELIEFDE vrou en gebroke mamma

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.