Vermiste Bloem-vrou: Polisie ondersoek nou moord

Natasha Mans (Foto: Verskaf aan Maroela Media)

Die ondersoek na die dood van Natasha Mans (46), die vrou van Bloemfontein wat 31 Mei as vermis aangemeld is, verdiep byna uurliks.

Maroela Media het Woensdag berig Mans se liggaam is sowat twee weke ná haar verdwyning opgespoor, nie ver van waar sy aanvanklik in Groenvlei in Bloemfontein vermis geraak het nie.

Hoewel konst. Wendy Nkabi aanvanklik gesê het Mans is met ʼn skietwond aan haar nek aangetref, het kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, vanoggend aan Maroela Media bevestig sy het ʼn enkele skietwond aan haar bors gehad.

“Die rewolwer wat ons op die toneel aangetref het se kaliber strook nie met die wond nie. Ons vermoed dus dit was nie die moordwapen nie,” het Marope gesê.

Die polisie se voorlopige ondersoek dui voorts daarop dat Mans se liggaam nog nie in ʼn gevorderde stadium van ontbinding was nie. Daar word vermoed dat haar liggaam óf iewers koel óf in ʼn vrieskas gehou is vir vermoedelik 37 uur of langer.

“Dit is wat ons in dié stadium ondersoek. Die uitslae van die nadoodse ondersoek sal ons al daardie antwoorde bied.”

Mans se lewensmaat, Dennis Casten, het Woensdagoggend glo op Mans se liggaam afgekom en daarna die polisie in kennis gestel.

Mans se liggaam is agter ʼn boom op ʼn oop stuk erf langs Casten se huis aangetref. Casten moes Woensdag sy huissleutels aan die polisie oorhandig en volgens Marope is die hele erf en huis afgebaken en word as misdaadtoneel hanteer.

“Die forensiese span kundiges sal vandag begin om die huis te fynkam vir leidrade soos bloedspatsels,” het Marope gesê.

ʼn Saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het vroeër berig Mans het op 31 Mei ʼn werker gaan aflaai, teruggekeer huis toe en daarna spoorloos verdwyn. Daar is beweer dat sy in die Groenvlei-gebied in Bloemfontein gaan stap en nie weer teruggekeer het huis toe nie.

Mans se dogter, Noeline Koekemoer, is in April 2015 in haar ouerhuis in Bloemfontein wreed verkrag en vermoor.

Moses Maoka (37) is in Desember 2015 twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moord en verkragting van Noeline. Hy is ook tot ʼn bykomende nege jaar tronkstraf gevonnis op drie aanklagte van huisbraak.

Mans het destyds op Noeline se liggaam afgekom. Hulle het saam in ʼn woonstel op ʼn kleinhoewe in Bainsvlei gewoon. Maoka was voorheen ʼn werker op die kleinhoewe en het Noeline en haar ma geken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Werner ·

mens skiet jouself nie in die nek as jy selfmoord pleeg nie

Breedt ·

Die nek is n baie goeie plek om te skiet as jy selfmoord pleeg. Daars talle maniere en plekke waar jy jouself kan eindig. Maar in dié geval dink ek dis moord, word gesoek vir 2 weke, en dan vind haar lewensmaat haar agter sy huis? mmm maak nie sin nie.

snoefie ·

so gerieflik agter n boom in n lee erf reg langs die huis waar sy gewoon het. asof niemad al twintig keer daar gekyk het nie.

Hannelie ·

Ek ruik beslis ‘n rot. Hoekom het haar lewensmaat haar nie 2 weke gelede as vermis aangemeld nie…..of het hy? Hoekom kom hy kastig op haar af? Maar ons wag om te hoor wat was die uiteinde. Die waarheid kom altyd uit.
Trisha jy kan nie veralgemeen oor mans nie, ek is met ‘n wonderlike man getroud, al 28 jaar. Hy lig nie sy hand vir my nie, hy praat mooi met my en hy gee my en ons twee kinders baie liefde. Miskien het jy dalk net nie die regte persoon ontmoet nie.

WTFudge ·

“Die ONDERSOEK na die dood………verdiep byna uurliks”, julle bedoel sekerlik die RAAISEL na die dood van…..verdiep byna uurliks” ??

Nicolene ·

hier gaan nog n draai kom in die storie….kyk maar. Daai rot ruuk vrot ek stem

L ·

dis vir my ook snaaks maar nie verbasend nie. Ons is veronderstel om ons geliefdes te vertrou en liefde en kameraadskap te ervaar by hulle.

kas ·

Haar liggaam is op ‘n oop stuk erf langs Carstense huis gekry deur Carsten.Geen teken van ontbinding.Haar lewensmaat maar hulle het nie saam gebly nie.Haar liggaam is op ‘n koue plek gesit en toe later gelaat waar sy gevind is.Hoekom word Carsten se huis as misdaadtoneel hanteer.Carsten beter praat en vinnig ook.

Lana ·

En sy dogter was verontwaardig oor foutiewe inligting dat haar pa getroud is met Natasha. Die dogter het dit op ‘n aanvallende manier duidelik gestel dat haar pa nie getroud is met Natasha nie.
‘n Paar dinge aan dié hele “verdwyning” is vreemd.

Andrea ·

Wat n beeldskone vrou. So jammer oor die verskriklike trauma wat sy moes beleef, en nou is seker vermoor. Hoe is dit dat die lewe so verskriklik wreed is? Wat vrywaar my en die volgende persoon van soveel ellende? Niks.

Lana ·

Andrea, al wat ons kan doen is bid EN baklei vir alles wat reg is.

Johann ·

Askuus maar hoe kan n polisie konstabel sulke blatante leuns stel as feite en daarmee wegkom? Of is dit sprekend van die polisie se onvermoe om die verskil. tussen n nekwond en n bors wond uit te wys? Of is detail nie noodwending van toepassing wanneer dit by die dood van blankes kom nie?

Sprekend van NOG n ANC Legacy van onbekwame onbevoegde “polisie” beamptes wat gewapen die lank vol rondloop.

Andrea ·

Wat n beeldskone vrou. So jammer oor die verskriklike trauma wat sy moes beleef, en nou is sy seker vermoor. Hoe is dit dat die lewe so verskriklik wreed is? Wat vrywaar my en die volgende persoon van soveel ellende? Niks.

Anni ·

As ek kommentaar hier van uit my stoel kan gee, is dat die Polisie sommer daar in Natasha se erf moet begin soek na die moordenaar. Want sy is vermoor, sy het nie selfmoord gepleeg nie, en die moordenaar het gepoog om dit na selfmoord te laat lyk.

Alma ·

Ja nee klink soos nog n van Breda/Pistorius sage. Maar wie weet… kom ons hou maar die nuus dop. Ek voel net bitter jammer vir die arme vrou dat sy deur soveel in haar lewe moes gaan.

PIKKEWYN ·

Ek moet ook erken dele van die storie klink nie reg nie. Hulle soek haar al 2 weke en dan skielik kry hulle haar liggaam reg langs haar lewensmaat se erf, en nog nie ontbind? Meneer, kom eerder uit met die waarheid indien daar iets gebeur het.

Johnnie ·

Ondersoek maar haar lewensmaat want waar is haar dogter se as wat sy glo saam met haar gevat het en nou se hulle dis n wond in die bors???? Dis defnitief moord.

Trisha ·

Ek sê al meer dankie vir die liewe Vader dat ek nie ‘n man in my lewe het nie. Het eers baie onveilig gevoel sonder een, voel nou baie veiliger sonder een.

Lana ·

Trisha, jy is besig met growwe veralgemening!!
Daar is baie goeie mans ook.

Trisha ·

Jy is reg. Verskoon maar my veralgemening, maar as ek die nuus so lees (veral die laaste tyd), wil dit voorkom of ‘n vrou se kanse op oorlewing gehalveer word met ‘n man in die mix. As hy nie self betrokke is by die moord nie, kan hy blykbaar ook niks doen om jou te beskerm as daar ‘n aanval is nie, en laat in baie gevalle die moordenaars sommer self in die huis ook.

Anni ·

Ja sjoe Lana, ek stem saam. Ek en my man is al 20 jaar saam, en 18 daarvan getroud. Nog nooit het hy ‘n hand vir my gelig, of het ek al ooit bedreig gevoel deur hom nie, al het ek en hy al ‘n paar keer baklei dat die biesies bewe. Daar is mans daarbuite, en dan is daar mans wat die naam “man” ‘n slegte naam gee.

Sarie ·

Lana, ek stem saam, jy kan nie almal onder dieselfde kam skeer nie

Trisha ·

Ek weet dat al hierdie gevalle van “femicide” (en ek sê nie dat hierdie ook so ‘n geval is nie) dalk simptome van die heersende wetteloosheid en morele verval in ons land is, maar kan jy jou indink hoe dit sal gaan as daar anargie en dus totale wetteloosheid sal wees, met geen nagevolge vir hierdie soort moorde nie? Dink ‘n paar vroue gaan ‘n hengse verrassing kry.

Skyspy007 ·

Trisha, daar is baaaaaaie mans , my insluitend wat gladnie van jou stelling hou oor ons mans nie….Ruil jy maar self volgende keer jou spaarwiel, of laat liewers ‘n dame aan jou motor werk. Skuif die stel self onder jou in wanneer jy gaan sit. Was dit nie vir “die vrou in EVA” wat die mans versoek en verlei nie sal die wêreld sekerlik ook ‘n beter plek wees. Jy is uiters kras met jou vinnige opsomming van mans. Daar is in hierdie verrotte wêreld van ons NET sulke slegte vroue ook

Willie de Beer ·

Ek hou nie van jou stelling nie.Ons mans dit sluit myself in is nie almal moordenaars nie.Daar is mans en vroue wie se koppe hulle gelos het.Dit is nie n mans ding nie eerder siek mense.

Weird ·

Ja nee Willie ek is ‘n vrou en stem heeltemal met jou saam, mans en vroue loop gebuk onder misdaad. Trisha se stelling is nou iewat , umm snaaks.

Retha ·

Sjoe mense, daar is nou byna elke dag n moord-berig in die nuus. Dan praat mens nie eens van stakings, afgebrand, roof en plunder nie. Dit raak net erger by die dag!! Kan ek ‘n eerlike vraag vra: wat de hel gaan aan in hierdie land, asb, enige iemand??? Ek is al so vuisvoos van al geweld in die nuus ek sukkel skoon om reguit te dink.

Raaisel ·

Did ongelooflik hoeveel kenners daar is, “joernaliste” wat beriggewing kritiseer, “speurders” wat die moord al opgelos het, ens. Dis tragies wat gebeur het en soms kom die waarheid uit, maar soms bly dit ook maar ‘n raaisel.

Michael ·

Mense dit is die New Dawn waarvan CR gepraat het want hy is doodstil. Retha verstaan jy nou.

Lee Raath ·

My pennie gedagtes. Dis koud in Bloemfontein. Wat is die moontlikheid dat sy iewers toegedraai en begrawe was? Volgens inligting is haar oorlede dogter se as steeds in die huis gevind. Die vriend se dogter het aan die begin net te veel inligting bekend gemaak om nie te weet wat werklik aan die gang is nie. Moenie net na hom kyk nie. Daar is baie meer tot die storie as wat aan die publiek bekend gemaak word. Kom ons hou die pers dop en sien wat hul sê en op die ou einde sal ons die waarheid uit ‘n hofsaak hoor, sou hul iemand in hegtenis neem. Sterkte aan haar familie. Mag sy in vrede rus.

Annecke ·

Dit klink vir my soos die boland moorde…dalk sommer begin by die vriend se dogter wat so kras op maroela uitgevaar het…nie juis bekommerd gewees nie….

GM ·

Ag, wat maak dit tog saak of sy met die man getroud was of nie? Die feit dat die meisie so aangaan daaroor, laat haar sommer ook skuldig klink. Natasha kan nou by haar dogter wees, verlos van al die pyn. Ek bewonder die moed wat sy getoon het deur aan te gaan met haar lewe na die wrede dood van haar dogter. Ek weet nie hoe mens staande bly na so iets nie. Rus in vrede…

MY ·

Waar het julle gelees oor die dogter wat so uitgevaar het teen die media ek sien niks in die berigte nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.