Vermiste boer se liggaam gevind

Sy oorskot is in ‘n sloot naby Vrede in die Vrystaat gevind. (Argieffoto ter illustrasie: Anja van der Merwe/Maroela Media)

Die liggaam van ʼn boer wat in Maart reeds as vermis by die polisie in Mpumalanga aangemeld is, is gevind.

Die 54-jarige Themba Isaac Vilakazi se oorskot is Dinsdag in ʼn sloot naby Vrede in die Vrystaat gevind, sê brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga.

Vilakazi het op 25 Maart raaiselagtig verdwyn nadat hy aan sy gesin gesê het dat hy na die Standerton-polisiestasie gaan om iemand te ontmoet wat vroeër gebel en hom oënskynlik as ʼn polisiebeampte geïdentifiseer het.

“Hy is glo in sy Toyota-bakkie weg om die persoon te gaan ontmoet.”

Hlathi sê Vilakazi se familie het hom as vermis aangemeld nadat hulle vergeefs probeer het om hom op sy selfoon in die hande te kry. Daar was sedertdien geen spoor van hom nie.

Woensdag het die polisie ʼn deurbraak in die saak gemaak en twee mans, onderskeidelik 32 en 33 jaar oud, in Standerton aangekeer. ʼn Item wat vermoedelik aan Vilakazi behoort, is na bewering in die besit van een van die mans gevind.

Die ander man het glo uitgewys waar Vilakazi se liggaam begrawe is.

Sy wit Toyota-bakkie, met die registrasienommer KTC 469 MP, word egter steeds vermis.

Volgens Hlathi verskyn die twee mans Donderdag in die Standerton-landdroshof op ʼn aanklag van moord.

Genl.maj. Thulani Phahla, waarnemende polisiehoof in Mpumalanga, het die polisie vir hul ondersoekwerk geloof. “Ons glo die ondersoek gaan goed vorder en verseker dat geregtigheid vir die vermoorde boer geskied.

“Ons glo ook die inhegtenisneming gaan ʼn sterk boodskap aan plaasmoordenaars stuur dat ons op hul spoor is.”

Die polisie is intussen steeds op soek na die verdagtes betrokke by die moord op die 58-jarige Hennie Moldenhauer wat die afgelope naweek op sy plaas naby Amersfoort vermoor is.

Moldenhauer se bakkie het nog geluier toe sy vrou, Mokkie, Sondagoggend op sy liggaam langs ʼn gestroopte sojaboonlandery afgekom het.

Moldenhauer se liggaam is sowat 10 m van die bakkie met ʼn skietwond aan die kop aangetref. Sy eie twee vuurwapens was vermis en die vermoede bestaan dat hy deur onwettige jagters wat met honde op sy plaas gejag het, vermoor is.

Phahla het ook ʼn beroep op mense gedoen om na vore te kom met inligting oor ander vermeende verdagtes.

  • Enigiemand met inligting oor die voorval kan konst. Nomndeni Madonsela by 071 203 1458 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

E ·

Ja nee baie goed beplan, seker weer ‘n inside job soos ons se. Ek wil nou by al die honderde reels wat ons elke dag prober volg om ons self lewendig en veilig te hou in die land/wereld net nog een voorstel. As jy ‘n oproep kry of ‘n ontmoeting reel met iemand, wat jy dalk nie wil verkondig vir almal nie. Stuur net ‘n WhatsApp met die person se naam, nommer, tyd en plek van die ontmoeting na iemand wat jy vertrou, of selfs jou kollega/baas/dominee/buurman – meeste van die gruwels word gedoen deur mense wat jy ken. So vertel vir iemand of skryf dit selfs op n papier neer en plaas waar iemand die sal vind , maar nie te openlik nie. met datum tyd en als. of stuur ‘n email na iemand toe. Sodat polisie nie in 55 miljoen mense hoef te soek nie. en dan het die verdagte nie tyd om sy spore toe te vee nie, of selfs te verdwyn nie. Polisie dink ek sal dan ‘n makliker saak ook he as hulle lasbriewe en sulke goed moet begin kry.

Misky ·

Boere van alle ras is uitgelewer aan hul eie genade. Sterkte aan die familie

Fedup ·

A never ending cycle.
It’s disheartening to read about farmers being attacked and murdered every day.
And the Feckless circus sit and watch.

Johan ·

Ek het so paar weke terug voorstel gemaak dat Afriforum, Solidariteit, Landbou Unies planne in werking te stel om jongmense op te lei en op plase te plaas om boere by te staan. Hoeveel moorde op boere (Wit, swart is nie die issue nie) elke persoon wat lewe maak om kos op die tafel van SA te sit is ‘n boer. Hoeveel keer gaan ons nog elke dag op sosiale media lees dat nog ‘n boer aangeval is? Wanneer gaan ons besef dat dit ‘n stille guerilla oorlog is teen die boere en hulle plase wat ons moet voed! Miskien tyd dat daar daadwerklik planne in plek gesit moet word sonder om te wag vir die regering en die polisie.

Jakes ·

Moordenaars is kleurblind en is elke mens n teiken. Ons innge medelye met die familie. Geluk aan die polisie wat hierdie saak suksesvol opgelos het. Daar is nog baie polisielede wat hul taak met waardigheid en ywer vervul en dit word deur die samelewing waardeer.

Ovelia ·

Kan Crle nie sien dis nie net wit boere wat vermoor word nie? Masr parlment sien dt ni as misdaad nie

Annakapat ·

So min respek vir ‘n lewe! Mense word vermoor en weggegooi soos vullis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.