Vermiste Boksburg-man dood aangetref

Wayne Alberts

Wayne Alberts

Wayne Alberts (32), wat op 14 Februarie in Boksburg verdwyn het, is dood aangetref.

Luitenant Juanita Coetzer het aan Maroela Media gesê sy kan nie tans enige verdere besonderhede bekend maak nie. “Die saak is in ʼn sensitiewe stadium,” het sy gesê. Sy het bevestig dat Alberts se ouers van sy afsterwe in kennis gestel is.

Alberts is laas omstreeks 21:40 in Madleystraat in Hughes, Boksburg-Noord gesien. Hy was op pad na sy ouers se huis in Boksburg.

Drie mense is twee dae later in Sunnyside, Pretoria, in die motor waarmee Alberts gery het, aangekeer. Leon van Lingen, Alberts se pa, het vroeër aan Maroela Media gesê daar was ʼn vuurwapen, dwelms en elektriese kabels in die silwer BMW. Die motor is in Van Lingen se naam geregistreer. Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die drie verdagtes is in hegtenis geneem en aangekla van die onwettige besit van ʼn vuurwapen. Hulle het op 18 Februarie in die hof verskyn, maar die saak is teruggetrek vir verdere ondersoek en die verdagtes is hierna vrygelaat. Die verdagtes het glo later teruggekeer na die polisie en die motor teruggeëis. Volgens Van Lingen het hulle die motor vir hul prokureur as betaling gegee.

ʼn Vreemde vrou het ook glo op 15 Februarie Alberts se selfoon geantwoord, en aan Alberts se vrou gesê hy slaap. Die foon is daarna afgeskakel. Klik hier om meer te lees.

Alberts laat sy vrou en drie dogters agter.

Lees alle vorige berigte oor Wayne Alberts op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Elfie ·

Ek verstaan nie mooi – dit klink of die polisie die motor teruggegee het aan die skelms en hulle dit toe aan hul prokureur gegee het vir betaling? Hoe werk die polisie dan as dit nie die spul se motor is om dit net terug te gee? En daar is dwelms ook in die motor gekry maar hulle is slegs aangekla vir onwettige besit van ‘n vuurwapen? Ek sien alweer die polisie het nie hul werk gedoen en die skuldiges gaan weer loskom omdat daar nie genoeg getuienis is of omdat die polisie eenvoudig opgemors het!

Gert van der Merwe ·

Polisie het weer iets in die back pocket gekry man dit is duidelik. Hoekom sal hulle die gesteelde motor anders terug gee vir die misdadiger.Dalk die drugs wat gevind was ook verkwaansel vir kontant. Ons kan deesdae enige iets van die polisie verwag. Of die polisie man is aangestel sonder n Std 3 sertifikaat en kon die verkil tussen klaer en beskuldigde sien nie.

Gert van der Merwe ·

Lol weer gemogereer. Mens kan nie eers meer jou gevoel uitspreek nie

piet ·

Hoe kan die prokereur n kar vat onder papiere wat hy weet nie aan .sy klient behoort nie aan,vat,,,maar ook so korrup soos die polisie

Babs ·

Drie mense word in hegtenis geneem, word vrygelaat, besoek weer die polisiestasie en die gesteelde motor wat in die oorledene se pa se naam geregistreer is word aan hulle gegee. Hoe verstaan ‘n mens dit? Hoop die polisie het fotos van die drie geneem want wat is die kans dat hulle gevind sal word.

JoeV ·

Intersant die oorhandiging van die voertuig. Mens sou graag bietjie opvolg joernalistiek op die gedeelte wou lees.

CHRISTA ·

Ek hoop dat hierdie gemors baie gou uitgeklaar sal word. Intussen kan ‘n mens net sy familie en vriende in jou gebede aan die HERE opdra vir bystand en vertroosting.

Gina ·

Mense, jul besef nie wat in die polisie stasies aan gaan nie en hoe rasisties hul is nie. Daar is net nie meer wit polisie in die stasies nie. Terwyl hul met jou saak werk vreet hul pitzas en telefone kan maar lui dit word nie eers ge antwoord nie. Dit het ons presies 7 ure gevat om n verklaring by ons te vat en intussen is daar vir ons gesê die ondersoek beampte is eers huistoe. Hercules polisie stasie is bekend vir hul korupsie. Hierdie saak is maar net nog n saak wat gaan doodloop. As swart mense doodgaan dan moet die staat sorg want daar word gesê die oorlede was die broodwinner. Maar in die saak word n vrou en 3 dogters agter gelaat en die staat kyk weg. Mense ons staan teen n muur, met die nuwe regering. Sterkte mamma vir jou en jou familie en vir dit wat nog voorlê

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.