Vermiste Brackenfell-man gevind

Anton Steenkamp. Foto: Facebook

Anton Steenkamp (26), die man van Brackenfell wat vermis geraak het nadat hy Vrydagaand by sy huis weg is, is opgespoor.

Steenkamp is Saterdag as vermis by die polisie aangemeld nadat hy Vrydag omstreeks 19:00 by sy huis in Proteahoogte weg is om werkers in Bellville-Suid te gaan aflaai en nie weer teruggekeer het nie. Sy selfoon was ook afgeskakel nadat daar na hom begin soek is.

ʼn Grootskaalse soektog na Steenkamp is van stapel gestuur en sy foto is wyd op sosiale media versprei saam met ʼn versoek dat mense vir hom op die uitkyk moet wees.

Arnold Loois, Steenkamp se oom, het aan Maroela Media bevestig dat Steenkamp omstreeks 13:00 Maandag weer by die werk opgedaag het. Hy is ongedeerd. “Daar was ʼn kwessie gewees waar hy nie die geleentheid gehad het om te bel nie, maar hy was nie in gevaar nie. Hy is veilig tuis,” het Loois gesê.

Hy wou nie verder uitbrei oor waar Steenkamp hom bevind het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Willie ·

Hy was nog nooit in gevaar nie. Simpel mens wat aandag gesoek het. KLAAR

AP ·

Sal nie vrae vra nie, net dankbaar hy is nie nog ‘n statistiek nie!

Stem 100% saam ·

In vandag se tyd doen mens nie meer die goed omdat jy bietjie unhappy is of net sekerheid wil kry nie. Indien jy dit doen laat weet ten minste jou ouers of skoonouers, jy kan net whattsapp en dan jou foon afsit. Dit is nie regverdig om gou werkers af te laai en dan 3dae later terug te kom nie. Sulke stoutstreke is ook uit, ek weet van ‘n hele paar wat al gaan rugby kyk het en vir 2-3 dae onbereikbaar was, maar dit was voor selfone en moorde. Jy skuld werklik elke familie lid en ons wat vir jou gebid het’n groot verskoning.

Scalla ·

Baie bly hy is ongedeerd, in vandag se tyd maak mens nie sulke grappe nie, praat eerder met iemand en gaan soek hulp indien nodig. Dink net wat moes sy mense na aan hom deurgaan.

Elsie ·

Sulke gevalle moet die mense vervolg word daar word kosbare tyd en manskappe hieraan bestee wat beter aangewend kon word.

Michael ·

Dit is nou n mors van simpatie ek stel voor gemeenskapsdiens vir sy straf

Sonneblom ·

Ek stem. Ons leef in 2017 waar enige vorm van tegnologie beskikbaar is én hy was nie in gevaar nie, maar hy kon vir drie dae nie sy familie kontak nie?

Willie ·

Dieselfde as die meisie wat kamstig aangeval was hier in Protea Hoogte, Brackenfell. Wonder of hulle nie mekaar ken nie…………..

Willie ·

Hy was nie gevind nie, hy het self opgedaag. Groot verskil.

Hannelie ·

Dis jammer mense wil simpatiek wees met so ‘n geval, net om te se dis ‘n gemors van simpatie…regtig????…. Moet dan NOOIT simpatie gee as iets nie uitdraai soos jy gedink het nie. En moet ook nie sommer net aanames maak nie. Dalk wil hy nie praat oor wat hy oorgekom het nie OMDAT hy NIE simpatiek soek nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.