Yolandi Botes (35) van Brakpan, Gauteng, se ontbinde liggaam is digby die Vaal-vakansieoord by Villiers in die Vrystaat gevind.
Botes is op 26 April omstreeks 06:30 die laaste keer by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg gesien toe ’n Uber-bestuurder haar opgelaai het. Sy het egter nooit haar bestemming bereik nie en is daarna as vermis aangemeld.
Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê ’n pa en seun het Dinsdag by die Vaal-vakansieoord visgevang toe hulle iets wat soos ’n liggaamsdeel lyk, in die water gewaar het. Hulle het die polisie na die toneel ontbied.
“Die polisie se duikeenheid het verskeie liggaamsdele in die rivier ontdek,” het Makhele bevestig.
Makhele sê die polisie kon deur ’n tatoeëermerk vasstel dat die liggaam dié van Botes is.
Enigiemand met meer inligting oor die moord kan ao. Theun Fourie by 082 351 1622 bel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Aaklig….klink soos iets wat mens net in films te sien kry.
Dis werklik steurend om van sulke dinge te hoor, en in meeste gevalle is dit vrouens wat die slagoffers is. Ons sien dit op DSTV se misdaad kanale.
Ag nee. Hartverskeurend. Innige simpatie en baie, baie sterkte aan die familie en vriende.
Aan almal wat Uber en Bolt gebruik: Maak asseblief seker dat jy die bestuurder identifiseer en gebruik die sekerheidsmaatreels wat die Apps bied.
Verskeie liggaams dele?!?!?! Serial killer?
So, wat sê die Uber drywer?