Vermiste Cradock-juffrou se liggaam opgespoor

Theresa Buys

Theresa Buys

Die liggaam van die vermiste onderwyseres van Cradock in die Oos-Kaap, Theresa Buys, is Vrydagmiddag in die Visrivier opgespoor.

Konstabel Siyabonga Msimango, woordvoerder van die polisie, het Saterdag aan Maroela Media bevestig polisieduikers het ʼn liggaam in die Visrivier opgespoor. Hy het gesê hulle sal ʼn nadoodse ondersoek doen om haar identiteit te bevestig, maar hulle is redelik seker dat dit wel Buys se liggaam is.

ʼn Span van die polisie se honde-eenheid, polisieduikers en selfs die gemeenskap van Cradock het aan die soektog deelgeneem nadat die 43-jarige vrou op 4 Augustus verdwyn het. ‘n Herdenkingsdiens is Maandag, 18 Augustus by die skool vir haar gehou.

Marius Isaacs (25) is intussen in verband met Buys se moord in hegtenis geneem. Hy het vroeër die gebied aan die polisie uitgewys waar hy haar liggaam gestort het nadat hy glo skuld beken het op die moord. Hy moet weer op 17 September in die hof verskyn.

Lees ook:
Honderde bring hulde aan Cradock-juffrou
Geen borgtog vir Cradock-juffrou se ‘moordenaar’
Nog steeds geen spoor van Cradock-juffrou
Soektog na vermiste Cradock-juffrou verskerp
Cradock-juffrou steeds vermis; verdagte in hof vir moord
Cradock-juffrou steeds vermis
Cradock-juffrou vermis; polisie ondersoek moord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jasper ·

Mog die moordenaar stadig en stelselmatig vrot in in die tronk.

veronica ·

So bly, vir haar mense se part! Nou kan hulle tot ruste kom! Sterkte vir julle!

veronica ·

So bly vir haar geliefdes se part! Nou kan hulle ook tot ruste kom. R I V Juffrou Buys, en sterkte aan haar geliefdes!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.