Vermiste dogtertjie dae later dood gevind

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Die liggaam ʼn vermiste 21 maande oue babadogtertjie, Motheo Rashilo, is Woensdag in die bosse in Lebowakgomo buite Polokwane gevind.

Sy is op 28 Oktober as vermis aangemeld.

Lt.kol. Mamphaswa Seabi, woordvoerder van die polisie, sê die ma het Motheo by vriende se huis gelos toe sy takies moes verrig. “Toe sy terugkeer, het hulle vir haar gesê die kind het verdwyn. Sy het die saak by die Lebowakgomo-polisiestasie aangemeld.”

Die polisie het dadelik ʼn ondersoek van stapel gestuur en Woensdagmiddag omstreeks 16:00 die gruvonds gemaak.

“Dit is nog nie bekend hoe sy in die bosse beland het nie en ʼn ondersoek sal die oorsaak van haar dood bepaal.”

Seabi sê die polisie doen ʼn beroep op die gemeenskap om hulle ruimte te gee om die saak ten volle te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Goldy ·

Daardie einste gemeenskap is groot ANC ondersteuners en sal weer en weer vir die ANC stem, die party wat verantwoordelik is vir misdaad in hulle gemeenskap. En hulle vrot paaie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.