Vermiste Duitse toeris se ID glo gevind

Nick Frischke (22) word tans in die Wes-Kaap vermis. Hy het by ’n gastehuis in Pinelands gebly. (Foto: SAPD)

Die vermiste Duitse toeris Nick Frischke (22) se identiteitsdokument is vandeesweek glo tussen ander vermoedelik gesteelde goedere by ’n huthuis in Hangberg in Houtbaai gevind.

People’s Post en News24 berig dat ’n foto van die handgeskrewe joernaal wat die goedere lys wat tydens die polisie se klopjag gevind is, Frischke se ID insluit. Die egtheid van die foto is ook deur People’s Post bevestig nadat dit Donderdagoggend op verskeie WhatsApp-groepe versprei is.

’n Soektog na Frischke is tans in die Houtbaai-omgewing onderweg nadat hy verlede week spoorloos verdwyn het. Daar word vermoed dat hy ten tyde van sy verdwyning ’n staproete op Tafelberg wou onderneem.

Frischke se broer, Tom, het Woensdag aan Maroela Media gesê dat hul gesin “heeltyd hoop dat my broer lewend huis toe sal kom”. Hy het ook bevestig dat die soektog deur die polisie en nooddiensorganisasies voortduur.

Die vonds van sy ID het glo ongesiens verbygegaan tot People’s Post die polisie in Houtbaai daaroor uitgevra het. Lt.kol. Jerome Syster, stasiebevelvoerder op Houtbaai, het glo gesê dat die polisie nie daarvan bewus was dat Frischke vermis word nie aangesien die saak by die polisie in Pinelands aangemeld is, waar hy tydens sy besoek aan Suid-Afrika gebly het.

Sy besittings is steeds by ’n gastehuis in die omgewing.

Die joernaal hou verband met ’n klopjag wat Dinsdag ná ’n gewapende rooftog in Hangberg gedoen is, waartydens twee verdagtes in hegtenis geneem is. Die Houtbaai-gemeenskapspolisiëringsforum het die klopjag en inhegtenisneming op sy Facebook-blad bevestig.

Die verdagtes, 22 en 23 jaar oud, word glo ook met ander sake van gewapende roof, huisbraak, diefstal en die besit van dwelms verbind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Magda ·

Wanneer gaan Di mense oorsee besef dat SA Di grootste KORRUPTE, TERRORISTE land is, en geen buitelandse besoekers IS HIER VEILIG NI, BLY WEG AS JY JOU LEWE LIEF HET, JY IS NIE VEILIG IN DI LAWLESS COUNTRY NIE.

Anna-marie ·

Die hoofstroommeda wêreld wyd hou Suid-Afrika voor as ‘n sulkses verhaal.

Marcello ·

Ek verstaan nie, word die foto van iemand wat vermis is, dan nie aan AL die Polisiestassies versprei nie. Hoe kan die Lt.kol. Jerome Syster, dan sê: hulle het nie geweet nie.

Nommer 7 ·

Wil ek ook weet. Die hele wereld weet van die vermiste, behalwe Houtbaai Polisie!

Lillian ·

Onder watter klip leef die mense in die buiteland? Ek glo gladnie dat hulle nie weet wat hier aangaan nie. Ek hoop hierdie kind word lewend gevind,alhowwel dinge op dié stadium nie goed lyk nie

Truman Burbank ·

Sedert kolonisasie begin het, moes die europeërs besef het die hele afrika is donker. Maar dan ook, as my voorvaders nie europa verlaat het nie, was hul seker op die brandstapel.

kaplyn ·

Lees ek reg??? Ek haal aan uit die berig: “Die vonds van sy ID het glo ongesiens verbygegaan……….. en toe die poslisie in Houtbaai daaroor uitgevra is, het Lt. Kol. Jerome Syster, stasiebevelvoerder op Houtbaai gesê dat die polisie nie bewus was dat Frischke vermis word nie…….. ” AL DIE POLISIESTASIES IN DIE LAND MOET WEET DAT FRISCHKE VERMIS WORD!!! Dit is geen wonder dat die polisie nie by magte is om misdaad in die land te beheer nie. Die storie moet elke aand deur al die nasionale radio stasies en TV nuus kanale gedra word totdat iets van Frischke gevind word!!!

Gerrie ·

Buitelanders is ongelukkig so naïef oor hoe gevaarlik dit in SA is en loop hulself hopeloos te veel vas in situasies wat hulle hul lewens kos. Hulle verstaan nie dat sekere mense in SA boos is nie, en dink hulle kan maar net almal vertrou en loop waar hulle wil (en dit nog alleen ook).
Ons voel sleg vir die arme jong man se familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.