Vermiste ER24-werker dood gevind

Corrie Craukamp

Corrie Craukamp

Corrie Craukamp (51), die personeellid van ER24-nooddienste wat Maandag verdwyn het, se liggaam is gevind.

“Dit is met groot hartseer wat ons bevestig dat Corrie se liggaam Donderdagoggend gevind is,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Sy familie en vriende is van sy dood in kennis gestel en beraders van ER24 is beskikbaar gemaak om hulle by te staan.”

Meer inligting is nie bekend gemaak nie. Maroela Media het by ‘n betroubare bron verneem dat geen vuilspel vermoed word nie.

Vermaak het namens ER24 almal bedank wat na Craukamp help soek het, en meegevoel met sy familie, vriende en kollegas betuig.

Maroela Media het Dinsdag berig Craukamp werk by ER24 se noodgevalkontaksentrum in Johannesburg. Hy is Maandagoggend vir die laaste keer by sy huis in Bloubosrand in Randburg gesien toe hy op pad was werk toe. Hy het dit nooit tot by die kantoor gemaak nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SNEL ·

Ai, so hartseer vir die familie!!! Baie jammer om te hoor van julle verlies. Baie sterkte vir julle almal.

Eish! ·

Ai jammer om te hoor. Darem bly geen gemene spel word vermoed nie. Dink dit maak net die seer bietjie draagliker as dit agv natuurlike omstandighede is. Baie sterkte vir al die kollegas, vriende en familie.

Marcia ·

My hart gaan uit na die familie en vriende van Corrie Craucamp… Die dood is nooit maklike lewenservaring om mee te cope nie.. Des te meer as die persoon eers vermis was en dan oorlede gevind is.. Jy het jou lewe daaraan gewy om ander se lewens te red.. Mag jou siel in vrede rus!

carine ·

Ek sien nerins in die berig dat dit natuurlike oorsake is nie,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.