Vermiste Ermelo-man gevind

Fanie Grobler. Foto: Facebook

Fanie Grobler (42), ʼn man van Ermelo wat sedert Dinsdagoggend vermis was, is gevind.

Marinda Grobler, Fanie se vrou, het die nuus Donderdag aan Maroela Media bevestig. “Fanie is gevind en hy is oukei. Hy is nie beseer nie. Ek weet nog glad nie wat gebeur het nie, want ek het nog nie kans gehad om met hom te praat nie. Al wat nou vir my belangrik is, is dat hy oukei is,” het Marinda gesê.

Sy wou nie meer uitbrei oor hoe presies Fanie gevind is nie. Sy het wel bevestig dat hy in Standerton gevind is nadat iemand daar hom gesien het.

Maroela Media het vroeër berig Grobler, ʼn vlootbestuurder by ʼn vervoermaatskappy in Ermelo, is Dinsdagoggend die laaste keer gesien op pad Witbank toe. Hy sou eers in Trichardt gaan onderdele oplaai voordat hy Witbank toe sou ry, maar hy het nooit in Trichardt aangekom nie. Sy familie het van 10:30 af probeer om hom te bel, maar sy selfoon was afgeskakel. Sy bakkie het ook nie ʼn opsporingstelsel in nie.

Marinda het Woensdag aan Maroela Media gesê die gesin het elke moontlike leidraad opgevolg in ʼn poging om Grobler op te spoor. Grobler is as vermis aangemeld by die Ermelo-polisiestasie en verskeie buurtwagte het ook met die soektog gehelp.

Grobler se dogter het Donderdagoggend ʼn inskrywing op haar Facebook-profiel geplaas om te bevestig dat haar pa gevind is. “Kan ek jul vra om asseblief ons privaatheid [te] respekteer. Ons waardeer als, maar ons gaan nie meer inligting deurgee nie,” het sy geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

160 Kommentare

Johann van Staden ·

Toe ek hierdie sien, het ek regtig gedink ek gaan iets negatiefs nou lees. Maar ek is bitter dankbaar dat dit goeie nuus is, en dat Fanie okay is. Dit is al so algemeen om ander slegte gruwelike dinge op n daaglikse basis te lees, so hierdie is regtig goeie nuus. Baie dankie MM vir die inligting.

evsbest ·

Ek is bly hy is gevind. Al was dit n familie saak. Ons is bly dis eerder n familie saak en nie n moord storie nie.

MissDemeanor ·

Dis wat ek ook gedink het…gaan “onderdele oplaai”. Of dalk was dit ietsie meer onskuldig, hy het dalk gholf gespeel en lank vasgehaak by die 19de putjie. Kan met enige iemand gebeur…

Kathy ·

Hy was vir dae vermis maar sy vrou het nog nie kans gehad om met hom te praat nie. Regtig dis die eerste ding wat rk sou gedoen het

Martin ·

Partykeer wil ons ook maar net n bietjie wegkom hahahahaha.

Hahahehehiehie tjietjie skerp ·

Lekker skerp Martin, sê tog maar net jy het gaan brood koop, nie onderdele en ook nie by die Spur nie! Jare terug het ‘n man gaan brood koop, terwyl hy so op pad in die kafee is, kom die pelle met ‘n kombi verby al die pad na die verre Kaap om te gaan rugby kyk, daai man besluit toe, brood koop, nie vandag nie Mammie, Pappie gaan rugby kyk!!! Nodeloos om te sê so 3dae na die rugby is die ou weer terug en moes maar almal in die oë kyk en tot vandag moet hy maar hoor” Gaan ons gou brood koop” daar is mos lekker rugby op Nuweland!

Sakkie ·

Snaaks hoe mense vinnig is om Sosiale Media se hulp te soek en dan as die persoon gevind word moet “privaatheid gerespekteer word”. Vertel ons waar die ou gaan rond loop het, ons wil ook weet!

AL ·

Sakkie jy is hopeloos te nuuskierig! Ek brand ook om te weet, maar nou ja!

Yolanda Maritz ·

Ek stem saam jou Sakkie. Almal is altyd vinnig om te vra vir hulp en di res van di publiek verleen hulp en ondersteuning. Maar, sodra di persoon gekry word word daai einste publiek wat gehelp soek het, uitgesluit. Dis hoekom ek dit oorweeg om ni meer sulke versoeke te share ni, tensy ek di persoon ken.

Net ·

My gedagtes presies. Die hulproep op SM was hartroerend en noudat die krisis afgeweer is, vra hulle dat ‘hul privaatheid gerespekteer moet word’.

Lokkies ·

Hahaha lekker sakkie…jys dood reg!ons wil ook weet wat gebeur het

Anoniem ·

Sakkie ek voel dieselfde. Eerlik hoop hy word verantwoordelik gehou vir kostes ten opsigte van die wat help soek het en polisie. Vinnig om te se help soek en share maar nou is dit privaat rerig!!!!!! Volgende keer wanner iemand werklik weg is gaan mens dit nie ernstig opneem. As hulle nog gesê het ons sal later verdere besonderhede gee maar nee respekteer ons privaatheid. Bly hy is veilig want baie ander het n wrede dood gesterf in sulke omstandighede. Rerig meneer kry hulp

Hannelie ·

Sakkie ek stem saam jou. Hoekom op die media aangaan oor die persoon is vermis en en almal moet help soek. Almal wat kon, het help soek….nou moet hul privaatheid respekteer word. Eish. Hier ‘n slag in die gras. Mens raak nie net so “weg” en jy laat weet jou familie niks, en oops hier dop jy uit. Stem saam Anoniem hy moet hulp kry.

Conchetta ·

Stem 100% saam. Dit was ‘n “nasionale” soektog en nou is dit ‘n Private saam. Regtig!

Caja ·

Ek stem heelhartig saam met Johann, dit is voorwaar goeie nuus maar almal is gevra om te help soek en duisende mense was saam met sy gesin bekommerd oor die arme man, dus sal dit nogal gaaf wees as ons ook mag weet wat die probleem was. Wat is nou so groot geheim?

Pieter ·

Seker soos die ander een wat ook spoorloos verdwyn het maar is op gespoor en het vergeet om vir sy vrou te se hy gaan ‘n bietjie “travel”

MissDemeanor ·

Ja, “whoopsie”, was so besig om te praat oor ditjies en datjies dat hy skoon vergeet het om te noem hy gaan bietjie op vakansie.

Sarene ·

Dankie Sakkie!! Ek is ook baie bly die man is gevind maar wat is die groot geheim. Dit was geen geheim toe hy wegraak en almal moes help kyk en soek nie.

Geskok ·

Dit is vir my snaaks hoe mense altyd die media met klippe gooi wanneer dit voorkom of hul slegs sensasie najaag, maar uit al dié kommentaar lyk dit vir my dit is presies wat mense soek??? Dis vir die familie traumaties! Waarom verwag mense omdat hul met die share van ’n post gehelp het, dat die gesin nou hul persoonlike sake moet oopmaak inruil vir hierdie sogenaamnde hulp. Word wakker, dis regte mense met regte probleme! Ek hoop ter harte as een van julle vermis raak weens watter rede ookal, dat die goedhartigheid van ander nooit inruil vir jou privaatheid sal hoef te wees nie, maar slegs omdat hulle gedink het om iemand anders in hul tyd van swaarkry by te staan. Wees ’n mens man!

Wolf ·

Ek neem die man kwalik. Jy laat mense wat vir jou omgee wolf wolf skree, en dit benadeel almal wat in die toekoms die publiek se hulp nodig gaan he om iemand wat regtig in nood is op te spoor.

Netso ·

Netso Wolf, ek voel ook dit is soooo onnodig, hy kan ten minste vir sy vrou sê ek kort tyd, so onregverdig teenoor haar, die kinders, publiek en geld. Ruk jou reg man.

Thina Olivier ·

Hierdie gesin is sopas deur n baie traumatiese ondervinding. As ek myself in hul omstandighede bevind het, sou ek ook van sosiale media gebruik gemaak het. Kom ons wees eerder saam met hul dankbaar dat hy lewe en veilig is. Wat die omstandighede rondom sy verdwyning betref – as hul om privaatheid vra – gun hul dit.

Onnie ·

Ni dat een va ons weet of hy uit vrye wil verdwyn hti. Maar ons almal ht gebid en gehoop en was bekommerd. Sommiges ht selfs help soek. Daarom voel ek geregtig om te weet wt regtig gebeur ht

Ekke ·

Kyk ek verstaan as iemand lushet om te verdwyn om weg te kom van wat ookal pla. Dit sal egter gaaf wees as jy dan jou familie sê jy gee pad, ten minste is daar dan nie bekommernis/huil/wakker le ens. nie. En dit spaar die polisie klomp geld en tyd dat mense gesoek word wat regtig vermis is.

Thea Gerber ·

Ekke, net so voel ekke ook. Geen wonder dat die polisie nie meer oor hulle voete val om te help soek nie. As ek nou net dink hoeveel bekommernis en gebede het in hierdie geval gegaan, word ek sommer die hel in. Ek kan geen respek in hierdie verdwyning sien nie. Om nou te vra vir privaatheid, is bietjie laat. Fanie, jy is deur die hele Suid-Afrika en verder ge’share’ en gesoek. Ek hoop jy het jou drie dae van ‘fame’ geweldig geniet. Dit is eintlik ‘n klein bietjie siek.

Onnie ·

Ni dat een va ons weet of hy uit vrye wil verdwyn hti. Maar ons almal ht gebid en gehoop en was bekommerd. Sommiges ht selfs help soek. Daarom voel ek geregtig om te weet wt regtig gebeur ht! Waar is di polisie wie se tyd gemors is en di honger wolwe vd media. Vind uit

Astertjie ·

Asseblief mense as julle besluit om die pad te vat laat weet tog jou geliefdes. Ander dag is iemand regtig vermis in nood en dan moet ons dit ernstig opneem.

Sandra ·

Ek is verlig en baie bly vir die familie dat hy veilig terug is. Maar regtig in vandag se dae kan n mens nie sulke speletjies speel, maak nie saak wat die omstandighede is nie. As hy wou verdwyn om een of ander rede, kon hy net iemand van die familie laat weet het hy is ok, Nadat die hele Suid Afrika help soek het ek voel dis geld en tyd mors. Ons wil julle privaatheid respekteur maar hy is n onverantwoordelike man! Vir my is dit totaal kinderagtig. Hoop hy het n grondige verskoning vir wat gebeur het rondom die verdwyning.

Carla ·

Ek stem Sandra, baie onverantwoordelik van hom. Laat weet jou vrou as jy kwaad is of ander opsies oorweeg.

Genieve ·

Hoekom het hy nie in dag1 laat weet waar hy was nie.Sy hele gesin was rasend van bekommernis…ook bly hy is veilig.Hy moet aan sy gesin verduidelik hoekom hy so lank weg was.

Rosie ·

Stem saammet Sakkie! Hulle.het almal se tyd gemors! Vanaand slaap hy op die buite matjie..

Kobus ·

Altyd dieselfde storie-HELP.
en Dan GAAN WEG.
Gewoonlik persoonlike probleme!.

Danie ·

Hulle het gevra om te help om hom te vind. Ons het gehelp en hy is gevind. Hy lewe. Dit is al wat jy nodig het om te weet. Jy het nie nodig om te weet watter kleur onderbroek hy aan het nie. Jy het ook nie nodig om te weet hoeveel knope sy hemp het nie.

san ·

Dis reg Danie ons wil nie weet wat se onderbroek hy aangehad het nie, nie hoeveel knope nie. Glo darm hy het nog al sy klere aangehad toe hulle hom gevind het! As hy eerlik was met sy familie sou hierdie berig nie bestaan het nie en sy familie verneder gewees het nie. en was hulle privaatheid nie geskend. Nou wonder almal want daar was soveel stories rondom sy verdwyning onder andere die vrou wat op FB beweer het hy was in n ongeluk. Dis menslik om te wonder. Kan n mens die mensdom kwalik neem? Die is dalk n “eye opener” vir die volgende een wat beplan om te verdwyn

Netso ·

Netso San, volgende keer is daar iemand met werklike nood, dan draai helfte wat gehelp het hul rug en dan kan die persoon sy lewe daardeur verloor. Die wat vir hom opkom, good luck, ek glo ook aan 2dekanse, maar moenie ander aanvat as iemand in die 1ste plek aangejaag het nie. Wees dankbaar ons het nog humor, want dis al, kyk die regering sirkus.

SE MAAR NET ·

Kom gee almal rede hkm hy verdwyn het…die nuuskurige lesers wat aandring op ‘n rede soek ‘n soetsappige storie om hulle eie lewe te vermaak en so bietjie meer om te oordeel van iets waarvan hulle eintlik geen idee het nie! Sjoe, jul lewens moet hel vervelig wees!! Los die gesin, dis net Die Here wat saam hulle weet wat gebeur het en hule sal dit self uitwerk. So what as daar is rot is? Dis hulle probleem en nie joune nie! Dink bietjie verder as julle neuse!! Daar is baie meer betrokke (kinders wat dalk verneder kan word of!!) en dis hkm hulle dalk nie met die waarheid sal uitkom nie. Probeer die gesin se privaatheid respekteer!

natasha ·

Onthou die publiek het begin omgee en saam geworry. Ek glo nie dis bloot net naskuurigheid nie

Scalla ·

Smaak my die man het n verdwyn pil gedrink, was dit nie dalk hy wat die geld verloor het in sunnyside nie.

Hahahehehiehie tjietjie ·

Ek kan nie glo vir al die vermaak op 1storie nie, maar Scalla, jy het ‘n punt beet wat ek ook gewonder het. Wel as dit so is, was dit ‘n duur les en sal ek ook nie in die openbaar wou sê ter will van die kinders nie. Ek haat dit as mense met kinders dink hul kan doen wat hul wil en dan betaal jou kind die prys van jou sonde.

anneli ·

is ook bly hy is gevind. maar regtig as dit n familie saak is/was hoekom dan hom as vermis aangee. hy is op veiligheids groep ook geplaas, en almal het help soek!!!!!!!

Spokie ·

Kyk, ons almal spekuleer nou oor sy misterieuse verdwyning en verskyning…
Sê nou die van julle wat dink hy het groener weivelde gaan soek is reg. Dan wil ek sê: “As dit waar is, en hy was my man, het EK hom dood geslaan” Want as dit dan so is, is hy pure slapgat. Sê niks, verdwyn net, gaan hê ‘n lekker tyd vir paar dae terwyl almal mal is van bekommernis. Nee wat, geen vrou het so man nodig nie….
Maar dis net spekulasie nê………
Daar is seker ‘n ernstige storie agter die storie wat niks met die publiek te doen het nie……..
Ek sê steeds “Dank U VADER” dat hy lewendig gevind is

Marius ·

Hoekom is mense so? Geen respek vir niemand nie!!!! Ek kan sien niemand was al teen die grond nie, dis wanneer jy net wil wegkom van alles en almal! Moed verlore se vlakte is nie vir sissies nie so bly stil en hoop en bid jy kom nooit daar nie want dit is wreed en daar is geen genade!!!!!!

Tosca. ·

Wanneer dinge so erg raak en jy wil net wegkom van alles, hê dan net die ordentlikheid om jou familie te laat weet jy is veilig. Hul is in ‘n toestand van bekommernis. Mens lees elke dag van iemand wat weg is en dan dood gevind word. Dit gaan ons nie aan nie maar wel sy familie. Dit is wat wreed is, hul wat in die duister gelos word en nie hy wat net wou wegkom van alles nie. Dit is myns insiens onbedagsaam. Jy konsedereer jou geliefdes tenminste al het jy geen verantwoordelikheid teenoor sosiale media en diegene wat uit hul pad gegaan het om te soek nie.

Boerenooi ·

Ek stem. Hy het nie gevra om gesoek te word maar moet verantwoordelikheid gehou word vir kostes? Plus… Ek twyfel of enigeen geforseer was om die aangeleentheid te deel op sosiale media of waar ook al. Mense oordeel deesdae te gou. Respekteer ander se privaatheid. Net oor jul gedeel het oor sy verdwyning meen dit nie jul verdien om die rede te weet.

Anet ·

Ek raak ook keelvol dat almal gevra word om te help soek en om te bid. Dan kry hulle die vermiste en dan word almal gevra om terug te staan en word uitgesluit. Selfsugtig in elk geval van enige persoon om sommer net te verdwyn. Genade, is dit te veel gevra om te verwag dat ‘n groot, uitgegroeide lummel homself volwasse gedra? Hy kan bly wees hy is nie my man nie. As hy nie tyd het om huistoe te kom nie moet hy sommer gaan intrek daar wasrheen hy verdwyn het. ‘n Mens doen dit net nie aan jou geliefdes nie. As hy nie in ‘n ongeluk was nie, of nie ontvoer was nie, of geen harsingskudding het nie, het hy geen verskoning nie! Ek hoop sy vrou en sy base trap sy tjank af!

Tersia ·

Baie bly hy is veilig. Wonder hoeveel onkostes is aangegaan tydens die soektog.

Spook ·

Wat die omstandighede ookal is, ‘n gesin is deur hel vir ‘n paar dae. Is dit REGTIG nodig om nuuskierigheid te bevredig ten koste van ander se pyn. Ongelukkig laat die toestand van ons land dit nie toe om maar net te wag tot jou man weer eendag opdaag nie. En as jy nie regtig wil help of vir die regte redes bid nie, moet jy maar van die begin af net nie betrokke raak nie. Al wat hierdie gesin hoef terug te gee is “Dankie”

Mari ·

Weet julle, ek dink julle snedige antwoorde en vrae is ongevraagd en om die minste te se glad nie van pas nie. Julle weet glad nie wat die oorsaak was nie en moenie sommer enige afleidings maak nie. As julle sonder enige sonde is kan ek verstaan dat julle daai klippe gooi. Ek is net dankbaar die familie is weer by mekaar en gee al die eer aan ons Vader.

Kommentaar ·

Kommentaar is gewoonlik wat die hart en verstand van (tot oorlopens toe) vol is. Graag sou ook ek wou weet wat gebeur het. Jare gelede het ‘n vriend van my gereed gesit om homself met ‘n vuurwapen om die lewe te bring. Uiteindelik het hy na my geluister en kon ‘n dokter hom ‘n inspuiting gee. Daar was ‘n chemiese disfunksie in sy brein wat met medikasie reggestel kon word. Hy het nog vir verskeie dekades daarna geleef. Miskien, net miskien, sal julle wat hier kommentaar lewer agterkom wat ek wil sê.
Dit wat jy lees, hoor of selfs sien kan vêr verwyder wees van dit wat jou kop registreer. Dis nou maar eenmal hoe die (meeste?) mense se koppe werk

Sê maar ·

Ek stem saam met kommentaar. Dit kan so iets wees. Iemand wat ons geken het en ‘n groot sakeman was, se kop het eendag net uitgesny. Hy kon nie onthou waarheen hy op pad is of waar hy bly nie. Nie eers sy naam kon hy onthou nie. Van baie stres het skielik ‘n chemiese wanbalans in die brein ontstaan. Na lang behandeling het hy weer reggekom.

Hahahehehiehie tjietjie ·

Ja ek het saam grappies gemaak, as dit die rede is sal ek omverskoning vra, maar hul kan net sê, hy het die toestand, dan sal almal sleg voel en niks meer sê! Ons is lyke gewoond na verdwynings, so dan skok vir ons dat hy leef en niks makeer (verdwaas soos hy beskryf is, is beslis nie ‘n ernstige toestand), dan kom die humor uit, want hoekom die groot geheim. Moenie die nasie oordeel oor een man om watter rede ookal nie sy familie van sy sake vertel het nie en ook nie sy foon geantwoord het nie. Sy storie/ streke is nie normaal nie punt.

Mimi ·

Toe ek die berig oop maak toe wens ek dit is nie weer iemand wat in ‘n bos of sloot gekry is nie so ons is almal baie bly hy is ok,maar komaan die waarheid is ons is almal net mens, vrek nuuskurig.

Chriszelda Steyn ·

mmmmmm…. respekteur die familie se privaatheid? als goed en wel, sulke woorde beteken gewoonlik, pappa het oor die tou getrap en is betrap……. net bly hy is okey.

Liza ·

Ek is nes seker die meeste mense baie bly dat hy veilig terug is by sy gesin.

Ek voel ook sterk oor die vrou wat kwansuis nog nie tyd gehad het om te praat met haar man nie, genade julle is onder een dak??? en dan die dogter se versoek om hul privaatheid te respekteer???

Rerig???? Toe hy soek was en almal posts geshare het en op gebede groeppe geplaas het, toe was daar nie sprake van privaatheid nie.

Hoeveel mannekrag is in na die soekke vir hom, SAP, nooddienste, gewone burgers wat help soek het en leidrade gegee het???

Ja dalk het hy net n breek nodig gehad, dalk was hy by n skelmpie, who really cares?????

Feit van die saak is, hy was weg, kepeech, missing in action, en buiten sy gesin, die hele land wat op hol was oor sy verdwyning.

In vandag se lewe waar ons leef met geweldsmisdade, kapings, moorde, kan mens nie net wil verdwyn sonder om jou gesin/geliefdes in kennis te stel nie. Los dan n brieffie as jy nie face to face wil praat nie.

Ek hoop hy kry n boette of iets omdat hy die SAP se tyd gemors het.

BooEkSê ·

Ons het baie tyd, likes, shares, loves, pokes en aanmoediging belê om die nuus te versprei oor die vermiste man. Ons soek closure.

Ronel Wolmarans ·

Dis nou al die 2de man die jaar wat die selfde ding doen.

Smittie ·

As jy jouself en jou situasies en probleme op sosiale media versprei gee jy in elk geval jou privaatheid prys so moenie met daai snert by my kom nie. Nerens het ek gelees dat iemand nie bly is die man is gevind en ongedeerd nie. Hou net op om gekke te maak van mense wat probeer help en soek en dan soos sleg honde afgejak word as jy voel dis nou tyd nie. Niemand het inbreek gemaak op hulle privaatheid nie, mense wil bloot weet wat gebeur het dalk uit opregte belangstelling en nie nuuskierigheid nie. So gepraat van nuuskierigheid, hoekom lees julle dan die koerant? As jy toe oë deur die lewe wil gaan maak dan jou ogies toe en moet ook nie hierdie komentare lees nie.

Chantell ·

Se ek ook! Ek is bloot nuuskierig en nie skaam om dit te se nie. Ek is betrokke by die nuus en sosiale media omdat ek wil weet wat om my en in die wereld aangaan. Ek geïnteresseerd om te weet waarheen die oom was en met wie hy wat gemaak het!

Esmeralda ·

Aan almal wat dink hul het tevergeefs gebid en gehelp, dit is nie waar nie. Hy kon regtig in nood gewees het. Net omdat hy veilig is maak nie al die moeite verniet nie. Terwyl hy weg was het die polisie en julle wat ge”share” en gehelp het sy GESIN bygestaan en gehelp. Dit moenie in jou hart ‘n verskil maak omdat hy veilig is nie. Onthou om altyd in liefde op te tree. As jy help, help sonder om iets terug te verwag. Ek weet dit het baie vir die gesin beteken om nie so erg alleen en magteloos te voel soos wat hul sou as jul nie gehelp het nie. Ek is so bly daar is mense wat gehelp het. Dit is die polisie se plig om te help soek. Moenie idees in koppe plant dat die polisie nou betaal moet word hiervoor nie. Baie van ons doen elke dag iets by die werk wat later as “onnodig” geklassifiseer kan word. Die gesin is deur genoeg. Moenie nou die goedheid in jul dade versuur met onnodige woede nie. Laat liefde wen in julle harte. Moenie die man of sy gesin verwyt nie. Dit gaan jul eie harte net besoedel.

Elma ·

Fanie se vrou het so rukkie gelede op haar FB gesê dat haar man gedisoriënteerd en getraumatiseerd is en hulle self baie vrae het en wag dat sy geestes toestand verbeter. As hulle as familie hierdie stelling vroeër gemaak het, is ek seker dat baie mense tevrede sou wees met die antwoord op die groot vraag. Miskien moet die dogter haar woorde beter kies want haar opmerking was nogal kras vir diegene wat opreg diep bekommerd was en help soek het.

Max ·

Geestes toestand? Nah hy kamstig nou trauma en disorientated….hy gevang….so nou victim hy…..aap met wie ek getroud was het ook sulke stunts getrek….shame neh

san ·

As hy getraumatiseer en gedisorieenteerd is dan het daar mos iets gebeur! ???

CR ·

Sakkie,jou ou doring! Jy slaan die spyker op die kop! Like mense soos jy!

Justice ·

San ek stem saam met jou – hy gaan nog vir so ‘n paar dae erg gedisorienteerd (geen slaap) en getraumatiseerd wees totdat sy vrou elke greintjie inligting uit hom gepers het om agter die ware kap van die byl te kom.

Ronel Steenkamp ·

My man het ook baie dae net verdwyn, tot drie dae op ‘n slag. Hy het maar weer later huis toe gekom, met die verskoning dat hy bang was vir sy kwaai vrou! Dit nadat hy saam pelle in kroee gekuier het. ha-ha!

Scalla ·

Hy moes gaan brood en melk koop het, hulle het nie gese by watter winkel nie.

paps ·

Lyk my pappa het groenerweiveld gaan soek, nou moet almal respekteer. ge

lolla ·

LOL….. ek lag lekker….. as hy wel groener weivelde toe was is hy maar onkundig…. want duidelik gee sy familie meer om as wat hy gedink het….. as ek sy vrou was sou ek hom n lekker taai klap gegee het en sommer die trekpas ook…..

Monique ·

Verdwyning, (Familie) HELP HELP HELP, en Post asb op jou timeline. Miljoene doen dit.
Gevind. (Familie) RESPEKTEER ONS PRIVAATHEID. hhhhhhhhhhhhhhmmmmmmmmmmmmm en nou. Moet nooit weer as jul geliefdes weg is, net aanneem hy is weg nie, kyk eers rond, wag en meskien na n week vra hulp. By die polisie, nie facebook nie.
Julle is selfsugtig, dis n klap in die gesig vir mense. Julle sopstories gaan ons werklik nie aan nie. Wees net eerlik. Moet nie nou die mense wat julle gevra het om te post ect behandel asof hulle misdadigers, kriminele of media is nie. Jinne. nou skielik is daar geen verklaring van waar wat en hoekom. Ek is bly jul man/vader is veilig. Gaan dink bietjie na oor die gevolge en neem verantwoordelikheid oor jul dade. Moenie die mense nou kasty nie. Face the music.

Se Maar net ·

Ons was almal bekommerd en is almal bly, MAAR
ipv net gevind is al wat ons wil weet net ‘n bietjie meer
a) Was hy Ontvoer
b) Hy is by iemand in stranderton gevind
c) Hy word medies behandel vir ‘n ineenstorting
d) Hy het ‘n paar dae verlof geneem
e) Sy werk het hom dringend standerton toe gestuur

Nou wonder ek oor twee goed. Die Engela Booysens wat sy goed versprei het is sy dalk tog nie betrokke nie en wat gaan sy werk dan nou met hom doen. Want obviously was hy nie met verlof nie want hul sou tog seker sy vrou gese het so hy het nou moeilikheid by die werk ook.

Ek kry sy familie jammer.

Bokkie ·

Ag nee regtig….die kommentaar van almal laat my nou net weereens besef…. tipies aan ons nasie…….verwag altyd iets terug as hul iemand help……in hierdie geval soek jul sensasie terug van familie wat ‘n hulpkreet gehad het…..siek!!!!

Brenda ·

Stem 100% saam, Bokkie! Los die mense nou in vrede om hul eie trauma te verwerk en sake uit te sorter.

alet ·

stem saam met almal se kommentaar,man gekry nou is die publiek gevra om hul privaatheid te respekteer,sjame ons sou ook wou weet wat het gebeur,ons is tog die oe en ore of hoe

Hahahehehiehie tjietjie ·

Dankie Wicus, ek gaan nou al die komentare deur, ek sien ek het nog baie lag vir die dag oor!!!! Ek verlekker my nie, ek sien humor. Gelukkig het Margaret niks met dit te doen nie, sy het vir Schweizer Reyneke op die map geplaas en julle het nou vir Ermelo. Deur Margaret se optrede agterna, sy het volle verantwoordelikheid in haar glips gevat en ek respekteer haar!

wicus ·

DIE POPPE GAAN DANS VANAAND IN ERMELO ,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,, HOOP NIE MARGARET HET IETS HIERMEE TE DOEN NIE LOL

charmaine ·

Daar was n ou wat R190 000 in Sunnyside verloor die naweek, het hy darem veilig by sy huis opgedaag? Dit is nie veilig daar nie.

Ange ·

Bly die man is veillig want genade mens raak skoon moedeloos as jy lees van al die moorde.

Los maar volgende keer n postit op die yskas of iets.

Hulp is Duur ·

Ai julle, wanneer het “help” so duur geraak? Hoekom voel ons geregtig om beloon te word met ‘n storie net om ons nuuskierigheid te bevredig? Dis duidelik nie ‘n eenvoudige storie nie, en dit gan natuurlik enige iemand betrokke in daardie familie se lewens oopvlek – net om ons vir ‘n paar minute te vermaak? En net presies hoeveel inligting sal genoeg wees om ons gelukkig te maak?

As ons wil help net omdat ons iets terug verwag, hoop ek rerig ek staan nooit in so persoon se skoene nie. Ja ons almal is nuuskierig – maar dalk as ons meer tyd in empatie as selfgefokusde bevrediging spandeer en nie altyd iets terugsoek vir ons tyd nie sal minder mense die redes vir ons “hulp” bevraagteken.

Brenda ·

Waar is die “Like” knoppie vir jou kommentaar , Hulp is Duur? Like x 1000!

Elza de Klerk ·

Leer uit Fanie se skoolgeld.
As ‘ jou bakkie’ afdwaal…. hou maar jou selfoon aan en dink maar liewer vir jou vrou stories uit… want nou weet almal.

rudolph ·

laat my dink aan die movie Everest..die een ou se vrou het gedink hy was op business trip toe klim hy Everest!

Joy ·

Waarom soveel haat en nyd teenoor hierdie man en sy familie.
Integriteit en menswees teenoor hierdie gesin sal van pas wees.

Hardus ·

Die persone wat so klippe gooi. Kyk eers na julself voordat julle die volgende klip optel.

Gavin ·

Het die persone wat se tonge so skerp soos n swaard is geen gevoel vir hierdie gesin en familie nie.Net iemand wat van binne ongelukkig is kan sulke negatiewe kommentaar teenoor n gesin kwytraak.

Piet Pompies ·

Feit is, as jy op sosiale media om hulp vra en die persoon word gevind, skep jy gevoel van afsluiting en dit is om te weet wat gebeur het. As daardie inligting nie verskaf word nie gaan die mense op sosiale media spekuleer. Gee die feite en niemand sal spekuleer, eerder simpatiseer of dalk lag oor streke.

Barnard ·

Ek kry die kinders jammer want hulle ly nou onder hierdie kommentare. Die vernedering en diepe ongelukkigheid en teleurstelling van die kinders word dus uitgebuit.

Groenie ·

Hoe dink die kommentators moet die kinders voel oor wat hier geskryf staan? Het julle al daaraan gedink?

Amanda Wait ·

Julle spul skinderbekke het nie nodig om te weet wat met hom gebeur het as hulle nie wil sê nie, want dit is nou nie asof julle regtig omgee nie, net om te skinder!!

DS BM ·

Jy is reg Amanda.Ek het gedink die geskinder gaan nooit end kry nie.Dankie vir jou enGroenie se kommentaar.Dit word opreg waardeer.

Suzyg ·

Ek is baie bly hy is veilig, maar my vraag is weer eens, hoekom kontak die familie heel eerste ‘n nuus media en probeer nie eers saam met die polisie dinge op te los nie? Vir my voel dit sekere mense soek “aandag” in die media. Daar gebeur sulke aaklige goed in ons land vandag, hou jou “familie twis” of probleme in jou binnekamer. Nou vra die dogter almal moet asb hulle privaatheid respekteer, maar die oomblik toe haar ma Maroela Media gekontak het, het hulle nie meer privaatheid gehad nie. En nadat hy gevind is en hulle praat met haar, sê sy sy het nog nie kans gehad om met hom te praat nie……….?? Ek wil nie klippe gooi nie, maar dis die 2de keer in 2 weke dat ek van so iets lees en dit maak nie sin vir my nie, jammer.

Ruben ·

Amanda…kalmeer my ding. Jy is nie dalk die groener weiveld nie ne?

Amanda Wait ·

Ruben, jy’s vieslik. Ek is ‘n kind van die Here en baie gelukkig getroud met my man William. Ek kan net nie mense se ongeskiktheid en ongevoeligheid teenoor ander verdra nie.
En as ek “die groener weivelde” was sou ek sekerlik nie my regte naam gebruik het nie né Einstein. Net om te bewys ek is nie lafaard om onder ‘n skuilnaam of halwe naam te skryf op ‘n openbare forum nie, hier is my FB profiel >> fb.me/amanda.wait

Janni ·

Ag hierdie mans wat so verdwyn en dan weer verskyn loop rond man. Hulle lei dubbeleewens tereyl hul geliefdes siek van bekommernis oor hulle is. Skande!

Spook ·

Die dag wat ek vir die ergste vrees wat enige van my familie of vriende aanbetref, sal ek ook op alle moontlike plekke hulp vra. WANT ‘n lewe is baie meer werd as enige opmerking of opinies. Om hulp te soek op sosiale media beteken nie dat jy jou slaapkamer deur vir die res van die wêreld oop gemaak het nie.

Clinton ·

Jip Spook dis waar. Dit blyk ook uit die kommentare dat die kommentators soortgelyke ervaringss moes gehad het want hulle weet so baie en maak geen geheim van al die kennis wat hul het in verband met so iets en dan adverteer hulle dit ook nog.

Klaver ·

Waarom weet al die kommentators so baie oor so n tipe saak?

Ada ·

Volgens Maroela M se vorwaardes moet gesprekvoering volgens Christelike waardes geskied. Maroela dink julle dit is aan die gebeur hier? Is skinner of gooi van klippe volgens julle Christelike waardes? Dit lyk so want julle plaas die kommentare alhoewel julle weet dat dit ongevoelig is teenoor die kinders wat betrokke is.

Absoluut ·

\Ada, jy blameer die verkeerde persoon, dit is absoluut niks met Maroela te make. Jy kan die mensdom nie verkwalik – as ‘n persoon goedheid en guns van mense misbruik vir welke rede ookal, sal hul nie skroom om jou terug te kry. Misdaad – werklike verdwyning, moord is aan die orde van die dag, so as jul wat ookal wil gaan doen, verwittig iemand en jok as jy moet, maar moenie stilbly en nou skielik verward en wil nie gepla wees. Jy het 1ste oortree, al dade het gevolge, ons mense wat so lekker lag sal seer sekerlik ook met ons foute gespot word. So ja raas maar eers met die kerel wat so verdwyn het en weer skielik daar is, dan kom jy by ons uit.

Carel ·

Sal nie verbaas wees as Fanie vergeet het waar hy was nie . . . eish!

vermeende ·

Hel man kry n lewe, maak dit regtig vir julle so veel saak waar en saam wie hy was.
Kinders hoort nie in groot mense se geselskap nie!

NOuja ·

Nouja grootmens, dan behoort jy te verstaan dat mens nie jou gesin deur so iets sit nie. Die hele land se simpatie en hulp vra en kry vir iets onbenullig nie. As jy nie vir jou mense wil se waarmee jy besig is of dat jy bietjie wil verdwyn, tyd op jou eie soek, dan flippen jok jy en sê jy word met besigheid opgehou. Met al die misdaad wat aangaan, gaan die hele wêreld in emosie, soek mode en ondersteuning, mense gee klomp geld uit en dit vir die grap of aandag.

Marié ·

Iewers op die internet berig n ander media huis oor hom wat 2 Dae rond ry met n geweer teen sy kop. Dalk ernstiger as wat mens dink. Dis nou as dit nie weer bollie is wat iemand geplaas het nie.

Nads ·

Dis duidelik dat hy by iets betrokke was wat die res vd gesin gan laat skaam kry oor sy gedrag en dis hoekom dit nou privaat is… Ek sou ook nie skandes op social media uitsaai nie!!! Hyt skandes gan maak…. Maar alles het altyd n way om uit te kom, wag nog voor Sondag gan ons almal weet wat rerig gebeur het, iemand in standerton gan nog praat!!!

alida ·

Hy kan bly wees hy is nie met my getroud nie want ek koop nie sy storie nie. Hoop vir hom SAPS koop dit.

Peet ·

Stuur vir hom die rekening van die onkostes! Hy sal nooit weer so een trek nie!!!

Peet ·

Stuur vir hom die rekening van die onkostes! Hy sal nooit weer so een trek nie!!! Sal twee keer dink!

JP Fourie ·

Haai julle kan darem gou opinies uitspreek oor ‘n mens. Ek dink hy het dalkies net die plaaslike spur gaan ondersoek!

Oom Klasie ·

Maroela by party berigte sluit julle die kommentaar na 48 uur.Waarom nie ook by hierdie artikel nie.Hou julle van die sensasie?Het julle dubbele standaarde?

Weet van ·

Besef hy wat hy aan sy familie gedoen het? Dis selfsugtig.

tish ·

die hele land het “geworry” oor die man.
dankbaar hy is ok maar hy het nie mooi gemaak nie.
volgende ou wat “verdwyn” sal ons nie die moeite doen om iets te “post” nie.
in vandag se lewe weet mens nie is iets ernstig of maak jy net n joke nie.
herdie lyk eerder na n joke………………..

Boerenooi ·

Tish…. Hoeveel onse is in jou pond?? Net oor die man nie dood is of ernstig beseer is beteken nie hy is ok. Wat vir jou na ‘n grap lyk mag dalk ernstiger wees as wat jy besef. Ek kan nie verstaan hoekom meeste mense die man kruisig, hoekom meeste hier die blaam vierkantig op sy skouers plaas!! Vir al die diskriminerende en ongevoelige uitlatings…. Mag ons Hemelse Vader jul vergewe.

Christina Meyer ·

Baie dankie Boerenooi. Daar is niks om weg te steek nie. Die familie wil net eers na Fanie se geestlike, fisieke en emosionele welstand omsien. Is dit so moeilik om te aanvaar dat dit nou eers belangrik is nie.

Hendrik ·

Die man was gekaap en met wapen aangehou. Wat is nou so groot geheim daaraan? As mense weet wat gebeur het kan hulle dalk aanhou bid vir die man en sy gesin. Daar is ware Christen mense daarbuite wat wel hierdie man se naam op hul gebeds lys sal sit as hy deur so traumatise ervaring is maar wat beslis nie vir hom gaan intree as hy met onheilige dinge deurmekaar was nie.

Estelle Behr ·

Hulp word gevra as iemand vermis word en gevind word, maar dan moet die privaatheid gerespekteer word sonder enige verduideliking? Jy gooi jouself dan mos oop vir die publiek en vrae? Hoe dan nou?

Christina Meyer ·

Ons bevestig dat Fanie wel gehijack was in Bethal deur twee hijackers. Vir almal met negatiewe kommentaar kan ek net se, my wens is dat nie een van julle so iets moet beleef nie. As jul so gelukkig is om jul geliefdes terug te kry na so ‘n geval (want dit gebeur baie min dat jy hul lewendig terug kry), gaan op jou kniee en dank ons Hemelse Vader. As julle negatiewe mense moes sien in wat se toestand ons hom gekry het gister, dan sal julle ‘n ander deuntjie sing. Hy is na twee dokters toe geneem is tans besig met behandeling en is op sterk medikasie en JA hy en sy vrou moet gaan vir sielkundige behandeling. Vir almal wat “dink” hier is n slang in die gras, hier seil geen slange nie.

anneli ·

ok Christina, as Fanie dan gehijack was, wie het hom dan gekry, en waar is sy bakkie. daar is op die veiligheids groep nie genoem dat hy gehijack is nie. ek respekteer die familie se privaathied, maar hemel as dit n hijack was hoekom so geheimsinnig optree, reik net n oordentlike verkaring uit van wat gebeur het. Fanie was op meer as 1 veiligheids groep geplaas vir sy soektog. en ons almal is bly hy is wel gevind. hoop di polisie is bewus van die hijack

EmC ·

Dis ‘n hartseer dag om te sien hoe almal hul verlustig in ander mense se leed. Hoop jul kry meer simpatie die dag wanneer ongeluk oor jul pad kom. Stap dalk eers ‘n paar tree in ‘n ander ou se skoene voor jul so lekker kry.

GPC ·

Baie bly hy’s gevind dmv mense wat uitgekyk het en omgegee het.
My probleem is, hoe kan jy landswyd pleit vir hulp, en dan privaatheid bepleit as die saak opgelos is. Se net ten minste die “wie, wat waar en hoe” dan sal mense die privaatheid outomaties respekteer, of ten minste die meeste van hulle. Julle het baie mense betrek, julle is verduideliking verskuldig.

Sakkie ·

Die ego’s van die kommentators is vandag weer sterk.Elkeen probeer die andereen uitstof oor wat hy dink die beste ding is om te se om aandag te kry.By party mense is die wereld maar klein.

Lady Godiva ·

Mense soek net closure, nie skinderstories nie. Gestel iemand verdwyn in die woude en ons almal help soek, kyk uit, bekommer ons. Dan word die vermiste persoon gevind maar ons weet nie waar en wat gebeur het nie? Daar word vir ons gesê skoert nou huis toe, dit het niks met julle uit te waai nie. Dit laat mens erg moedeloos voel, omdat ons omgee, nie wil skinder nie.

Klipindiebos ·

Glo my as dit my man was het ek hom geklap dat hy eers volgende jaar wakker word. Om jou familie deur sulke trauma te sit.

My Opinie ·

Mense, maak nie saak wat die man se geestestoestand was of die rede vir sy verdwyning nie. Die gesin het na die media en fb gedraai omdat hulle nie geweet het wat om te doen nie. Hulle was dood van bekommernis. Ek was al ook in so ‘n situasie waar my pa (noem dit maar ‘n “blackout” beleef het) en ons vir 2 dae na hom gesoek het. Hy het nie geweet waar hy is of hoe om by die huis terug te kom nie. Ons was buite onsself van bekommernis. Bewe nou nog as ek daaraan terug dink. As die familie reg is sal hulle meer terugvoer gee, maar ek dink nie die dogter was verkeerd om te vra “respekteer ons privaatheid nie”. Hulle wereld was omgekeer en ek glo hulle kom nog tot verhaal. Dankie vir die mense wat help soek het en help bid het. As dit aan die lig kom dat hy sommer gaan stokkies draai het, sal hy wel eendag daarvoor boet. Maar vir nou, kom ons wees dankbaar daai gesin is die pyn gespaar en hoef nie voor ‘n oop graf te gaan staan nie.

Penelope ·

Ek is bly die man is veilig tuis. Geen kommentaar verder: Alle vrae en stellings is klaar gemaak….wonder ook maar bietjie oor die res.

charmaine ·

Scalla, ek het ook gewonder of die ou van Sunnyside met die verlore R190 000 opgespoor is?

SARIE VAN HEERDEN ·

Bly of nie bly dat die arme siel gevind is, weet ek nie. Hy gaan dit weer doen want skielik het hy die land se aandag op hom gehad. Man raak weg, almal is op hol, almal soek, man word gevind en ewe skielik, na al die openbare lawaai word die publiek deur sy familie gevra om die arme siele se privaatheid te respekteer, en ………………. koebaai, broer, ons sal weer van jou lees. SIES.

charmaine ·

Ek het almal se kommentaar geniet party baie snaaks kon nie help om te lag nie.
Geniet die naweek en bly weg uit Sunnyside, manne!!

Sputnik ·

Ek het “vertroulik” verneem dat hy maar net sy dienste as die nuwe minister van finansies gaan aanbied het. Hy is egter te lig (van kl…r) gevind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.