Vermiste gesin veilig gevind

Die Vosloo-gesin

Die Vosloo-gesin

ʼn Ma en haar drie kinders wat op 17 April uit hul huis in Meyerton, Gauteng verdwyn het, is veilig opgespoor.

“Violet Susan Vosloo (45) en haar drie kinders, Marius (23), Lee-Anne (19) en Lanie (16), is veilig en ongedeerd gevind,” het konst. Maria Mazibuko, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media bevestig.

Volgens Mazibuko kan geen verdere inligting oor waar die gesin hulself bevind het of waar hulle tans is, bekend gemaak word nie.

Maroela Media het vroeër berig Vosloo se man het die Sondag by die gesin se huis in Highbury opgedaag, maar daar was geen teken van sy vrou en drie kinders nie. “Die voordeur was oop en geen klere is gevat nie,” het Mazibuko in daardie stadium gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Liz ·

Dankie M en johanna cb! Ek is net so baie bly hulle is veilig! Vir my maak dit nie saak hoekom hulle verdwyn het nie, dit is nie my besigheid nie, al wat belangrik is , is hulle is veilig! Dankie Hemelse Vader, dankie!!

Cherokee ·

‘By keuse’ is relatief en die keuse is waarskynlik gedwonge gekies. Ek is ook bly hulle is veilig.

M ·

Stem saam met jou
Bly hulle is veilig. Ek hoop hulle kry hulp wat hulle nodig het. Onthou gebede word verhoor

Anoniem ·

Ek het vermoed hul het gevlug vd huis omstandighede…en hul het dit goed vooraf alles beplan om uit daai omstandighede te kom. Ander se boeke is duister en en dink mens moet nou hul privaatheid respekteer en hul nie oordeel oordat almal na hul moes soek nie…. Dit was dalk n hulpkreet om hulp.

regverdig? ·

Ja en media en lesers word niks vermoedend ongevraagd niks seggend besig gehou.

Edward James Shawe Snr ·

God is Groot. Ons is dankbaar dat hulle veilig is en terselfdetyd speit dat ons die ergste vermoed het. Maar my vraag is waarom die man so lank gewag het voor hy hulle vermis aan gegee het? Hul kon gouer gevind geword het as hy dit dadelik aangemeld het. Vandag se dae met mense wat sommer net verdwyn kan jy nie meer kanse vat nie. Lewe kan nie vervang word nie. Jy het net een en indien daar dan nou ook verskille of geskille was in die gesin, gaan kniel voor die Almagtige vir herstel en vrede. Daar is niks wat onmoontlik is vir Sy werke nie.

Dawie ·

Net so. Kan die mense darem nie net ‘n buitestaander of vertroueling net laat weet hulle is veilig en daar moet nie vir hulle gesoek word nie. Miskien moet die polisie so ‘n diens verskaf maar dit sal seker weer te veel wees om te vra alhoewel dit hulle ook moeite sal spaar.

wynand ·

Die gesin moes dalk vinnig n geleentheid gekry het om uit n boelie se hande te ontsnap.Daarom geen verdere inligting nie.Bly hulle kon dit regkry en dat hulle veilig is.

charlene ·

Kyk is is ongelooflik dankbaar hulle is veilig gevind en alles.
Maar wat hoekom en waarom????

isabel ·

dis aaklig!!!!! ja ek was verskriklik aangerand. Ek vertrou niemand meer nie. daarom soek ek vir my ‘n kamertjie met toilet en bad sodagt ek sonder vrees kan huistoe gaan. wat wag daar vir jou? verwyte vloeke en skelwoorde jou beste is nooit genoeg

Marietjie ·

Is baie bly hulle is velig. Ek hoop hulle omstandighede laat toe dat hul na veiligheid terug gekeer het, Die hoekoms en waaroms is nie vir ons om bekommerd te wees nie.

Hannelie ·

Bly die gesin is veilig! Stel voor hul omstandighede verander wat dit ookal mag wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.