‘Vermiste’ gesin veilig gevind

Graham Leach en Cara-Liza Lugibihl. Foto: Verskaf

Graham Leach en Cara-Liza Lugibihl. Foto: Verskaf

ʼn Uitgebreide soektog na ʼn gesin van Johannesburg wat Woensdag op pad na hul vakansiebestemming vermis geraak het, het Donderdagaand tot ʼn einde gekom nadat hulle gevind is.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van die Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, het aan Maroela Media gesê Graham Leach (39), Cara-Liza Lugibihl (29) en hul kinders Riley-Quinn (3) en Owen Finn (18 maande) is Woensdag as vermis aangemeld nadat hulle in die pad geval het na Aliwal-Noord in die Oos-Kaap, maar nooit by hul bestemming aangekom het nie.

“Hulle is laat Donderdagaand gevind by ʼn lodge in Aliwal-Noord. Daar is geen selfoonopvangs nie en hulle kon nie laat weet dat hulle daar aangekom het nie,” het sy gesê.

Riley-Quinn Leach en Owen Finn Leach. Foto: Verskaf

Riley-Quinn Leach en Owen Finn Leach. Foto: Verskaf

“Die ouma het vreeslik bekommerd geraak en dadelik vermoed dat iets met hulle gebeur het, wat verstaanbaar is in ʼn land soos Suid-Afrika met so ʼn hoë voorkoms van misdaad. Maar hulle is gevind en is heeltemal veilig en ongedeerd.”

Rechner het gesê hulle was reeds besig met die proses om die persone se selfoon via satelliet op te spoor en sou Vrydagoggend daardie inligting ontvang het.

“Gelukkig het die familie Donderdagaand van die gesin gehoor en weet ons nou hulle is veilig.”

Sy het gesê die Pink Ladies sal Vrydag die inligting dat die gesin gevind is, op sosiale media en deur al hulle kommunikasiekanale deel. Die polisie kon nie onmiddellik Vrydag vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

SNEL ·

My mamma sal ook gek raak as sy nie n dag my stemnetjie hoor nie, sy sal ook versterkings inroep om te hoor wat van my geword het. Maak nie saak hoe oud ek is nie, ek sal altyd my mamma se kind bly.
Hierdie is net n goeie en dierbare Ouma, eerder hoor waar hulle is en of hulle veilig is as sit en bekommerd wees. Baie bly hulle is veilig en het al die vakansie begin geniet.

'n ma ·

Vergewe my vir al die kere wat my ouers ook bekommerd was en ek nognie emosioneelvolwasse genoeg was nie.

charlene ·

hoe wil ek nou so sit en tjank hier! Tannie my hart gaan uit na tannie. Dis mos so erg gewees het, in vandag se lewe (en ons land) kan die ergste gebeur. Ek is so bly hulle is almal veilig en alles.
(en dit verbaas my nie dat so polisie nie vir kommentaar bereik kan word nie mens kan hulle nie een bereik as jy hulle nodig het nie)
Hoop julle vakansie en heerlik en veilig terug ry.

Henk ·

daar is geen selfoon opvangs nie. En die lodge het NIE ‘n Telkom lyn nie? Werklik?

Jan maak n Plan ·

Henk dis duidelik jy bly ini stad. Telkom is aljare op meeste plekke in die platteland deel van die geskiedenis- daars nie eens meer pale of drade nie en die selfoon seine as daar is, is so gebrekig dis nie eens snaaks nie. My simpatie met die ouma.

Sarel Strydom ·

Regtig!!!!! Uiters onbedagsaam om nie vir die familie te laat weet hulle het veilig gearriveer nie. Laat dit vir meer van ons ‘n les wees.

Ekke ·

ja n kind dal nooit weet wat regtig in n ouer se hart aangaan, maak nie saak hoe oud die kind is. Ek wert

tina ·

hulle is op pad Aliwal Noord toe. hulle is by n lodge op Aliwal Noord opgespoor? huh? sonder selfoon opvangs huh? regtig?

jakes ·

Dit is ook tegnologie wat tot hierdie bekommernisse kan bydra. Jare gelede sonder selfone het jy die pad gevat en jou mense het maar net aangeneem alles is reg en jy is veilig en het soms dae omgegaan dat daar geen kontak was nie en niemand was bekommerd nie . Vandag is dit anders met selfone en internet. Wel ons wil dit ook nie weer terug verander he nie die lewe is gemaklik en veiliger met tegnologie.

Susan ·

Dit is n ouer! Jou geliefdes is baie kosbaar. Ons woon in Kanada en ek is elke dag bekommerd oor my dogter as ek nie van haar hoor nie. Met ons besoek verlede jaar is ek deeglik bewus hoe gou jy deel van misdaad kan word.

Natasha ·

Wat het gebeur toe daar te veel kere onnodig wolf geskree is? Toe dit regtig wolf is… toe glo niemand dit meer nie, ek sien in die media met hierdie tipe stories van vermiste tieners ensovoorts dat dit een van die dae die geval gaan wees.

Poppie ·

Telkomlyne. Daar bestaan wel nog goed soos telefoonhokkies. Ek raak net so vinnig bekommerd as my kids nie laat weet hulle is veilig. Ek trap hul sommer daarna uit. Seker van verligting. Ook maar net n ma.

Jaco Grobler ·

Die ou wou vir net twee weke uit die 52 wegkom van sy skoonma, maar sy was te slim vir hom, en dit is hom nie beskore nie.

Wynand Vorster ·

Familie vandag gesirkuleer as gesoek gelukkig het my kollega die artikel gelees gedurende die naweek en is man ure so beperk. Baie dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.