Vermiste hengelaar se liggaam gevind

Pieter Wilders. (Foto: Verskaf)

Die soektog na Pieter Wilders, die 30-jarige man wat die afgelope naweek op die Vaaldam vermis geraak het, het tragies geëindig.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het bevestig Wilders se liggaam is Dinsdag omstreeks 09:30 digby die Magrieta Prinsloo-brug in die Vaaldam gevind.

“Nog geen verdere inligting is in hierdie stadium beskikbaar nie,” sê Makhele.

Maroela Media het vroeër berig Wilders het Saterdagmiddag sy visstokke gevat en in sy boot op die Vaaldam gaan visvang. Sy boot is die aand onbeskadig in die rivier gevind met sy selfoon en kospakkie nog net so in die boot. Van Wilders was daar egter geen teken nie.

ʼn Soekgeselskap het sedert Sondag onverpoosd na Wilders gesoek en polisieduikers het Maandagoggend hul soektog na hom hervat. Daar was teen Dinsdag vroegoggend nog geen teken van hom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Casper ·

So verskriklik tragies.Simpatie aan sy familie met hulle groot hartseer en verlies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.