Vermiste Ier in SA gevind

Foto: Verskaf deur SACCW

Stanley Currie (66), die man van Noord-Ierland wat vermis geraak het nadat hy ʼn week gelede na Suid-Afrika gekom het om ʼn vrou te ontmoet met wie hy blykbaar twee jaar lank op die internet gesels het, is Maandag opgespoor.

Currie is in Edenvale in Johannesburg gevind. Volgens mediaberigte is hy effens gedisoriënteerd, maar ongedeerd.

Mark Currie, Stanley se seun, het die blye nuus op Facebook bevestig. “Pa is gevind. Dankie vir al die [inligting] deel en hulp. [Daar is tans] geen ander inligting nie behalwe dat hy by ʼn mediese sentrum is besig om behandel te word,” het Mark geskryf.

IOL berig Steven King van die organisasie SA Community Crime Watch sê Stanley is aangetref waar hy onder ʼn boom gerus het. “Hy het in die koelte gerus. Hy is duidelik nie gewoond aan ons weerstoestande nie,” het King gesê. Stanley het glo gesê hy het verdwaal op pad terug na sy woonplek in Johannesburg.

Maroela Media het vroeër berig Stanley, afkomstig van die dorp Cookstown, het op Sondag 30 Desember ʼn vlug van Dublin, Ierland, na Johannesburg met ʼn eenrigtingkaartjie gehaal. Sy broer, Richard, het vroeër gesê hy en die res van die familie kon Stanley sedertdien nie opspoor nie aangesien sy selfoon afgeskakel is. ʼn Soektog na hom is daarna van stapel gestuur.

Dit is nie duidelik of Stanley nou na Ierland sal terugkeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

ES ·

Gelukkig bietjie goeie nuus vir ‘n verandering! Baie bly hy is gevind, kan nie dink hoe bekommerd sy familie moes gewees het nie.

Lynette ·

Die arme man is ‘gescam’ deur die gewetenloses wat skuil tussen ons. Die hoop geld wat hy by hom gehad het, is seker LANKAL weg….mense wat eensaam of depresief is, moet nie eens op sosiale media toegelaat word nie, want hulle is ideale teikens vir ‘scammers’….

LD ·

Ja nee ons warm weer in SA is nie vir Ierlanders nie! Hulle sal hom vinnig onder n aircon moet kry! Gelukkig veilig en nie n lyk soos gewoontlik nie.

mini ·

as julle net weet hoeveel ou manne will geld stuur met moneygram na vroue in Afrika, en hulle raak vreeslik boos as on vir hulle se hulle mag nie… as een vrou vra vir 50 usd en sy fool 50 ou manne, dan hoef sy nie te werk nie , en hull wys die FB fotos van die jonge dames….en dan raak hulle skoon op hol oor die vroue en dink nie met hul brein nie…. en ja meeste is afgetreede ou mans

SjN ·

Baie bly hy is ongedeerd onder n boom gevind, die vrou het sy geld gevat en hom gedump, sy kan mos na gespoor word agv vorige kommunikasie tussen hulle.

Ellisras ·

Die “dames” in Hillbrow is nog altyd baie gaaf en oulik. En hul vra nog soos altyd per uur. Was dit die omgewing wat oorverhit was of was dit net die ou man wat oorverhit was.

Alida ·

Die “scammer” sit in Hillbrow en 10/1 n man. Jy kan enige foto van n vrou stuur. Dom mense moet maar op die harde manier leer.

anton ·

Stem saam met jou Alida……
En waarom wil mans/mense van n 1ste wereld nou wraggies met iemand in n vrot 3de werelds land gesels en boonop nog vir n moontelike verhoudings daarby.
Het mense nie meer gesonde verstand en oordeels vermoee nie???

Mirna Koen ·

Wat my kwaad maak is die feit dat SA vinnig vinnig onder aan so missing persons report sit “there is no waiting period to report a missing person” but when a child goes missing and you go to the police they ask you has it been 48 hours yet?

A Mac ·

Wil die ou bok nou vir my vertel dat daar geen blare, hetsy botsels of ou harde blare, in sy eie land is nie? Maar nou ja, dis mos nou so eksoties om op iemand in ‘n ander land verlief te wees. Hoop net van die ou, en sommer die jonges ook, neem net kennis. Maar dan is daar ‘n groot verskil tussen kennis neem en doen wat reg is, veral as die ego so gestreel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.