Vermiste Jhb-baba opgespoor

Argieffoto: https://pixabay.com

Die maand oue babadogtertjie van Johannesburg wat vroeër vandeesweek glo deur ʼn 21-jarige man ontvoer is, is opgespoor.

Kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn vriend van die verdagte het glo die baba aan die ma terugbesorg. Hy het bevestig die baba is ongedeerd.

Maroela Media het vroeër berig die verdagte, wat glo van Egipte is, het vermoedelik die baba Maandag laatmiddag vanuit haar ouerhuis in Mayfair in Gauteng ontvoer.

Volgens Mbele is die verdagte die pa van die baba, en het hy vermoedelik die baba ontvoer nadat die verhouding tussen hom en sy eksmeisie verbrokkel het. Hy sê dit is nie duidelik of sy hom probeer weghou het van die kind af nie.

“Vriende van die man het in die media gelees dat ʼn soektog na die man van stapel gestuur is en dat hy in hegtenis geneem gaan word vir ontvoering. ʼn Vriend van die verdagte het daarom die baba terug na sy ma geneem,” sê Mbele.

Mbele sê die man gaan steeds vir ontvoering vervolg word. “ʼn Ondersoek is begin, en die polisie kan nie nou bloot daarvan vergeet omdat die baba terug is by die huis nie. Die man het die baba ontvoer, en hy sal in die hof moet verskyn daaroor,” sê hy.

Die polisie is steeds op soek na die man. Enigeen met meer inligting oor die voorval word versoek om konst. Matshata by 083 438 8475 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jaco ·

Dit kom nou van mense uit die res van Afrika toelaat om maar net in te kom en te laat bly en bly en bly…

en so meer ·

en ons Suid Afrikaanse mense wie in verhoudings met die mense gaan, kinders verwek en dan eers ontdek hulle us vlugtelinge en kan nie vir die kinders sirg nie. of daar is groter gesin om die pa die deur te wys en van sy familie te eis. maar baie bly die kind is veilug. in alle eerlikheid ek hoop die polisie hou ook in gedagte die ma het gerieflikheidshalwe verswyg die ontvoerder is die pa.

en so meer ·

en ons Suid Afrikaanse mense wie in verhoudings met die mense gaan, kinders verwek en dan eers “ontdek” hulle is vlugtelinge en kan nie vir die kinders sorg nie. of daar is groter gewin om die pa die deur te wys en van sy familie te eis. maar baie bly die kind is veilig. in alle eerlikheid ek hoop die polisie hou ook in gedagte die ma het gerieflikheidshalwe verswyg die ontvoerder is die pa.

Jessica ·

Egyptians if they have a child they don’t like to part with they kids they in fact take good care of the family and kids, i have so many Egyptian friends here in Sa, and they are stunning people not all bad.
And for en so meer, hulle is nie vlugtelinge nie, they are humans just like as, the mother must have done something to provoke him.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.