Vermiste Jhb-fietsryer gevind

Kim Croeser (Foto: Verskaf deur SAPD)

Die 47-jarige Kim Croeser is gevind nadat sy Sondagoggend by die Rietvlei Zoo Farm in die suide van Johannesburg sou gaan fietsry en nie weer teruggekeer het nie.

Kapt. Nokulunga Dube, polisiewoordvoerder, het Maandagmiddag aan Maroela Media bevestig dat Croeser lewend gevind is.

Dube kon egter nie dadelik meer inligting bekend maak nie.

Die Glenvista-woonbuurt in die suide van Johannesburg se plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum het wel in ’n inskrywing op Facebook gesê Croeser is glo “verdwaas en verward” by die Rietvlei Zoo Farm gevind.

Sy moes glo mediese behandeling vir ligte beserings ontvang.

Maroela Media het vroeër berig Croeser se fiets is Sondag in haar wit Renault-voertuig geparkeer op Swartkoppiesweg by Rietvlei Zoo Farm gevind.

Daar was egter in daardie stadium geen teken van Croeser nie en ’n grootskaalse soektog is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

EnoughSaid ·

Bly sy is lewend gevind, mag dalk heel onskuldig wees, of so hoop ek van harte. Dankie HERE.

Kattebol ·

Sy is dalk aangeval voordat sy haar fiets kon gebruik. Dankbaar sy’s gevind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.