Vermiste Jhb-tiener na twee weke opgespoor

Alliya Jackson. Foto: Verskaf

Alliya Jackson. Foto: Verskaf

Alliya Jackson, die 13-jarige meisie van Turffontein, in die suide van Johannesburg, wat op 22 Oktober vermis geraak het, is gevind.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van die Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het aan Maroela Media bevestig Alliya is Donderdag gevind. Volgens Rechner is Alliya ongedeerd gevind in die omgewing waar sy vermis geraak het. “Raadslid Rashida Landis het ʼn sleutelrol gespeel in die opsporing van die kind,” het sy gesê.

Rechner wou egter nie uitbrei oor die omstandighede rondom Alliya se verdwyning of bekendmaak saam met wie sy was toe sy gevind is nie. “Die ondersoek na die saak gaan steeds voort, daarom kan ons nie nou meer sê nie,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Alliya het vermis geraak nadat sy die middag saam met twee vriende na ʼn winkel naby hul huis gestap het en nie weer teruggekeer het nie. Haar ma, Sally, het gesê sy en haar man soek onverpoosd na Alliya en het al haar vriende gekontak om te hoor of iemand weet waar sy is. Sally kon nie Vrydag vir kommentaar bereik word nie.

Konst. Michael Kgatle, woordvoerder van die polisie, wou ook geen meer inligting bekendmaak nie. Hy het gesê die polisie ondersoek nie ʼn klag van ontvoering nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hettie ·

Bly sy is gekry! Hoop sy is okey, nie seergekry of ens nie!

MM ·

Elke berig wat julle plaas waar iemand vermis geraak het en weer gekry is mag niemand weet wat die omstandighede was nie, so wat ‘n mens dan aflei is dat daar onenigheid by die huis was en die kind weggeloop het.
En moenie se julle beskerm die kind of ouers nie, want julle het die foto van die kind geplaas.
Ek is baie bly sy is veilig by die huis hoop die omstandige verbeter dat dit nie weer gebeur nie. Dis maar my beskeie aflyding.

Willie Britz ·

MM die tragiese deel is dat meestal die geval is.
En elke keer is daar ‘n ouer seun of man by betrokke. Kyk maar na hulle Facebook profiles….

Hilda ·

MM hoe moet iemand gesoek word sonder dat foto versprei word? Het jy dalk oplossing vir die dilemma? Ons weet nie wat omstandighede was maar dit maak mos nie rerig saak. Die gesin het nou privaatheid nodig om hul seer te heel. Kom ons gun dit vir hul en kom met positiewe kommentaar oor hoe om die tipe probleme in toekoms aan te spreek.

Lizette Van der Merwe ·

Dankie Heer die kind is veilig of so hoop ons. Die spanning en trane uit so voorval moet vreeslik wees. Alliha as jy hulp nodig het, praat meisie, praat.

Carin Hurter ·

Ek stem. Dis skynbaar nou die norm vir meisies om weg te loop, hul geliefdes deur hel te sit en dan weer te verskyn. Sulke kinders hoort in ‘n verbeteringskool!!!

Kotie ·

Carin meisies en seuns loop lankal weg van hulle ouer huise af, hoe weet ek dit want ek was een van daai sort kinders. En om die kind te blameer is nie altyd korrek nie, die ouers is 80% van die kere skuldig hoekom daai kinders weg loop. n Verbeteringskool help nie wegloop kinders nie, n verbeteringskool doen twee dinge hulle bou jou op of hulle beskadig jou, hoe weet ek dit ek was 3 jaar in n verbetering skool en ja ek is n wegloop kind gewees. n Storie het twee kante en ek kan jou nou se hier is meer agter die storie as net n meisie wat weggeloop het.

Annie ·

Carin jy het geen benul waarvan jy praat nie, nie alle jong meisies is sleg nie, so ook is dit nie altyd moontlik vir hulle om uit te reik en te praat nie…en soms is dit juis die mense wat jou moet beskerm wat jou laat vlug…vra vir my…ek is daardeur as jong meisie…eers nadat ek weg geloop het vir 2 weke van die huis af het my ouers werklik geluister na my nood krete…want my ouers was nie die tipe mense wat geglo het daar word gepraat nie, jy is eers dood geslaan en dan kamer toe gestuur, maar praat oor probleme was daar nooit…tog het ek bitter goeie ouers gehad…dus…moenie te vining oordeel nie…en glo my…verbeteringskool gaan niks help nie, inteendeel sal dit heel moontlik die bestaande probleme vererger.

Wiebo ·

Maroela, hoekom mag ons nooit weet hoe die persoon terug gevind was nie? Julle laat dit so “fishy” klink elke keer as die persoon gevind word. Moet dan liewers nie die berig plaas nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Wiebo

Dankie vir jou kommentaar. Uiteraard is dit belangrik om aan te dui wanneer ‘n vermiste persoon weer gevind is, maar wanneer die familie of die polisie nie die omstandighede rondom ‘n verdwyning wil bekend maak nie, kan ons nie daardie inligting publiseer nie. Soms het ‘n verdwyning ook ‘n moontlike kriminele element soos ontvoering en moet die polisie dit ondersoek. Ons kan in só geval dus ook nie inligting bekend maak indien dit moontlik die ondersoek kan benadeel nie.

Ons vra om verskoning as ons dit laat “fishy” klink, dit is nie ons bedoeling nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sarel Strydom ·

eerstens is ek bly dat daar soveel positiewe terugvoer is op die feit dat die jong meisie terug gevind is. Aan die wat graag meer wil weet, jammer dit is hoe dit werk. Solank die saak ondersoe word kan geen inligting voorsien word nie, so hou maar die nuuskieigheid in toom.Aan die person wat almal verbetering skool” toe wil stuur, jy weet nie wat was of is die omstandighede nie. Ons weet ook nie of daar problem tuis is nie so kan ook nie daardie afleiding maak nie. Wees dankbaar sy is terug en laat die saak sy gang gaan. Dit is uiters nodsaaklik om foto’s van vermiste persone te plaas en mort altyd so gedoen word waar moontlik. Dit is nie Maroela Media wat die inligting weerhou nie maar di Polisie en die familie.

se net ·

Gewoonlik is dit waar. Die meisies het n aanlyn profiel wat skrik vir niks. Hulle is 13 en lyk 16. Maar ek dink rog hierdie storie is dalk anders. Dalk is ek verkeerd. Maar ek dink nie so nie. Dink aan jou eie kind. Waar sal jy foto moet uitkrap om vir mense te gee. Is dit selfs n onlangse foto van haar? Daardie ogies lyk maar vir my baie hartseer. Min gese van ouers behalwe dat hulle haar soek. Niks daarna nie. Dalk was dit uitroep vir hulp. Wie sal nou weet. Hoop regtig die familie kry hulp wat nodig is.

Dries ·

Dagse Wiebo,
Van nuuskierigheid is die tronke vol en die kerke leeg.

pop ·

Carin ek stem saam met jou, n kind van 13 wat wegloop en dan laagle hoort n afgedankste pak slae te kry. As daar fout is by die huis weet hulle baie goed waar kan hulle hulp kry.

humor ·

Hulle sal maar altyd daar wees, die nuuskieriges en die sensasie- dorstiges wat niks omgee om in iemand anders se privaatlewe te wil krap nie, en hul daarin te wil verlust.ig nie

elize ·

Ek share nie eers meer die goed nie…tieners kom weg met moord en niemand mag nooit iets se of weet nie…dis hoekom hulle dit net aanhou om dit te doen ..jammer vir die kind wat regtig in die moeilikheid is en dit word nie genoeg geshare nie…dan hoop ek al hierdie tieners voel dan verantwoordelik…maar dit sal nie gebeur nie..hulle is tieners en voel n veer

j ·

Ek persoonlik vermoet die ouers word ondersoek in hierdie saak. Ek vra onverskoning indien ek enige gevoellens te na kom… mens hoor al meer van kinderhandel… Ons is vining om te se die kind, die kind… Ek is self ‘n ouer, ons moet eerder vra: wat oorheers ons lewens dat ons kinders nie die geruste hart het om met ons te kom praat wanneer daar iets is wat pla of seer maak nie. Hoekom is die ouers gewoontlik die gene wat sulke nuus heel laaste kry of selfs te laat kry. Wat kan ons doen om ons kinders se vertroue en gerusmoed te wen en waar trek ons die streep tussen vriend/din en ouer wees…

Daleen ·

Ek is baie verlig vir elke kind wat vermis word en teruggevind word, maar kinders gebruik dit baie keer as noodkreet uitweg soos al genoem is in die kommentaar. Wat my bekommer is net as mense naderhand met ‘n vermiste rapport gaan dink dit is net nog ‘n noodkreet gaan daar ‘n probleem ondervind word as ‘n kind eendag regtig ONTVOER is. Ouers sal moet tyd maak om net na hul kinders se gedrag op te let en ook te luister wat hulle se.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.