Vermiste jong man dood gevind

Steven Roux.

Steven Roux.

Steven Roux (25), ʼn inwoner van Brakpan in Gauteng wat die laaste keer in Mpumalanga gesien is, is dood gevind.

Michelle Bekker, Roux se suster, het vroeër aan Maroela Media gesê haar broer was by ʼn rehabilitasiesentrum in Hazyview. Daar is glo ʼn buskaartjie vir Roux gekoop en hy moes op 4 Junie daar op ʼn bus geklim het om na sy tuisdorp te ry. Hy het nooit by sy bestemming opgedaag nie en is by die polisie as vermis aangemeld.

Bekker het intussen op haar Facebook-blad gesê haar broer se lyk is in ʼn veld in Brakpan gevind. “Daar was ʼn kombers oor hom. Volgens die verslag van die nadoodse ondersoek is hy aan longontsteking dood. Dit maak nie sin nie en vir die persoon wat gesê hy het my broer gesien … dis ʼn leuen. As hy daai Donderdag dood is, kon sy hom nie gesien het nie … iets klop nie hier nie.”

Kapt. Joep Joubert, woordvoerder van die polisie, het gesê Roux se liggaam is op Saterdag 6 Junie in die veld gevind. “Volgens die nadoodse ondersoek is hy aan natuurlike oorsake dood. Die ondersoek na sy dood gaan egter voort.”

Bekker het destyds aan Maroela Media gesê buiten ʼn bietjie klere, het Roux nie geld of ʼn selfoon by hom gehad nie. Hy het ook geen bankrekeninge nie.

“Ek is baie kwaad vir die wêreld vandag. Dit is te gou en tragies die manier waarop dit gebeur het. Ek kan nie glo jy is weg nie. Ek is so lief vir jou, dit gaan baie, baie moeilik wees. Ek kan nie aanvaar wat gebeur het nie,…,dis so onwerklik,” het Bekker op Facebook geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Neil ·

Dit is seker een van die vreemdste berigte wat ek al ooit gelees het.
Wie het wat /hom wanneer gesien?
Hy is dood onder kombers van longontsteking. Jy gaan nie binne een aand dood van longotsteking nie , of is ek verkeerd? Dalk van die koue soos Racheltjie de Beer? Maar dan het jy nie kombers nie!
Vreemd die berig!!

HFC ·

Net vir die interesantheid, Racheltjie de Beer was nie ‘n ware verhaal maar iemand se op gemaakte storie.

Peet Schabort ·

HFC, is jy seker ?
Hier onder antwoord Geesie jou ook.
Dit is wonderlik om van ons kinderhelde te lees.
Gewonder as voorbeeld wie is Sonja Dressel (geb 30 Junie 1964) ? “Sonja Dressel en die SWAPO-aanval”.
Gaan lees “Dapper kinders van Suid-Afrika” van D.J. Kotzé (professor). ISBN 978-1-86919-346-1
Ook ek was aangenaam verras oor wie ons kinderhelde is.

Chris van Heerden ·

HFC is reg. Racheltjie de Beer is n afspieëling van Hazil Miner van Amerika. Die Genealoë het al jare terug begin soek na Racheltjie en haar broer in die de Beer stamboom en kon nog nooit iets opspoor nie. Lees gerus die verhaal van Hazil Miner. Google dit sommer julle sal dit kry.

Heidi ·

En wie het vir hom n kombers gegee? Dit maak ook nie vir my sin nie..

Berhalet Beukes ·

Dit klink alles behalwe logies. My hart gaan uit na sy familie!

Geesie ·

Jammer om jou babbel te bars HFC ,ek is al oud ek het ook as kind in geskiedenis klas gedink ,watse bollie ,tot dat my ouma van 90jr vir my vertel het sy en my oupa het gehelp soek na daardie kinders ,

Chris van Heerden ·

Ja Geesie babbels bars mos maar soms ne daar is meer as genoeg bewyse dat Racheltjie de Beer eintlik bloot n afspieëling van Hazel Miner is van Amerika. Genealoë kon nog niks van Racheltjie de Beer in die de Beer familie stamboom opspoor nie. Gaan doen gerus n bietjie navorsing

HFC ·

Dankie Chris vir die vollediger inligting. Ek was toevallig op laerskool in Rachel de Beer(Pta) en was goed ingelig oor die verhaal tot navorsing getoon het wat jy reeds genoem het.

Peet Schabort ·

Dis dan ook die eerste en laaste keer in wêreldgeskiedenis dat so-iets gebeur het.
In die reeks “SA Geslagregisters” van Heese/Lombard is daar heelwat losstaande familievanne wat nie met die res verbind kan word nie (ongeklassifiseer). Daar is maar min vanne wat kan spog dat hul geslagregisters volledig is.
Myne is volledig want die Bybel sê “Gaan heen en vermenigvuldig” wat ons wel gedoen het teenoor ander vanne wat dit verstaan het as “Gaan heen en vervuil” !! Dis nou hier waar die probleem inkom om hulle later genealogies te rangskik.
Racheltjie word nie eers genoem in die ongeklassifeseerde gedeelte maar daar word ook nie aangedui dat sy na alle waarskynlikheid nie bestaan het.

Althea ·

lol Geesie, jou oupa en ouma het vir jou gelieg hoor, lmga

Elsie ·

Ek stem saam met die familie, hier is iets nie pluis, ek sou begin by die rehab waar hy was.

Elsie ·

Ek stem saam met die familie, hier is iets nie pluis, ek sou begin by die rehab waar hy was.

Althea ·

Ek dog hy was op ‘n bus? Hoe het hy dan in die veld gekom en wie het hom toegegooi?

Francois ·

Jinne maar ons het darem maar nou weer ‘n klomp knap speurders bygekry in die land…Dalk moet julle gaan aansoek doen vir poste by die polisie se seurtak, Althea, Elsie, Hedie en andere hierbo.

Michiel ·

Francois – die mense lewer bloot kommentaar op wat hulle in die berig lees (of dan nie!). Hulle probeer nie speurder speel maar omdat die berig onvolledig is of nie alles sê nie mag hulle mos wonder.

Geesie ·

Ai shame al julle negatiewe babbeljies,glo wat julle wil e ek wat ek wil,maar nou dat julle almal so negatief praat twyfel ek oor ou Jan van riebeek ,generaal dewet , delary ensv , lekker naweek babbels lief julle baie met my Geesie liefde x x x

Asjas ·

Ek weet ook nie watse genot party mense daaruit put om altyd ander se “bubble” te wil bars nie. Die lewe is wreed genoeg, ek klou verbete aan die stories wat my Ouma my vertel het en ek wil (sal) glo dat Racheltjie regtig geleef het.

nig ·

Geesie – dink vir jouself – waar kry jy ‘n groot genoeg uitgeholde (let wel! uitgeholde) miershoop groot genoeg vir ‘n kind om in te skuil? Die goed in die storie maak lankal nie sin nie en navorsing het bewys daar was g’n Racheltjie nie. Julle klompie Racheltjie gelwogies glo seker dan in paashaas en kerssvader ook.

CHRISTA ·

Is ons komp Afrikaners so dig!!! Hier lees ons van ‘n arme jongman se afsterwe en ons hanna-hanna oor gebeure van honderde jare gelede. Lyk my ons is erger as die ANC wat nog steeds karring oor eeue oue gebeure (hulle het dit seker by ons Afrikaners geleer)!! Wat ‘n skande!!!

EMK ·

Christa , dis Neil doeeeer bo wat die uitgeholde miershoop van Racheltjie oopgekrap het. Gun ons ons pret met die goedgelowiges man. Ons is almal jammer oor die outjie se dood glo ek, maar die berig is bietjie snaaks geskryf. Simpatie aan die familie en hoop hulle kry minstens nou berusting, siende hulle weet hy leef nie meer nie. Dis beter om minstens te weet as om te bly wonder, glo en hoop hy leef nog omdat hy eenvoudig nog nie gevind is nie.

KarooKlong ·

Ek is baie bly Racheltjie was nie ‘n Van der Merwe nie. Dink net wat sou sy en Koos alles kwyt geraak het.

Karen ·

Ek het nie woorde nie…hier is ALWEER n blanke jong man dood terwyl ons te midde n Volksmoord sit en julle redekawel oor nonsens en stories….REGTIG!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.