Vermiste jong man van Polokwane gevind

Ruan Christopher Boshoff (19). (Foto: Verskaf)

ʼn Jong man van Polokwane wat Vrydag spoorloos verdwyn het, is gevind.

Die 19-jarige Ruan Christopher Boshoff, wat verstandelik gestremd is, se ma het hom Vrydagmiddag die laaste keer gesien terwyl hy middagete geëet het.

Hy het daarna verdwyn en ʼn groot soektog na hom is gelas.

Sers. Mienkie Ramakgoakgoa, polisiewoordvoerder, het Sondag gesê Boshoff is gevind.

Volgens haar word hy in ʼn hospitaal behandel.

Verdere besonderhede oor die omstandighede waarin hy gevind is, was nie dadelik bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Plaaskind ·

As ek reg onthou is dit nie die eerste keer dat hy as vermis aangegee is nie? Asb pas hom tog mooi op, ons lewe in ‘n wrede tye.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.