Vermiste jong paartjie van Parys opgespoor

Oni-Lee Hoon (16) en Clinton Keen (19). Foto: Verskaf.

Oni-Lee Hoon (16) en Clinton Keen (19). Foto: Verskaf.

ʼn Jong paartjie van Parys, Vrystaat, wat bykans twee weke vermis was, is weer veilig terug by hul onderskeie ouerhuise nadat hulle Woensdag in Durban opgespoor is.

Clinton Keen (19) en Oni-Lee Hoon (16) is op 20 Februarie die laaste keer oorkant die woonstelblok in Parys waar Clinton by sy oom woon, opgemerk. Hulle is vroeër glo by ʼn plaaslike kuierplek gesien en Clinton sou van sy oom se woonstel saam met Oni-Lee na haar huis toe gestap het.

Pieter Kemp, voorsitter van die vrywilligerorganisasie Landelike Gemeenskap Veiligheid (LGV) in Parys, het Donderdag aan Maroela Media gesê die organisasie het die tieners se gesinne deurlopend tydens die soektog bygestaan en met hul hulpbronne leidrade opgevolg.

“Oni-Lee het Woensdag omstreeks 11:40 deur Facebook vir die eerste keer met haar ma kontak gemaak,” het Kemp gesê. “Die twee is later na ʼn vulstasie, waarna ʼn veiligheidsmaatskappy hulle na ʼn polisiestasie in Berea geneem het.”

Die paartjie is omstreeks middernag deur lede van die LVG in Durban gaan haal en vroeg Donderdagoggend met hul dankbare ouers herenig.

“Toe ek vanoggend die oproep van ʼn LVG-lid kry wat sê my seun is gevind, toe loop die trane. Ek het God bedank dat hulle veilig is,” het Elaine Keen, Clinton se ma, Donderdag aan Maroela Media gesê. “Toe ek my seun later sien, het ek hom vasgedruk en gesoen. Hulle is veilig en lyk goed. Dit is regtig ʼn groot verligting vir ons.”

Keen het almal bedank wat hulle tydens die soektog bygestaan het. “Daar is so baie mense op Facebook en WhatsApp wat ons bygestaan het, help soek het, leidrade opgevolg het en vir ons gebid het. My vriendin in Welkom, Ester, kan veral uitgesonder word,” het sy gesê.

Sy het ook die LVG uitgesonder wat uit sy pad gegaan het om hulle te help.

Kemp het gesê in so ʼn situasie is dit belangrik vir mense om nooit moed op te gee nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Pierre Celliers ·

Waarom vertel julle ons nie die rede waarom hulle Durban toe is sonder om enigiemand daarvan te se??

Leeutjie ·

Vrystaat toe Pierre, Parys in die Vrystaat… Nie Durban toe nie!

Suz ·

Ja. Hoekom is hul durban toe? Hoe het hul daar gekom? Wat is die storie omtrent dit?

thea ·

sit ook met n rebelse tiener, wat geen respek het vir ouer mense, vat ook die pad maar as hulle honger en pennie loos dan kom hulle vinnig huistoe, hierdie kinders doen dieselfde, bid net dat sy nie swanger raak nie

Elfie ·

Ek dink almal raak nou hartlik g*tvol vir die jonges wat lyk my net graag hul gesigte in koerante wil hê, so dan loop hulle bietjie weg en dink hulle is kaas. HOK hulle lewenslank. Dis nonsens – wat van al hul skoolwerk wat agter geraak het? Die onnies moet ook heir inspring en gee vir hul outydse aaklige uitskryfwerk wat jou tyd mors en jou dood verveel, iets soos:” Ek was onnosel om weg te loop” en skryf dit 10 000 keer uit. Laat hulle KRY. Ek sou dit WAAG om op 16 so te hang aan ‘n kêrel se nek soos op die foto! Nou moet daar allerhande dankie gebedjies gesê word omdat hulle vielig is? I don’t think so, hok hulle, neem tv kyktyd en selfone weg – dis absoluut nonsens dat hulle mense se tyd mors met ‘n soekery en bekommernis. Absoluut selfsugtig.

tasha ·

Stem saam jou.. Sal like om te hoor wat d rede vir di “Dbn trip” was. Eks self nou 19 en ek sal NOOIT iets so verantwoordelik doen ni . Ni met tyd waarin ons leef en met al d crime ni. Party mense doen net sonder om daaroor te dink

Eish! ·

‘n Vorige keer het ek gese gee hul wat hulo toekom n Goeie boere pakslae op die pampoene. Ek was erg gekritiseer deur die lesers. Nou stel ek dit so: Dit is ons slapgat ouers wat kinders toelaat om dit aan ons te doen. Die voorbeeld is dan. 1. Almal is bekommerd oor jou 2. Jy verkry kits beroemdheid 3. Jy word opgeeet uit liefde as jy teruggevind word.
Die boodskap moet wees: 1. Jy kry ‘n pak soos die Bybel se want jy was ongehoorsaam aan jou ouers. 2. Daarna, ek het jou pak gegee want ek gee om as ouer. 3. Moet dit asb nie weer doen nie, want ons is lief vir jou.

Janine N ·

Ek wou weet wie sê die ou was voorbok. Vandag se jong meisies is maar goed voor op die wa, van Laerskool af al. Dis nie altyd die outjies nie.

Maronel ·

Ek dink 99% van vandag se tieners raak op een of ander tyd rebels. Dankie tog my tyd is verby en my kinders het hul gedra. En jy kan ook nie meer waag om met vandag se kinders te raas of te HOK nie, want omdat hul nie hul sin kry nie, dan vat hul die pad. Vandag se ouers moet hare op hul tande hê met hul tieners. As ‘n goeie pak slae van ouds nog kon gewerk het, was daar nie sulke nonsens. Te bang vir die ouers. Nou is ouers se hande eintlik afgekap. Sterkte aan alle tieners se ouers

Elfie ·

Hoe sal kinders die pad vat as hulle gehok word of raas kry? Waar is toesig dan dat kinders net kan doen wat hulle wil? As ‘n kind gehok word moet hy/sy pal tuis wees en klaar – geen kans vir rondlopery/pad vat. Alle tieners raak rebels nie net 99% nie maar as hulle disipline te alle tye kry sal dinge uitgewerk word. Ouers se hadne is g’n afgekap nie dis absolute bollie. As jy omgee vir jou kind sal jy sorg dat jy weet wat aangaan in sy/haar lewe.

tasha ·

Hulle is vinnig om te km met child line stories wanneer hulle gedisipline moet word ook. Kinders ht meer beheer oor ouers as wat ouers oor kinders het.

Gerhard Bezuidenhout ·

Die jong mannetjie kort n paar grootmens klappe. Hy is verseker die voorbok gewees.

Gerhard Bezuidenhout ·

Die jong mannetjie kort n paar grootmens klappe. Hy was verseker die voorbok gewees.

scalla ·

Bring hulle vir my, ek sal hul ore vir hul oopmaak, kort n goeie loesing, al twee.

Cindy ·

As dit my dogtertjie was het ek pak slae van haar lewe gegee het….

EMK ·

Nou die mannetjie van 19 – is hy nog op skool of werk hy? Wat sê sy baas dat hy somemr 2 weke wegbly? As hy nog in die skool is, wel ja dan moet hy dalk meer tyd agter die boeke deurbring as hy op 19 nog op skool is in plaas van jong meisies Durban toe vat. Waar het hulle noglas gebly en alles? Sommer nonsens die, die twee moet nou uit mekaar gehou word want lyk my die een beinvloed die ander maar sleg. Ek stem saam, hok haar, vat selfoon weg dat sy ‘n lessie leer.

Alet ·

Al wat help is ‘n goeie pak slae en dan sal hulle weet wie is baas en wie is klaas. My kinders het elk een pak slae in hulle lewe gehad en vandag is ek net ‘n trotse ouer. My 2 klein dogters het ook hulle pak slae gekry en dit is die 2 pragtigste goed gemanierde kinders. Maar komminukasie is ‘n baie goeie dinge tussen ouer, kinders en klein kinders. Waar ewe skielik kom al hierdie trauma en berading shit vandaan. Waardevolle tyd word vermors deur die polisie en almal betrokke vir tieners wat balhorig is. Moenie net hok nie gee elkeen ‘n goeie pak slae en kry klaar dan weet hulle wie is baas.

Neptunus ·

Iemand moet vir hierdie mannetjie ‘n rekkie aansit, vinnig! Sulke mense behoort nie hulle gene te kan versprei nie.

nig ·

Neptunus – hopelik het hulle voorsorg getref. Dink nou twee weke alleen in Durban…ons sal 9 maande moet wag en sien!

Kerrie ·

Buig die boompie terwyl dit jonk is…alles gaan oor die opvoeding wat die kinders ontvang het in hul ouerhuise…gaan kyk maar na die ouers dan kry jy die antwoord..die eerste 7 jaar van n kind se lewe bepaal sy gedrag van die res van sy lewe…jou kind moed waardes en n opvoeding he voor hy begin skool toe gaan. Dis nie die skool of die “wereld” se werk om jou kind groot te maak nie.Kyk gerus na albei ouers as jy wil weet hoekom die kinders so optree.

EMK ·

Dalk moet die polisie en gemeenskap soektog mense die ouers ‘n groot “fine” gee vir al die onkostes met die gesoekery – dan sal hulle dalk nie meer so “bly” wees die twee is terug nie. Gereeld soos klokslag deesdae loop kinders weg en kom dit in die koerante – dis ent aandagsoek. Hulle wil graag hulself in die koerant sien en dink hulle is nou beroemd of iets. Slapgatouers! Hulle moet behoorlik lesopsê. Klink of hul dalk ook sommer maklik geld in die hande kan kry ( te veel sakgeld??)want hoe gaan jy 2 weke met vakansie sonder geld?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.