Vermiste Kaap Agri-bestuurder opgespoor

Morne Olivier. Foto: Verskaf

Morne Olivier, die 42-jarige inwoner van Ceres in die Wes-Kaap en junior bestuurder by Kaap Agri wat sedert Maandag vermis was, is veilig opgespoor.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het dié nuus aan Maroela Media bevestig.

“Die vermiste persoon is Vrydag in Richardsbaai aangetref. Hy is ongedeerd en met sy familie herenig,” het Rwexana gesê.

Sy broer, Andries Olivier, het dié nuus op Facebook bevestig. “Morné is veilig en op pad huis toe. Baie dankie vir almal se belangstelling en ondersteuning.”

Annalize Olivier, Morné se vrou, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Maroela Media het vroeër berig Morne is Maandag teen 11:38 vir die laaste keer by sy werkplek in De Doorns gesien.

“Hy het aan sy kollegas gesê hy voel nie lekker nie en gaan ry om iets by die apteek te kry. Hy het sy beursie saam met hom gevat, maar sy selfoon by die werk gelaat,” het Annalize gesê.

Volgens Annalize kom haar man gewoonlik saans teen 18:30 tuis. “Die mense by sy werk het my net voor dit gebel en gevra of ek weet waar hy is, want niemand het hom weer gesien vandat hy apteek toe sou gaan nie en sy selfoon het nog daar gelê. Hulle wou weet of hy dalk deurgery het huis toe aangesien hy nie goed gevoel het nie.”

Annalize het dadelik in haar motor geklim en na Morne se werkplek gery waar sy en Morne se kollegas deur kringtelevisiebeeldmateriaal gekyk het. Sy het Morne dieselfde aand by die De Doorns-polisiestasie as vermis aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Nel ·

Soos die spreuk lui: ‘n Ander man se boeke is duister om te lees… is net bly hy is veilig by sy gesin.

Stormrider ·

Wolf wolf…..daar is mense wat regtig wegraak en nie net na aandag soek nie.
Raak nou bietjie keelvol vir mense wat hulle geliefdes en die hele samelewing vir ‘n week lank op hol jaag sonder om ten minste te laat weet waar hulle is. Almal mobiliseer en doen moeite met bulletins terwyl die gesoekte persoon wegkruip.
Regtig?

Niklaas ·

Dis onwillekeurig die reaksie van almal nou…wat het hy gaan soek sover van sy huis/ werk gebied aan die ander kant van SA ? Gevlug vir iets, gaan skuil iewers of wat ? Dis nogal vreemd. Sy arme familie was rasend van bekommernis. In SA huidiglik , eindig sulke verdwynings gewoonlik tragies

Penellope Jones ·

Wat die omstandighede was is suiwer en alleenlik hulle s’n, maar die bekommernis en onsekerheid moes bitter moeilik gewees het.

se net ·

Depressie laat mens snaakse Goed doen.Ons sal nie weet hoekom jy so op getree het nie .Laat genesing begin .sterktw met restel proses.

SNEL ·

Ander mense se boeke kan duister wees soos dit wil, maar as hulle hulp en gebed vra; dan moet ons help en nie vra vrae nie, en dan dankbaar wees saam met hulle as alles goed uitwerk. Bly hy is gevind en dat hulle almal nou rustig kan wees.

Pensie ·

Na n week se jol raak hulle moeg en kom terug en kry n groot verwelkom , pragtige plan .

Kommunikasie NB!!!! ·

Dankbaar, vir elkeen sê gebed. Emosionele volwassenheid is baie noodsaaklik vandag.
bv kinders wat so iets deur gaan (pa loop weg) nié in dié geval…los permanente skade want
kind verstaan storie anders. Enige verhouding
kry knou en kort hersteltyd.STERKTE.

Mooi gese ·

Mooi gese Willemien, sommige mans moet bietjie ruggraat kry. Hoop die ou se vrou stel ‘n PI aan om sy spoor te volg en te kyk presies wat hy gaan aanvang het. Nadat sy eers al sy liegstories goed uitgeluister het natuurlik, en hom dan met die waarheid konfronteer

Annamarie Olivier ·

Hy moet seker soos ‘n gek voel. Wat hy gedoen het was absoluut kinderagtig en onverantwoordelik. Geen gevoel vir mense se bekommernis nie.

age tog ·

Almal worry oor skandes wat hy nou gemaak het of oor sy famielie gebring het. Ek is bly dat die Groot Een ons almal eendag oordeel. Want die mense met die minste skandes het dit altyd die beste weg gesteek. Niemand weet wat sy omstandighede of feite is nie…….

Abe ·

Kan iemand nie maar die hele storie vir ons nuuskieriges vertel nie. Dit sal nou nuus wees!

christa ·

hulle is gou om hulp te soek as iemand wegraak maar as hy opgespoor word wil die mense nie weer met die media praat nie. Grootmense wat so onverantwoordelik kan optree en net verdwyn moet beboet word.

Lizl ·

In middelburg was ook `n jong vrou as vermis aangegee, en `n week later gevind. Toe kom dit uit dat sy eintlik vlug, en word gesoek vir bedrog. Hopelik het hierdie man `n ander rede oor hoekom hy sy gesin so mal van bekommernis gehad het.

Dani ·

Ek verstaan nie die mensdom nie. Dit voel vir my of niemand bly is hys veilig nie. Asof almal in spanning wag om die ergste te hoor. Ja sy arme familie se senuwees maar genade wees net bly hy lewe. So negatief

Isabel ·

Ek dink ook mense kan minder oordeel. Niemand van ons ken die omstandighede nie, behalwe die mense naaste aan hom. En as hy ‘n oordeelsfout gemaak het, kan dit weer reggestel word, maar net sowel kon dit veel erger uitgedraai het. Ek stem saam, vir sy familie moes die bekommernis angswekkend gewees het, maar ons is baie dankbaar saam met hulle hy is veilig.

Mimi ·

Ek wens net mense wil se “ek het hulp nodig”…..dit is nie n skande om te voel jy kan nie meer “cope” nie. Almal sal net bly wees as iemand gehelp kan word om weer met sy of haar lewe te kan aangaan. Ek dink sy vrou moet besef as dit nie vir die koerante en media was nie; was hy dalk nie al gevind nie.

Party mense kom veilig terug huis toe ·

Dit is goeie nuus dat die person veilig gevind is. My een oom het so verdwyn sonder taal of tyding. Gereeld elke maand vir ‘n week of so en almal het gebid. Hy kon nooit onthou waar hy was of wat hy gedoen het nie. Sy vrou het hom geneem vir mediese ondersoeke maar die dokters kon nie enige fout vind vir sy geheueverlies nie. Sy vrou en kinders het aanvaar en geglo dat die maandelikse verdwyning en die terugkeer en geheueverlies ‘n Bybelse ding was. Sy het skaapboud , sous, aartappels , rys en groente vir hom gekook en Jan Ellis poeding gebak met dik custard as sy maandelikse huis toe kom beloning. Alles was dan weer normaal op die plaas tot die volgende maand.

Briljantie ·

Ek het ook so iemand geken. …van Vereeniging.. Elke maand ..tot Sy dood was die Tannie altyd lief en reg Vir hom

Linda van Mosselbaai ·

Is verheug dat hy veilig is! So baie is nie so gelukkig nie. Wat ook al gebeur – kyk nou net vorentoe. Sterkte – want die agies wil altyd alles weet ………

pinkie ·

Die donker poel van depressie kan veroorsaak dat mens afgestomp raak vir ander se gevoelens. Dankbaar hy het pad gevat en nie sy eie lewe geneem nie.

ChrisE ·

Lulu, jou grapjas. Ek het ook al so in my lewe verdwaal, maar ek was nie getroud nie. Het in my “los op die hoef” dae ook plekke gegaan en pelle daar ontmoet en sommer lank gaan kuier saam met hulle. Daar is mos altyd iemand met ‘n neter of lekkerder idee.

Stuiwer ·

Hoekom word daar nie gesê waarom hy in Richardsbaai was nie? Dis ook vreemd dat sy vrou nie vir kommentaar bereik kon word nie. Iewers is iets nie reg nie. Klink vir my na huweliksprobleme?

Stuiwer sommiges raak net bietjie jeukerig ·

Stuiwer ek dink nie die persoonlike dinge en goete sal gepubliseer word nie. Baie mans raak soms weg of verdwaal bietjie vir ‘n paar dae. Hulle kom wel weer huis toe wanneer die jeukerigheid oor is. Somtyds uitgerus met geen stress.

Johanna ·

Ek was teleurgesteld toe ek lees dat sy vrou nou nie beskikbaar is vir kommentaar nie en nog erger die pers dreig met n dagvaardiging. Onthou dit was die pers wat die berig van vermissing so wyd moontlik gepubliseer het. Terwyl ons gebid het, het hulle nuus versprei en help soek. Dit is seker nou ook hulle reg om afsluiting te kry. Hulle is nie nuuskierig nie. Die publiek is nie nuuskierig nie. Ons wil net almal weet: wat het gebeur. In hierdie misdaadland van ons, het die meeste mense gedink hy was die slagoffer van misdaad. Gee inligting wat jy graag wil gee maar moenie dreig nie. Dit gaan nie goed af by die publiek nie. Jy kon die Pers gebruik het om almal te bedank vir hul gebede en omgee.

rina ·

Eks bly hy is veilig terug by die huis. Ek wil nie hoor wat die rede vir sy verdwyning was nie, net bly hy is veilig dis al. Voorspoed vir die familie vorentoe

Blommie ·

Natuurlik wil mense weet en mense het alle reg om te weet…
Want almal het help soek en hierdie was n mors van tyd, terwyl daar regtig omstandighede is wat hierdie tyd kon kry.
Dink man en vrou he baklei en hy het gese ek kom nie huis toe nie. Toe sy uitvind die werk het gebel en hy kom nie huis toe nie. Het sy dadelik saak gaan maak, want as ek jou nie kan kry nie. DIE POLISIE SAL WEL en kom ek se julle gaan dieper in die storie en julle sal agterkom dat dit baie beslis nie die eerste keer was wat n verdwyn nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.