Vermiste Kaapse prokureur gevind

Johan Loubser

Die 32-jarige prokureur van Kaapstad wat Dinsdagoggend spoorloos verdwyn het, is gevind.

Johan Loubser se stiefma, Hannelie Loubser, het bevestig hy is gevind. “Johan is gevind; sal later besonderhede hê,” het sy gesê.

Op ʼn vraag of Johan ongedeerd gevind is, het sy gesê “hy is in ʼn slegte toestand fisies en emosioneel maar hy is oukei”.

Johan moes 09:00 Dinsdagoggend by die hooggeregshof in Kaapstad gewees het, maar het nie opgedaag nie.

Sy werkgewer is na sy woonstel in Bloubergstrand nadat hy nie by die hof opgedaag het nie. “Hy het gesien die woonstel is gesluit en het by die motorhuis ingekom waar hy Johan se motor gesien het,” het Loubser vroeër gesê.

Sy woonsteldeur is ook oopgebreek en sy selfoon en beursie is in die woonstel gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Joan Strydom ·

Dit is algehele tydmors om die berig te lees! Ek het in die eerste plek nie geweet die persoon is vermis nie. Nou is hy gevind maar die besonderhede word nie verskaf nie. Berig dan liewer glad nie.

C ·

Daar is wel vroeer vandag hieroor berig…. hoe dan jou aanklag?
Daar word mos gesê deur die ouer dat hul later meer inligting sal gee.
Hoekom so op die aanval wees?

Jaco ·

Wees net bly gevimd en LEWE nog. Liewe aarde hkm toys gooi soos n 3 jarige. Word groot man

Logika ·

Daar is vroeër berig hieroor en daar is mos nou berig op ‘n nuwe verwikkeling op die storie. Wat is jou probleem?

Mahaei ·

Daar word altyd hulp gevra omdat die en dat verdwyn het.dan word hulle gevind en dan word daar gevra om die familie se privaatheid te respekteer. Ek voel ook soos Joan. As jy privaatheid wil hê of meer inligting later bekend wil maak, soek ook in privaatheid.

Nettie ·

@Joan Strydom – ek neem dan aan jy is nie op sosiale media nie, aangesien dit wyd en syd berig is op Facebook.

Riaan ·

As jy vier berigte onder toe lees sal jy die vermiste berig kry. Kyk eers dan skêl jy.

Blommie ·

Ek stem saam Joan, hoekom nie se wat gebeur het nie
Laat ons bewus kan wees van gevare om ons.
Bly hy lewend is gevind!

Essa ·

Genugtig Joan, is jy maar net so vreeslik nuuskierig? Baie bly jong man is gevind; sterkte vir almal wat die ding moet ontrafel en verwerk – trauma sal hier beslis wees.

DS ·

Joan Strydom lees eers die ouer artikels en dan die nuutste…. (net goeie advies om nie jou naam so met plank te slaan nie) Of wou jy miskien slegter nuus oor die jong man gehad het want jou reaksie is VREEMD.

RHG ·

Shame, Joan, jy klink nou soos die tannie in die Maroela familie waarvan niemand hou nie. ?

Dankbaar ·

Ek is baie dankbaar dat hy lewend gevind is. Maak nie saak wat die omstandigheide is nie. Baie sterkte aan die familie.

CHAPPIES ·

…mense…mense…luister…dis die stres vani verkiesing,wat vi joan vang…sien maar oor

BAIE DANKBAAR hys lewend gevind en baie sterkte vir herstel ?

Melanie ·

Joan hoe oud is jy? Jy het seker vandag te lank in koue, winderige en nat toestande n die tou gestaan om te stem, en toe jy nie jou naam op daardie lang stuk papier kon kry nie, toe storm jy woedend terug huis toe! Wat ‘n dag Joan!

Griet ·

BAIE DANKIE VADER,hy is lewend gevind, sterkte met sy herstel ?

RHG ·

As mede-Suid-Afrikaner is ek verheug dat hy gevind is en lewe.
Bekommer ons dan nie almal oor ‘n vermiste medemens nie?

Jojo ·

Joan klink na n bittere onaangename mens. Eks baie dankbaar sie man is gevind!

varkie ·

ek wonder of die nie dieselfde prokureur is wat betrokke is bij die vee diefstal nie? Die persone waarna verwys word is albei 32 jaar.

Koos de Meyer. ·

As jy mooi lees sal jy sien dis in Kaapstad nie in Pretoria nie. Die prokureur is van Pretoria wat by die veediefstal betrokke is.

Jaco ·

Nie so moeilik om tetravel nie???
Womder ook oor hierdie 2 berugte

Jaco ·

MM.
Is daar dalk n moontelikheid om n berug tesoen oor of die 2 prokereurs in nuus dalk die selle man is. Almal van oms mal oor hoerdie vraag

LD ·

Ek wonder myself…. het ook die vraag gevra op die berig waar hy nog vermis was. En iemand het ñ kommentaar gelos en gesê hy/sy dink dit is dieselfde persoon? Weet enige iemand dalk of dit waar is? Dalk is daar iemand wat bietjie meer weet as wat die berig sê?

Frikkie Geld en huis ·

32 Jarige prokureur !! Is dit nie dalk hy wat sy pa gaan help beeste laai het by Breyten nie ??

AP ·

Joan, kannie glo jy antwoord op ‘n berig wat jy nie eens behoorlik gelees het nie, maar i.e.g. ek is verskriklik bly oor die positiewe terugvoering. ?

DA BO ·

Dankie Vader die kind is veilig. Ma’s gaan deur hel as hulle kinders nie van hulle laat hoor of net die stomme ma ignoreer. Ek weet, ek gaan elke week deur sulke stres.

Valerie ·

Weereens swak beriggewing! Lei mense op! In die eerste paragraaf moes daar reeds gestaan het dat die persoon lewend gevind is. Pas die piramiede konsep toe. Belangrikste feite eerste, altyd. MAW, die opskrif is ook sensasioneel.

esmarie moolman ·

daar is ñ goeie rede waarom sekere informasie stilgehou word om die prokereur te beskerm.ons sal weldra die waarheid hoor.ek bid vir sy emosionele herstel.en ek wens hom sterkte toe!

ES ·

Ek studeer tans regte en my vrou was histeries toe sy hierdie en die vorige berig lees. Sy vrees dat prokureurs en advokate geteiken word deur misdadigers of korrupte sakemanne, spesifiek waar hul met hoëprofiel sake betrokke is. Ek is bly die man is gevind en dat hy lewe – all eer aan ons Hemelse Vader.

Meisie ·

Frikkie jy maak my dag. Ek stem 100% saam met Joan, vat n wegbreek kansie, jaag almal ophol dan wil familie nie verder kommentaar gee. Hier by ons was n man vir 3 dae soek, sy vrou en kinders rasend en hy kuier in n gaste huis. Gedink n prokureur het bietjie meer common sense.

elize ·

Ai mense, die berig sê mos nou die man is fisies en emosioneel nie in ‘n goeie toestand nie. Hulle moet seker nou eers probeer uitvind wat gebeur het. Sy woonsteldeur is oopgebreek, dalk is hy aangerand. Ek is seker die familie sal later meer besonderhede gee.

Attie. ·

Ek was ook gister weg, ek het vir my ‘n bier gaan koop en toe ek terugkom vra my vrou my waar ek was want sy soek my die wereld vol. Ek wil net sê ek is terug en veilig, net effe moeg na die toustanery by die stembus.

Nel ·

Gaan hierdie berig oor die vermiste prokureur of gaan dit oor arme Joan?? Genade lyk my almal het ‘n slegte stemdag gehad.

GM ·

Dis ook altyd dieselfde – as jy voel jy moet ALLES weet, of eweskielik as deel van die familiekring beskou moet word net omdat jy ‘n vermiste persoon se foto op FB of waarookal, gedeel het, moet liewer nie help ‘soek’ nie.
Die mense het hulp gevra, ‘n dankie aan die einde is genoeg.
Natuurlik is almal nuuskierig oor wat fout kon wees, dis menslik, maar respekteer tog hul besluit. Of wil jul almal wat daaroor kla vir my sê dat julle jul storie aan Huisgenoot sal gaan verkoop as so iets die dag met jul kind/geliefde moet gebeur?

Jaun ·

Ek is baie bly die ou is gevind en is veilig/lewend. Maar rerigwaar n mens maak die post oop om te lees of die man okay is en wat het gebeur.Daar is amper nooit n wat het gebeur in die tiepe missing persons post nie en dit is eriteerind.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.