Vermiste Kaapse speurder dood gevind

Gert en Marietjie saam hul twee dogters. Foto: Verskaf

Gert en Marietjie saam hul twee dogters. Foto: Verskaf

Gert Marais (44), die forensiese speurder van Kaapstad wat op 14 Desember spoorloos verdwyn het, se liggaam is gevind.

Marietjie, Gert se vrou, het aan Maroela Media gesê haar man se liggaam is Maandag in ʼn rotsskeur in die Tafelberg Nasionale Park gevind. Volgens Marietjie het ʼn stapper oor die rotsskeur gehang en Marais se liggaam gesien. Die rotsskeur is aan die voet van Tafelberg naby Mediclinic Kaapstad.

“Hy was erg ontbind. Ons het hom aan sy klere en ʼn armband uitgeken.” Volgens Marietjie sal daar van DNS-toetse en tandheelkundige rekords gebruik gemaak word om haar man te identifiseer. Marais het vermoedelik sy eie lewe geneem.

Marais is omstreeks 17:00 die laaste keer by die gesin se huis in Melt Brinkstraat in Parow gesien. Daar is destyds vermoed dat Marais baie depressief was en mediese behandeling moes ontvang.

Marais laat sy twee dogters, Danélle (20) en Yolandi (16), agter. Marietjie het kort ná haar man se verdwyning op Facebook geskryf: “Ons lewens het in ʼn oogwink verander. Soveel dinge wat ek anders sou doen, het ek maar net geweet dat Gert op die 14de net sou omdraai en wegstap. Een les het ek geleer: Spyt kom altyd te laat. Waardeer, respekteer en wees lief vir die mense om jou. Mens dink altyd hierdie dinge gebeur net met ander mense tot dit jou pad langs kom en jy teen ʼn muur vasstaar en geen traan, mooi woorde of baklei iets kan verander nie.”

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het aan Maroela Media bevestig die liggaam van ʼn man is Maandag aan die voet van Tafelberg gevind. Hy het gesê die identiteit van die man is nog nie vasgestel nie. “’n Geregtelike doodsondersoek is geopen en die omstandighede rondom die saak word ondersoek.”

Klik hier vir alle vorige berigte oor Gert Marais op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Elize ·

Ai al wat mens kan se… sterkte aan die familie! Depressie is n hengse ding! Mense kom ons bid vir depressie lyers!

Louis ·

Baie mooi, positiewe kommentaar, Elize !!
Depressie is sowaar `n hengse ding !

wanda truter ·

My simpatie met Marietjie en sy kinders. Ons moet die werkgewer verantwoordelik hou want niemand in bestuur posisies het belanggestel in sy kantoor nie (Vingerafdrukafdeling in die Kaap -SAPS)
Dit is baie sad dat jou lewe niks werd is nie. Baie jammer RIP Gert

Theresa ·

Dis waar Wanda. In die meeste gevalle gee die werkgewer nie ‘n duit om nie. Solank sy/haar Maatskappy net vooruitgaan. Depressie is niemand se maat nie. Ek bid vir almal wat in die swart gat is en hoop jy kry die regte hulp en kry ‘n 2de kans.
Baie sterkte ook aan Marietjie en die 2 meisiekinders. Sterk wees!

Jan ·

Ek weet nie hoekom mense altyd die werkgewer verantwoordelik hou nie, wat van sy eie direkte familie. Werkgewer gee siekteverlof en menslikheidsverlof ens. ,kan nie vir alle toestande verantwoordelikheid neem nie. Die besigheid moet aangaan, daar is baie ander werkers wat daarvan afhangklik is ! Sterkte aan die familie.

wanda truter ·

jan jy weet nie waarvan jy praat . jy het seker n office jopie! ek weet waarvan ek praat, die sapd is nie n besigheid nie dit is n sirkus, manne is onder geweldige stress , hulle kan nie eens die tye afneem waarvoor hulle gewerk het nie want hulle betaal net n sekere hoeveelheid oortyd, so daar is n tekort in mannekrag. gaan werk jy onder hierdie nuwe sa bevel dan praat ons weer, ek het 36 jaar se ondervinding met die zoo

Melanie Redelinghuys ·

Deepest sympathy to his family- you have been in my prayers since December – only if you know this road do you understand what its all about. Let you all find your peace, joy and love again after the healing process, let go of blame and regrets. If those awesome memories you shared as a couple and then as a family.

Pierre Celliers ·

Jou werksplek is waar jy die meeste van jou lewe spandeer,
en as jy nie gelukkig is daar, weens omstandighede buite jou beheer nie,
dan kan dit ‘n hel word!! Ek het vir die grootste deel van26 jaar so “vasgebyt” en was baie gelukkig om heelhuids anderkant uit te kom. Dit was alleen deur die Here se genade!!!
Ek kan met Gert marais identifiseer en heeltemal verstaan waarom hy gedoen het wat hy moes! Niemand, maar niemand kon sy situasie beredder nie weens die feit dat niemand, maar niemand sy lyding regtig geken het nie! Dit is ‘n baie eensame pad wat hy moes loop!

Eliza-beth ·

Ek weet hoe so-iets voel – sterkte, staan bymekaar en moenie julself verwyt nie. Depressie is ‘n siekte met geen antwoorde regtig nie. Mag hy nou die rus vind wat hy nie hier kon kry nie.

Ansie ·

My innige simpatie aan familie, vriende en kollegas. Mag God julle styf in sy liefdevolle arms vashou en vertroos. Marietjie, niemand is verantwoordelik vir die besluit wat jou man geneem het nie. Depressie is ‘n donker nag sonder lig vir diegene wat daaraan ly. Mag julle vrede in julle harte vind. RIV Gert. Vir jou het die Lig nou deurgebreek.

Susan ·

Sterkte aan die familie. Mag God julle deurdra in die hartseer tyf

Annatjie Kruger ·

Wat ‘n hartseer dag. Vir sy familie en naby vriende, maar ook vir almal wie die voorreg gehad het om Gert as ‘n kollega te ken. Altyd bereid om te help, vriendelik en vol grappe. Sy plek sal altyd leeg wees. Sterkte aan sy vrou Marietjie en sy dogters. Leun op God, Hy sal julle die sterkte gee om vrede te vind.

Francina ·

Ek het jou geken. Ek werk ook al twintig jaar in die sirkus. Jy los n groot leemte agter. Jy het n groot hart gehad vur mense in hou lewe. Ek verstaan. Sterkte veral vir jou kinders. Eks bly jul kan afsluiting kry

Petra ·

In die veld waar hy was is dit ongelukkig so dat depressie en alkoholisme ‘n probleem raak, want die manne en vroue sien die Aller vreeslike tonele op ‘n daaglikse basis. Ek voel ook die werkgewer moet beter na die mense in die spesifieke veld kyk. Alle sterkte aan hierdie vrou en haar dogters met die verlies en die vrae wat volg in die helings proses.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.