Vermiste Kaapstad-speurder: “Ons lewens het in ʼn oogwink verander”

Gert en Marietjie saam hul twee dogters

Gert en Marietjie saam hul twee dogters

Gerhardus (Gert) Marais (44), ’n forensiese speurder van Kaapstad, word sedert 14 Desember vermis.

“Ons lewens het in ‘n oogwink verander,” het Marais se vrou, Marietjie, op Facebook geskryf. “Soveel dinge wat ek anders sou doen, het ek maar net geweet dat Gert op die 14de net sou omdraai en wegstap. Een les het ek geleer: Spyt kom altyd te laat.”

Marais is omstreeks 17:00 die laaste keer by die gesin se huis in Melt Brinkstraat in Parow gesien. Hy het ʼn rooi en wit blokkieshemp, khaki-kortbroek en ʼn groen De la Rey-sak by hom gehad. Hy is groot gebou en is 1.9 meter lank en weeg 108 kg. Hy het blou oë en grys hare. Hy het bakore en ʼn dubbelken. Hy het ook letsels aan sy linkerarm en nek. Marais moet mediese behandeling ontvang en hy is moontlik baie depressief.

“Waardeer, respekteer en wees lief vir die mense om jou. Mens dink altyd hierdie dinge gebeur net met ander mense tot dit jou pad langs kom en jy teen ‘n muur vasstaar en geen traan, mooi woorde of baklei iets kan verander nie. Dankie vir ons vriende en familie wat my, Danèlle en Yolandi bystaan in hierdie tyd,” het Marietjie verder geskryf.

Die gesin het intussen ʼn webwerf geskep om te help met die soektog na Marais. Lede van die publiek kan deur middel van die webtuiste met Marais se vrou en twee dogters kontak maak of kontak ao Spannenberg by die Parow-polisiestasie by 082 411 3292.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trippie ·

Ek hoop jou man kom ongeskonde terug na jou toe marietjie.

Jasper ·

Bid dat Marietjie se man veilig en ongeskondeterug sal keer huistoe~sterkte aan sy Vrou,kinders en familie.

magdalena ·

Marietjie my vriendin ek hoop Gert word gou gevind.Sterkte en ons gebede vir jou en jou 2 pragtige dogters in die moeilike tyd.Liefde Maggie

faith ·

Sure I saw and spoke to this cop yesterday at the Milnerton Lagoon. Was with another cop and a small boy fishing. They drove an old white bakkie (I have the reg no.) Contact me on email for my cell no

Marietjie Marais ·

Dankie aan almal wat in hierdie onseker tyd saam met my en my kinders Danèlle en Yolandi bid vir die veilige terugkeer van Gerhard Marais.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.