Vermiste Kampsbaai-vrou gevind

Chantal-Ann Kitley-Freemantle. Foto: Verskaf

Chantal-Ann Kitley-Freemantle. Foto: Verskaf

Chantal-Ann Kitley-Freemantle (46), wat vroeër vandeesweek spoorloos verdwyn het, is gevind.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het aan Maroela Media gesê Kitley-Freemantle is Vrydagmiddag gevind.

“Iemand het haar sien ronddwaal en ons genader waarna die polisie oorgeneem het. Sy ontvang behandeling,” het Rechner gesê.

Kitley-Freemantle se ma het haar as vermis aangemeld. “Haar ma het op 16 Mei die laaste keer met haar kontak gehad toe hulle mekaar gebel het. Nadat die vermistepersonesaak aanhangig gemaak is, is deur verdere ondersoek vasgestel dat Kitley-Freemantle se motor op 19 Mei tussen Constantia en die V&A Waterfront gesien is nadat sy vermoedelik ʼn vriendin in Constantia gaan besoek het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hannelie ·

Dankie tog dat daar nie nog ‘n tragedie gebeur het nie!

Bart ·

Hoe weet jy wat gebeur het? Niemand dwaal rond en kry behandeling vir spek en bone nie.

Dave ·

Hannelie se kommentaar is sinvol in teenstelling met die van jou. Hoe weet jy wat gebeur het? Het jy by China Mall ‘n kristalbal gekoop? Daar is uiters min inligting oor die geval gewees en dit kan wees dat sy ‘n mediese probleem het.

Eliza-beth ·

Bly sy is skynbaar ongedeerd gevind, sterkte en beterskap vir haar, watookal met haar verkeerd is/was.

Eish! ·

Ek is bly dit is sy wat gevind is en nie ‘n lyk wt uitgeken moes word nie. Maar as sy niks makeer het nie, moet sy bietjie gaan dink hoe ander gevoel het wat haar gesoek het. (Glo nie en hoop nie dit is die geval nie.)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.