Vermiste Karl Reich: ‘Ek weet nie hoekom hulle my pa moes vermoor’

Karl Reich (82) (Foto: Facebook)

“Ek is oorweldig, hartseer, in skok.”

Só het Belinda Ferreira, dogter van die 82-jarige Karl Reich, gesê nadat haar pa se liggaam vandeesweek opgespoor is.

Reich is verlede jaar as vermis aangemeld nadat hy op 24 September spoorloos by sy huis op Welkom in die Vrystaat verdwyn het. Bure het destyds ondersoek ingestel toe Reich se motorhek oopgestaan het.

Maroela Media het vroeër berig twee mans is Vrydag deur die Valke in Welkom in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van en moord op Reich.

Een van die mans het intussen die plek aan die Valke uitgewys waar Reich se liggaam destyds gelaat is, en dit is opgespoor waar dit maande gelede al deur die staat begrawe is, het ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die ondersoek is in Mei vanjaar aan die Valke oorhandig wat tot die inhegtenisneming van Thanki Motseki (27) en Mojalefa Tseki (34) gelei het. Dit het daarna aan die lig gekom dat dié twee Reich destyds na bewering verwurg het waarna hulle met twee televisiestelle, kruideniersware en Reich se liggaam in die kattebak van een van die twee gesteelde motors na Pretoria gevlug het.

Daar het hulle Reich se liggaam na bewering langs die snelweg gelaat. Die liggaam is reeds die dag ná die moord op 25 September gevind, maar is nooit geïdentifiseer nie en is dus deur die staat begrawe.

“My pa is gevind! Ek is werklik geseën. Ons het almal gemengde gevoelens en sal op Welkom by ʼn gastehuis byeenkom kom om die verstommende span wat my pa binne net drie weke gevind het, te ontmoet.

“Daar is soveel mense wat van die begin af by die saak betrokke was. Ek weet nie of ek hulle name mag noem nie. Dankie! Woorde laat my in die steek.

“Ek het so ʼn wonderlike geskenk van kameraadskap en ondersteuning gekry. Ons het nie op veel gehoop nie en het gewoond geraak daaraan om teleurgestel te word,” het Ferreira geskryf, waarna sy ook die ondersoekbeamptes bedank het.

Ferreira sê sy het altyd bly glo dat haar pa gevind gaan word, tog het sy steeds talle vrae.

“Ek het my pa, niks is belangriker nie, dis al wat ek wou gehad het. Ek het ʼn innerlike vrede wat verstommend is. Die trane loop wél, daar is skok, alles is oorweldigend, maar ek het my pa.

“Pa, ek weet nie hoekom hulle jou moes vermoor nie, geen rede gaan ooit goed genoeg wees nie. Hulle het jou soos rommel uit die motor gegooi. Ek is nie seker hoe lank jou liggaam langs die pad gelê het nie, maar iemand het dit aangemeld. Dankie, ook aan dié persoon. My grootste vrees was dat hy (Reich) soos vullis neergegooi en agtergelaat is.”

Ferreira sê sy het dikwels gewonder wanneer haar gebede verhoor gaan word, maar dat die regte mense oor die familie se pad gestuur is om Reich te help vind.

“Pa, jy is in ʼn beter plek, ons paadjie eindig nie hier nie.”

Ferreira het gesê die familie begin nou met die pad na genesing en dat sy bid dat haar kinders nie ander sal haat nie, maar hulle harte sal open vir vergifnis.

Volgens die polisie sal Reich se liggaam vandeesweek opgegrawe word en aan sy familie besorg word.

Motseki en Tseki verskyn Dinsdag in die hof op Welkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Agge Nee ·

Het die polisie nie ‘n soort van ‘n databasis waarop hulle kan kyk na vermiste persone nie. Hierdie man se lyk is letterlik die volgende dag gevind, tog moes hy as vermis aangemeld gewees het. Baie vreemd, en ek dog die hele tyd die polisie landswyd weet as iemand as vermis aangemeld is. Toe nie.

Jana ·

Ria ons kan nie sulke dinge in ons eie menslike krag verwerk nie, dit is te erg. Maar die Here se genade help ons om te doen wat eintlik onmoonlik is. Dis hoekom ons kan vergewe en ons vyande liefhê en vrede in ons harte kan hê terwyl ons land in chaos is. Die manier waarop Belinda Ferreira hierdie aaklike ding verwerk is ‘n groot getuienis van God se genade en vrede selfs in pyn.

Mieliestronk ·

As jong mans nie eers respek het vir so n ou man en hom dood maak Dan is daar nie in die land meer so woord soos respek nie C R het dan nie eers respek nie as hy gehad het sal hy nie die soort van dinge toe laat nie

Verstom ·

Hierdie land van bloed en dood…
Maar gewis eindig ons pad nie hier nie. As ons kan glo in Jesus Christus – 1 Kor 15 – “gesaai in oneer, opgewek in heerlikheid…” Sterkte liewe familie.

Mimi ·

Mev Ferreira, en familie ons is saam met julle bly dat jou oorlede pa gevind is! Dit help verseker om beter afsluiting te kry. Alles van die beste vorentoe, en dankie vir jou goeie gesindheid rondom vergifnis, want dit help n mens persoonlik om dinge te verwerk.

Peet J ·

Ek is bly dat julle ,julle vader se lyk gekry het om vir hom ‘n ordentlike begrafnis te kan gee Verder sal ek maar niks së nie want Maroela Media is nie gediend met my kommentaar nie .

Piet parys ·

Almal het vinger afdrukke so maar die fools in die regering kan dit nie eers vergelyk nie

aj ·

Soos roofdiere soek hulle die swakkes en weerloses uit om hulle te ‘jag’!

Michelle ·

Deesdae is dit vir die polisie te veel werk om ‘n dossier uit te skryf hul kry van die begin nie regte opleiding om die werk te doen nie. Vandag sal posisie is net nie meer wat dit was nie. Dit is net te veel werk vir hulle om op die stelsel te kyk. Daar is die klompie wat gou vir ‘n vriend ‘n gunsie sal doen, ‘n dossier sal laat weg raak. Maar die man wat met sy lewe verloor het se lewe was als vir sy geliefdes maar vir die res niks. Vir die moordenaar was dit beslis niks werd nie hy moes vorige moorde gepleeg het en hy sal dit weer doen .

Gemaskerde Sopbeen ·

Die minderheid in Suid Afrika is waar hulle is as gevolg van hulle “vergewensgesindheid” tussen ‘n massa haters…..

Blommie ·

Ek verstaan nie hoe n liggaam begrawe word sonder dat iemand die liggaam kon uitken nie.
Was dit nie vir die valke nie. was die arme oom nogsteeds net as vermis aangemeld.
Nou wonder ek hoeveel vermiste persone is begrawe sonder dat hulle uitgeken was en steeds as vermis is…
Dis net skrikwekkend om aan te dink, sterkte aan die familie en RIV Oom, Oom het dit beslis nie verdien nie.

LD ·

Die staat het sekerlik gesien dis nie natuurlike dood nie, maar hulle wou nie moeite doen om ondersoek in te stel ens nie want dis mos maar net nog ñ wit man! En los maar die moordenaars buite op straat want dis wat hulle moet doen! Die witmens uitmoor!

anton ·

Baie snaaks….die een was net 2 jaar oud en die ander maar 9 toe die land aan hulle geskenk is! Dus waarom maak hulle dan die blankes dood want hulle weet eintelik niks van die vorige bedeling nie.
Dus, hulle moes so groot gemaak word om te doen wat hulle doen.
In die land sal daar nooit versoenning kan wees nie.

Spyker ·

WANT HY IS DIE VERKEERDE VELKLEUR. EN ONS WORD GEJAG SOOS BOKKE

Risa ·

Dit maaknie sin nie, hoe kon hulle so gou ‘n liggaam begrawe??? Ek werk by ‘n ondernemer en verlede jaar September het on iemnd veras wat al @ jaar (soos in 2016) in ‘n ongeluk dood was. Hy het nie eers familie gehad nie, maar forensies het die liggaam gehou tot dat sy naasbestaandes ingeroep was om die uitkenning te doen, Die ondersoek beamptes moet atnwoord, dit was nie eers ‘n jaar nie, SWAK DIENS!!!!!
Natuurlik kwota beamptes

Bekkie ·

Ek verstaan werklik nie, ek dog dat wanneer jy n missing person report oopmaak die dokket tussen alle stasies verspry word of gebeur dit dan net in movies… ons wit mense het nie meer n toekoms in die land nie..

Anita ·

Hoe kan die liggaam begrawe word daar kan tog vinger afdrukke/dna /of kan gehou word terwyl hulle soek,? die saak moet ondersoek word want daar is geen poging aangewend om vas te stel wie die “STUK OU ROMMEL IS” aangesien dit ‘n blanke was kan dit maklik vas gestel word. As die my vader was sal ek die saak verder ondersoek. Ons het gewerk /belasting betaal in hierdie land/dit opgebou en niemand het die reg om ons soos ou rommel weg te gooi nie. Aan die familie my innnig simpatie mag die Here julle verdriet sagter maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.