Vermiste katamaran dalk gevind

Anthony Murray, Reg Robertson en Jaryd Payne  (Foto verskaf aan SAPA)

Anthony Murray, Reg Robertson en Jaryd Payne (Foto verskaf aan SAPA)

Die katamaran wat in Desember 2014 met drie Suid-Afrikaners aan boord spoorloos verdwyn het, is moontlik gevind.

Sunsail het op 14 Desember 2014 uit Kaapstad vertrek op ʼn afleweringsreis na Phuket, Thailand. Daar is op 18 Januarie die laaste keer van Anthony Murray (58), Reg Robertson (59) en Jaryd Payne (20) gehoor.

“Ons is deur Samsa [die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid] meegedeel dat ʼn sleepboot, die Peridot, die omgekeerde romp bereik het. Hulle is besig met ʼn evaluering om te bepaal hoe dit na droë grond gebring kan word,” het Diane Coetzer, ʼn woordvoerder vir die families van die drie, gesê.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het vroeër gesê die NSRI Agulhas het Saterdag omstreeks 15:30 ʼn sleepboot uitgestuur sowat 42 seemyl van die kus van Kaap Agulhas waar ʼn foto van die omgekeerde romp geneem is. Die NSRI kon egter nie die wrak positief as dié van die vermiste Sunsail identifiseer nie.

Foto’s van die omgekeerde romp is aan die Seereddingskoördineringsentrum (MRCC), die families van die vermiste seemanne en die eienaar van die katamaran gestuur. Volgens Lambinon het die NSRI ʼn satellietopsporingstoestel aan die katamaran geheg ten einde dit te kan opspoor totdat dit na droë grond gesleep kan word.

Coetzer, Murray se skoonsuster, het gesê die families is amper seker die omgekeerde romp is dié van die Sunsail. Sy het gesê ʼn volledige verklaring sal uitgereik word sodra daar meer inligting is en die katamaran na droë grond gebring is.

Lees alle vorige berigte oor die Sunsail op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Frederik ·

Kom ons hoop die bemanning se lyke is steeds in die wrak. Dan kan hul families darem berusting vind.

EltonVW ·

FREDERIK : Tans bly dit steeds ‘n raaisel, aangesien die wrak tydens die sleep Kaapstad toe losgebreek het, en nou weer opsoek is.

ekke ·

Stem volkome saam Frederik. Ek weet nie hoe mense wat deur hierdie dinge gaan ooit tot ruste kom nie. Hie aanvaar jy so iets. Hoe maak jy vrede?. Wonder of maroela nie dalk ‘n opvolg kan doen oor hoe dit met Petro Nel se man en seuns gaan na sy vermis geraak het nie. Alles is nou dood stil… Sterkte aan die mense wat agter bly en hoopvol hoop.

Jaco ·

Hoekom seil mens maande lank met ‘n katamaran om goedere in Thailand te gaan aflewer? Waarom nie ‘n skip of ‘n vliegtuig gebruik nie? Was hier dalk onwettige goedere, dalk díe wat deur mens se neus opgesnuif word, betrokke?

Kaspaas ·

Jaco hulle het die katamaran gaan aflewer hy was verkoop. Goeie geld koper dra die kostes en n geleentheid om die wereld te sien. Maar ook nie sonder sy gevare nie

EltonVW ·

JACO die koste verbonde om ‘n aflewering te doen per skip is finominaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.