‘Vermiste’ Kempton-pa gevind

Christopher Nicholson. Foto: Verskaf

Christopher Nicholson. Foto: Verskaf

ʼn 27-jarige pa van Kempton Park aan die Oos-Rand wat sedert Vrydag vermis was, is Woensdagaand gevind.

ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur nadat Christopher Nicholson, ʼn werknemer by ʼn veiligheidsmaatskappy aan die Oos-Rand, Vrydag 14:00 by die werk weg is op pad na sy ma se huis in Hartbeespoort, maar nooit daar opgedaag het nie.

Nicolette Nicholson (52), Christopher se ma, het Donderdag aan Maroela Media gesê haar seun het Woensdag omstreeks 19:30 by haar huis opgedaag. “Hy is nie beseer nie, maar is in ʼn erge toestand van depressie.”

Volgens Nicolette probeer hulle nog Christopher se presiese bewegings sedert Vrydag uitpluis, maar sy vermoed hy wou selfmoord pleeg. Hy was ongeskeer en het nog dieselfde klere aangehad waarmee hy Vrydag werk toe is. Hy het glo ook self die SIM-kaart uit sy selfoon gehaal sodat niemand met hom in verbinding kon tree nie en gehoop sy familie sal uiteindelik nie meer na hom soek nie.

“Ek is so verlig dat hy by die huis is, maar ek besef die groot werk lê nou voor. Ons sal vandag nog vir hom hulp kry,” het sy gesê.

Sy het haar dank uitgespreek aan die Hartbeespoort-gemeenskap en almal wat betrokke was by die soektog. “Was dit nie vir almal se bydraes om te help soek en die inligting oral te versprei nie, was my seun vandag nie by die huis nie. Ek kan net dankie sê aan almal wat op so ’n ongelooflike manier ondersteuning aan ons gebied het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Riaan ·

Sjoe, bly hy is lewend en veilig. Sterkte met die depressie jong man, genesing is moontlik. Begin net op jul knieë voor God.

SNEL ·

Baie sterkte en ek is baie bly vir julle hy is veilig terug by die huis.

Theresa ·

Baie bly hy is veilig. So bly het besluit om huis toe te kom na sy ouers toe. Daar is hoop en daar kan genesing plaasvind. Baie sterkte vir almal. Mag die Here julle almal styf vashou.

Eish! ·

Wat ‘n mooi man, het deur my kop gegaan. Toe besef ek eintlik is hy nog ‘n seun as jy na my ouderdom kyk.
Ai, ek hoop regtig dat hy weer moed sal he om op te staan en weer te baklei. As dit my kind was,>>>>>>>>>>>>>>>ek wil nie eens dink hoe ek sou voel nie.

EMK ·

Sterkte vir die familie – staan hom baie mooi by. Depressie is nie iets wat oornag gesond word nie. Wees geduldig en liefdevol!

chris ·

EMK.
Ek wou ook graag iets se maar jy het .
Dankie
ns Ek het gehoor dit is eintlik ‘n vreeslike siekte.

EMK ·

Chris, ja, hulle noem dit “die siekte van ons tyd”. Daar is ongelooflik baie mense wat daaronder ly en natuurlik vererger baie van die hedendaagse sosiale, werks- en ander toestande so-iets. Plus natuurlik die tipe mense wat sommer sê dis aansit/aandag soek of sulke mense moet “bykom”…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.