Vermiste kind (10) dood gevind in veld

plaas-polisie-veld

(Argieffoto)

Die lewelose liggaam van ’n tienjarige meisie is vandeesweek in ’n oop stuk veld in die Vrystaat gevind nadat sy die vorige aand as vermis aangemeld is.

Die polisie is Donderdag omstreeks 08:30 na ’n oop stuk veld in Winnie Park in Bronville, Welkom, ontbied waar Maserame Violet Morikgihlane – van Bronville – se liggaam aangetref is. Sy het kneusplekke aan haar arms, bene en nek gehad.

’n Ondersoek het aan die lig gebring dat die jong Maserame Woensdagaand by die Bronville-polisiestasie as vermis aangemeld is.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê ’n saak van moord is aanhangig gemaak.

Die polisie is intussen op die spoor van verdagtes.

’n Beroep word op enigeen met inligting rakende moontlike verdagtes gedoen om konst. Lerato Sello van die Bronville-speurdiens by 083 380 2768 te skakel. Inligting kan ook by die polisie se misdaadstopnommer by 08600 10111 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swerwer

Mag die skuldige/s vinnig aangekeer word en eintlik moet hul in eie munt tergubetaal word wat hul aan hierdie onskuldige kind gedoen het.

Pienkie

Hulle is op die spoor van die moordenaars , maar kan nie die boere se moordenaars opspoor nie.

Genis

Hoe tragies, wonder of ou CR en Cele lekker slaap in die aand… SA is in sy peutjie in…gone

Skappie

Ek dink hulle moet bietjie van die polisie manne en vroue vervang, self die wat in hoer poste sit. Dalk sal daar dan meer gedoen word om ons land en mense te beskerm. Ek stem saam, hulle is vinnig op die spoor van hierdie moordenaar, maar wat van ons boere wat aan ons en hulle kos voorsien se moordenaars?