Vermiste kind dood aangetref in Jeffreysbaai-strandmeer

Die strandmeer by Jeffreysbaai Foto: Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI)

Die strandmeer by Jeffreysbaai Foto: Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI)

Die liggaam van ʼn 12-jarige meisie van Humansdorp wat by die Seekoeirivier in Jeffreysbaai verdwyn het, is Maandag opgespoor, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), gesê.

“Polisieduikers het die haar liggaam opgespoor,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, in ʼn verklaring gesê.

Die meisie het verdwyn toe sy en nog ʼn 12-jarige glo Sondag in die water in gehardloop het toe hulle gespeel het. “Die twee maats het glo in die vlak water gespeel voor dit skielik dieper geraak het,” het Lambinon gesê. “Nie een van die twee kinders kon swem nie.” Een van die kinders kon weer in die vlak water terugkom, maar die ander een het onder die water verdwyn.

“Hulle was deel van ʼn kerkgroep van kinders, ouers en ouderlinge van Humansdorp wat vir die dag met ʼn bus na die Seekoei-natuurreservaat gery het,” het Rieghard Janse van Rensburg, stasiebevelvoerder van Jeffreysbaai, gesê. “Die meisie wat oorleef het, is as ʼn voorsorgmaatreël na ʼn hospitaal geneem om vir sekondêre verdrinking behandel te word. Sy is reeds ontslaan.”

Polisieberaders ondersteun die gesin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.