Vermiste kind se lyk in familiehuis gevind

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn 11-jarige meisie van die Paarl in die Wes-Kaap, wat sedert Sondag vermis is, se liggaam is Maandag onder ʼn bed in ʼn familielid se huis gevind.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie is Sondag deur haar ma by die Paarl-Oos polisiestasie as vermis aangemeld. “Die kind se familie en lede van die polisie het die hele dag na haar gesoek, maar kon haar nie opspoor nie,” het Van Wyk gesê.

“Teen Maandagaand het een van die familielede ʼn reuk in die huis waargeneem en ondersoek gaan instel. Sy het onder een van die beddens iets gekry wat in ʼn kombers toegedraai was. Sy het die polisie ontbied en hulle het die meisie se liggaam toegedraai in die kombers gevind,” het hy gesê.

Van Wyk kon nie bevestig of die meisie in die huis gebly het waar haar liggaam gevind is nie. “Daar is twee huise op die erf en die familie bly saam daar,” het hy gesê. “Dit is nie duidelik of die liggaam in die huis gevind is waar die kind gewoon het nie.”

Hy het gesê ʼn 23-jarige verdagte is deur die polisie ingeneem vir ondervraging. ʼn Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van die kind se dood bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

tamboti ·

Vergelding is al straf wat effektief in NSA sal wees. Oog vir oog, lewe vir lewe.

Karma ·

Maggie, ontbinding van ‘n liggaam begin onmiddellik na die dood van ‘n person – eers rigor mortis en daarna dekomposisie. Soos Hendriëtte sê – die Paarl is besonders warm in die hoog-somer. Hoe hoër die temperatuur, hoe vinniger geskied ontbinding. Ek neem aan die kind is gevind in ‘n informele huisstruktuur, met min sanitasie, geen vloerteëls of sementvloer nie en waarskynlik hout- of sinkplaat mure en -dak. Ideaal vir ontbinding om nóg gouer te geskied – bitter gou sou daar vlieë wees wat eiers lê en uitbroei binne enkele ure.

Heel moontlik was daar bloed aan die kind se lykie of dalk ander menslike afskeidsel; dit verklaar hoekom daar ‘n reuk in die huis was net so kort nadat die kind vermis geraak het. Dit is ook moontlik dat sy al vroeër vermoor is, nog voor sy vermis geraak het (hulle het die heel Sondag na haar gesoek; sy kon dus al Saterdagaand of -nag vermoor gewees het). Kom ek waarborg julle dit is ‘n familielid wat op tik was en die kind toe verkrag en vermoor het.

Sus ·

My hart huil vir daai kindjie. Mag die skuldige genade kry want as sy heil van my afgehang het, het báie erger dinge met hom gebeur!

m ·

waste siek mense bly in daai huis. Die arme kind…. Het die sielsieke wat dit gedoen het nou regtig gedink hy/sy gaan met dit wegkom?????

Liewe heksie ·

So moet al ons as ouers besef jy kan niemand vertrou nie die mensdom is siek siek en baie siek daar buite Hou jou oë en ore oop vir wat om jou aangaan en daai wereld is die wildeweste okay die hele wêreld

MissDEmeanor ·

Die is nie die eerste keer dat ‘n vermiste kind gekry word op die erf waar hy/sy gewoon het nie. Dalk moet die polisie as ‘n standaard die erf deursoek as deel van ‘n soektog na ‘n vermiste kind. Die persoon onder wie se bed sy gevind is het nog heelwaarskynlik ook kamstig na haar gehelp soek ook… DIs is inderdaad so, mens kan niemand met jou kinders vertrou nie, nie eers jou eie pa/ma of broer nie. Dis jammer

Anna ·

Dis sad- my kind was is daai persoon beslis kla dood.mensdom is siek

EMK ·

Ek kan wraggies ook nie verstaan dat hulle nie HEEL eerste die huise omkeer as hulle begin soek nie. Dis tog nie “rocket science” nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.