Awian van Schalkwyk (17) en Kim Swart (15) word sedert Sondag vermis nadat hulle glo saam weggeloop het.
Volgens Missing Children Suid-Afrika is die twee Sondag die laaste keer by Swart se ouerhuis in Amandasig in Pretoria-Noord gesien. Awian is van Centurion en ry ʼn swart Honda CBR 125-motorfiets met die registrasienommer VFV 299 GP.
Volgens Rekord is die twee se ouers siek van bekommernis. Hulle fone is sedert Sondag afgeskakel. Die ouers vermoed dat die twee saam weggeloop het en moontlike tydelike verblyf in die noorde van Pretoria gevind het.
Enigiemand met inligting kan Dries kontak by 082 925 9306.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Besef hierdie tieners wat hulle aan hul ouers doen ?
Gaan terug huistoe, jul ouers sal julle met ope arms terugontvang.
As julle ongellukkig is oor iets, hoop julle het die vrymoedigheid om dit te bespreek.
CBR125 is n Honda motorfiets model, nie n nommerplaat nie.
Word groot en gaan terug huis toe. Geen probleem is te erg en te groot om opgelos te word nie.