Vermiste kinders op strande só met ouers herenig

identikidz 5

Ongeveer 4000 mense staan tou by ‘n swembad in Seepunt. (Foto: ANA/Stad Kaapstad)

Talle vermiste kinders is vanjaar op Welwillendheidsdag op Kaapse strande met behulp van die Identikidz-program met hul ouers herenig.

Wayne Dyason, Stad Kaapstad se hoofwetstoepassingsinspekteur, het gesê 28 kinders is in Muizenberg as vermis aangemeld. In die Strand het ses kinders weggeraak, vyf op Strandfontein, drie by Kalkbaai en een by Big Bay. Geen vermiste kinders is aangemeld by die Seepunt-strand en poele, waar strandgangers reeds van vroegoggend af in rye gestaan het nie.

Volgens Dyason het die Identikidz-program goed gewerk. Die Identikidz-program behels dat ouers hul kinders registreer wanneer hulle by ʼn strand aankom. ʼn Armbandjie met ʼn verwysingsnommer wat ooreenkom met die kontakbesonderhede van ʼn familielid of voog word dan uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
foxi

Hoe op deesaarde word klein kinders toegelaat om op hul eie rond te hardloop en te speel op strande. Kinders moet onder geen omstandighede onder die ouers se oë weg wees nie, jy moet jou kind soos n valk dophou. Watse soort tipe ouers laat dit toe in elk geval. Of is dit nou die owerhede se probleem om die kinders dop te hou, want die ouers wil hul eie ding doen om onder die mou skelm te drink en partytjie hou. Wonder hoe word hulle dan versorg by die huis?

Pastoor

Eks te dom om te verstaan hoe raak jou kind weg op die strand. Ek het ook kinders groot gemaak en hulle het al kinders. Hulle was nooit onder my oë uit nie. Nooit. Hulle was by my en my vrou. Dit was 30 jaar gelede. Vir 15 jr lank party mense gaan huis toe sonder hulle kinders. Hoe werk dit. Kom by die kar die een kind is weg. Ons kry hom nie. Sorry ne. Ons ry huistoe. Ek was mos mal sonder my kind. Ek vra net

Pastoor

Eks te dom om te verstaan hoe raak jou kind weg op die strand. Ek het ook kinders groot gemaak en hulle het al kinders. Hulle was nooit onder my oë uit nie. Nooit. Hulle was by my en my vrou. Dit was 30 jaar gelede. Vir 15 jr lank party mense gaan huis toe sonder hulle kinders. Hoe werk dit. Kom by die kar die een kind is weg. Ons kry hom nie. Sorry ne. Ons ry huistoe. Ek was mos mal sonder my kind. Ek vra net want ek ken nie hoe kyk jy nie agter jou kind… Lees meer »

Haasdas

My persoonlike opinie is dat dit met opset gedoen word. Geen regdenkinde mens, hetsy onder die invloed of nie, “vergeet” dat jy ‘n kind het nie. Ek maak altyd ‘n grap en sê “Dit is nou die tyd om van hulle kinders ontslae te raak”. Ek sal graag wil weet wat word dan van die “agtergeblewenis” wat nie opgeeis word nie? Nee hel, dis ‘n skande man.

Danie

Dalk is die maklike antwoord dat sommige mense al so gewoond geraak het dat ander mense (dag-moeders, kleuterskool, na-skool sentrum, buurvrou, ensovoorts) na hulle kinders omsien (sien want Ma en Pa is baie besig bedags) dat hulle nie meer weet hoe om dit te doen wanneer dit uitsluitlik hulle verantwoordelikheid is nie.