Vermiste kinders op strande só met ouers herenig

identikidz 5

Ongeveer 4000 mense staan tou by ‘n swembad in Seepunt. (Foto: ANA/Stad Kaapstad)

Talle vermiste kinders is vanjaar op Welwillendheidsdag op Kaapse strande met behulp van die Identikidz-program met hul ouers herenig.

Wayne Dyason, Stad Kaapstad se hoofwetstoepassingsinspekteur, het gesê 28 kinders is in Muizenberg as vermis aangemeld. In die Strand het ses kinders weggeraak, vyf op Strandfontein, drie by Kalkbaai en een by Big Bay. Geen vermiste kinders is aangemeld by die Seepunt-strand en poele, waar strandgangers reeds van vroegoggend af in rye gestaan het nie.

Volgens Dyason het die Identikidz-program goed gewerk. Die Identikidz-program behels dat ouers hul kinders registreer wanneer hulle by ʼn strand aankom. ʼn Armbandjie met ʼn verwysingsnommer wat ooreenkom met die kontakbesonderhede van ʼn familielid of voog word dan uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

foxi ·

Hoe op deesaarde word klein kinders toegelaat om op hul eie rond te hardloop en te speel op strande. Kinders moet onder geen omstandighede onder die ouers se oë weg wees nie, jy moet jou kind soos n valk dophou. Watse soort tipe ouers laat dit toe in elk geval. Of is dit nou die owerhede se probleem om die kinders dop te hou, want die ouers wil hul eie ding doen om onder die mou skelm te drink en partytjie hou. Wonder hoe word hulle dan versorg by die huis?

De Villiers ·

Presies foxi. Ongelukkig gebeur dit jaar na jaar, veral op die Suidkus strande. Eintlik moet daar teen dié onverantwoordelike ouers opgetree word, en getallebeheer op die strande toegepas word om hierdie risiko te verminder.

Pastoor ·

Eks te dom om te verstaan hoe raak jou kind weg op die strand. Ek het ook kinders groot gemaak en hulle het al kinders. Hulle was nooit onder my oë uit nie. Nooit. Hulle was by my en my vrou. Dit was 30 jaar gelede. Vir 15 jr lank party mense gaan huis toe sonder hulle kinders. Hoe werk dit. Kom by die kar die een kind is weg. Ons kry hom nie. Sorry ne. Ons ry huistoe. Ek was mos mal sonder my kind. Ek vra net

Pastoor ·

Eks te dom om te verstaan hoe raak jou kind weg op die strand. Ek het ook kinders groot gemaak en hulle het al kinders. Hulle was nooit onder my oë uit nie. Nooit. Hulle was by my en my vrou. Dit was 30 jaar gelede. Vir 15 jr lank party mense gaan huis toe sonder hulle kinders. Hoe werk dit. Kom by die kar die een kind is weg. Ons kry hom nie. Sorry ne. Ons ry huistoe. Ek was mos mal sonder my kind. Ek vra net want ek ken nie hoe kyk jy nie agter jou kind nie

Haasdas ·

My persoonlike opinie is dat dit met opset gedoen word. Geen regdenkinde mens, hetsy onder die invloed of nie, “vergeet” dat jy ‘n kind het nie. Ek maak altyd ‘n grap en sê “Dit is nou die tyd om van hulle kinders ontslae te raak”. Ek sal graag wil weet wat word dan van die “agtergeblewenis” wat nie opgeeis word nie? Nee hel, dis ‘n skande man.

Danie ·

Dalk is die maklike antwoord dat sommige mense al so gewoond geraak het dat ander mense (dag-moeders, kleuterskool, na-skool sentrum, buurvrou, ensovoorts) na hulle kinders omsien (sien want Ma en Pa is baie besig bedags) dat hulle nie meer weet hoe om dit te doen wanneer dit uitsluitlik hulle verantwoordelikheid is nie.

Vryvoet ·

Toe ek 10 was ,het my ouers toegelaat dat ek en my maatjie en ons broers alleen na Scotsbourough strand toe gaan. Ons het die HELE dag lekker by die see gespeel, ons koeldrank gedrink en huis toe gegaan as dit etenstyd was. HEERLIK, VEILIG, vry gewees om op ons eie die mooi see te geniet en te gaan rond loop by Crocworld. Ons was nie ontvoer, vermoor of verkrag nie. Ons het ook geweet waar ons is en waar die huis is. Basiese oorleweing en dit was die beste jeug jare ooit.

LB S ·

Baie waar wat jy sê Vryvoet. Ek is oor 60 en ja. So het my broer en ek ook die pad gevat sodra ons by die strand geland het. Doonside, Toti, Muizenberg, Strand, oral. Maar al was dit baie veiliger in daardie jare kan ek nie help om terug te dink die paar kere wat ek gedink het ek gaan verdrink nie! Nee kyk, as ‘n Ma was ek sommer baie oorbekermend, my kinders NOOIT onder my oë uit nie, vernaamlik nie waar water was nie! :)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.