Vermiste kleuter: Pa dalk sielkundig evalueer

Die driejarige Liam.

Die Vrystaatse man wat na bewering betrokke was by die verdwyning van sy driejarige seuntjiemaar steeds weier om te sê waar die kind is, sal moontlik vir psigiatriese waarneming gestuur word.

Nantes Nortjé (47) het vandeesweek weer in die Harrismith-landdroshof verskyn waar hy op ʼn aanklag van ontvoering tereg staan.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê Nortjé se regsverteenwoordiger het die hof versoek om sy kliënt by ʼn psigiatriese instelling vir sielkundige waarneming te laat opneem.

“Daar moet nou eers gekyk word waar vir hom ʼn bed in ʼn psigiatriese hospitaal beskikbaar is. Hy sal op 19 Oktober weer in die hof verskyn waar die regspanne terugvoer hieroor sal gee en dan sal die hof beslis of en waarheen hy gestuur sal word,” het Mophiring gesê.

Hy sê daar is in dié stadium geen sprake daarvan dat Nortjé op borgtog vrygelaat kan word nie aangesien hy steeds weier om te sê wat van Liam geword het. “Dit is baie moeilik, want hy wil niks sê nie. Niemand weet waar die kind is nie.”

Cheinelle saam met Liam.

Maroela Media het vroeër berig Liam het in November saam met Nortjé verdwyn en word sedertdien vermis. Nortjé is in Julie in Ladysmith in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem, maar daar was geen teken van Liam nie.

Hy het destyds gesê hy het die kind vir mense gegee wat nie kinders kan kry nie, maar weier om enigsins meer inligting bekend te maak. Volgens Mophiring is daar tans geen nuwe inligting in die soektog na Liam nie.

Cheinelle Brooks, Liam se ma, het vroeër aan Maroela Media gesê Nortjé het aan haar gesê sy het “die situasie oor haarself gebring” omdat sy hom van sy kinders vervreem en hom weggestoot het. Cheinelle kon nie Donderdagoggend onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Enigiemand met inligting oor waar Liam moontlik kan wees, kan kol. Lekhoali Thito by 082 414 9736 bel of Tania of Wendy van die Suid-Afrikaanse ondersteuningsinisiatief (Sasi) by 084 830 1031 of 064 648 1577.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Irene ·

Ek glo wat hy gedoen het nie reg is nie
Maar hoekom vrouens altyd kinders gebruik om mans terug te kry verstaan ek nie

Fish ·

Irene
Ek stem 100% saam jou. Vir elke aksie is daar ‘n teen reaksie. Die ou het dit net na extreme gevat en soms verstaan ek hoekom sekere mans hulle famillie en homself uitwis. Want mamma het vuil gespeel en hom probeer weghou van sy kinders. Dan snap pappa en gaan vang stupid onnodige goed soos dit aan. vouens dink voor julle doen en neem almal in ag. Ek se ook nie elke ma wat skei doen dit nie maar daar is van hulle buite.

Marius ·

Dit is so waar wat jy se Irene dit het daai man gedryf na wat hy gedoen het.

Sanna ·

Geestelike volwasse mans doen nie sulke dinge nie. Hulle word outomaties gerespekteer deur die ma en skei is nog nooit ‘n opsie gewees nie. Elke man en vrou is verantwoordelik vir sy of haar doen en late.

Des ·

Moes die vrou haar kinders by hulle pa laat kuier het by die plakkershut waar hy gewoon het? “AS” sy die kinders van hom af weg gehou het, het sy duidelik ‘n baie goeie rede gehad. Die man is sielsiek.

Ag asb tog ·

Maar nou het pappa hom ook nie so NIKS wat julle se maak sin nie? Nie mamma of pappa het hom nie en julle sit en besluit nou nog oor wie reg was? Wat van as hierdie kind erens opgesluit sou wees? Was die pappa dan nog reg?

Betrokke ·

Ek wil net die volgende duidelik maak. Cheinelle Liam se ma het NIE vir Liam weg gehou van sy pa af nie. Inteendeel het hulle n’ ooreenkoms gehad dat die Pa Liam vir 2 weke het en Cheinelle Liam het vir twee weke. Sy het nooit die kinders van hom af weggehou nie. Dit was juis in die tyd wat die Pa vir Liam gehad het dat hy vir Liam ontvoer het, n’ stuk van sy hare afgesny het en vir Liam se ma laat weet het daar is n’ “surprise” vir jou by n’ vriend van die familie. Met die aankoms daar het sy n’ lok van sy hare gekry met n’ nota wat se “dit is die laaste keer wat jy vir Liam sal sien.” Wie ook al vir Liam wegsteek het geen hart nie…. en sal ook vir medepligtigheid toegesluit word. Ons sal vir Liam opspoor en terug besorg in sy ma se arms. Ek hoop regtig die Pa word vir baie lank toegesluit om sy eie kind weg te vat van sy ma af en dan self ook uit Liam se lewe uit te stap. Hy is nie die naam Pa werd nie!

christa ·

ek twyfel of die kindjie nog lewe. So jammer vir sy ma. moeders gebruik gewoonlik die kinders om die mans te straf of om meer onderhoud te eis. Dis vir my so mooi as ouers ordentlik uit mekaar gaan en nog saam besluite oor kinders kan neem. Ek glo dan sal baie minder hartseer ervaar word.

Elsa ·

My persoonlike vermoede is dat hy die kind verkoop het…. Ek het geen bewyse nie

rafel ·

Betrokke, dink julle daar is hoop dat die liewe kind nog leef en ten minste veilig en versorg is? Ek kry nagmerries oor die saak.

Anoniem ·

Kla hom aan vir ontvoering, watter REG het hy om die ‘shots te call’ Maak net asb ‘n saak ! Hy sal dan gou-gou praat !

Lollie ·

Kan hy nie gehipnotiseer word om inligting te kry nie? Maak nie saak wat tussen hulle twee gebeur het nie, hy reageer soos ń dwaas!
Die moeder is nie al een wat ly nie maar beslis die kind ook want hy is moontlik by vreemdes en het beslis vir mamma gesoek. (Indien hy lewe en by ander mense is )
Hy klink in elk geval nie die woord ‘pa’ werd nie anders sou hy nie so iets gedoen het nie

M ·

Liewe anoniem doen jouself n guns en lees asb die berig….die pa is reeds in aanhouding vir die ontvoering!!! en hy praat nogsteeds nie!!!

Jakkie ·

WEL as daar nog OU POLISIEMANNE Was het hulle hom baie gou uit sy vergeetagtigheid gekry . maar deesdae het die kriminele mos meer regte …

Betrokke ·

Daar is sake oop teen die Pa en werk almal betrokke baie hard om uitevind waar Liam is.

Ek is verstom ·

Ek is verstom dat hy nou meer aandag en hulp en beskerming kry as sy klein seuntjie. Verder maak dit my heel stom as mense opkom vir so persoon, ek stem saam daar is verdomde Ma’s wat vermaak, soms wens ek ook om sin in hul te skud – die vermaak van 2 volwassenes raak hul nie eens so erg, die kind ly heeltemal daaronder en dit maak my woedend. Indien iemand hierdie seuntjie in hul besit het, ons gaan nie ophou versprei nie, gee liewer die kindjie vir sy Ma terug, dit is die regte ding om te doen. Oor die een in die tronk, ek hoop jy kom tot jou sinne en help dat jou kind in sy Ma se veilige bewaring kan kom.

Julia ·

Ek het ondervinding van ma’s wat die kinders van hulle pa vervreem. Ek weet waardeur sulke pa’s gaan. Hulle kry GEEN ondersteuning van ons welsyn- en regstel nie. Al wat hulle wil he is om ook n pa vir hul kinders te wees. ELKE ouer se reg. Die ma stel net in die onderhoudsgeld belang, en sny vir pa totaal uit die kinders se lewe. Die skuld le by ons sogenaamde stelsels. Hierdie ma maai wat sy gesaai het. Eeu oue beginsel.

Askies ·

En nou is dit reg wat die pa gedoen het? AS hy die kind doodgemaak het sal jy ook nog aan sy kant wees? Kan hy NOU ‘n pa vir sy kind wees? Ekskuus julle wat opkom vir die pa . DIE PA HET NIE DIE KIND nie so waar het hy nou eintlik gewen?

Julia ·

Ja Askies, as Ek dink aan die hel waardeur die pa en sy kinders wat ek ken gaan, neem ek hom geensins kwalik nie. Elke mens het sy knakpunt en dalk is die kind beter daaraan toe, siende die ma hom dalk ook maar net as n speelbal en wapen gebruik het. Mense wat nie self ervaring van die dinge het nie kies baie gou kant en gooi Dan maklik Klippel.

Alida ·

In die ou dae sou hy vinnig gesing het soos n kanarie maar deesdae se kriminele het hemel op aarde. Die kind is hopenlik by mense wat na hom kyk.

tamboti ·

Ja Alida, gaan die reg nou net sit en wag totdat hul eendag die kind se lyk opspoor? Dit is ‘n uiters dringende saak en daar moes van dag een af met alle nodige middele opgetree word – ja selfs marteling! Hoe kan jy toelaat dat iemand met jou die fool speel terwyl ‘n onskuldige ontvoer is – en moontlik vermoor, of dalk erens toegesluit is en van dors en honger sterf of versmoor.
As die man siek in sy kop is kan hy ook nie kinders grootmaak nie.Stop finish en klaar.

Piet ·

n Vete tussen ouers is niks nuuts nie, maar mens kan mos nie jou kind straf as jy dink die ma (of pa) is sleg nie? Watter tipe ou doen dit aan n onskuldige kind en nogal jou eie vlees en bloed? Ek hoop die pa word vir ewig aangehou en dan is dit steeds te kort.

Wat as???? ·

Geen mens weet hoekom en waarom die ma in die geval die kind van dievbpa “weerhou” het nie.
Wat as……dit n geweldadige verhouding was? Wat as…die pa niks van die kind wou weet nie
Wat as …die pa gedoen het wat hy ook al gedoen het net om die ma “terug” te kry…..te vernietig…seer te maak?
Ja.. Daar is pa’s wat opreg is en na n skeisaak nie sy kinders sien…ja daar is ma’s wat onredelik is….
Maar as jy nie in so n situasie is nie…is dit menslik onmoontlik om n uitspraak/of aanmerkings te maak?!

Piet ·

Wat As, ek kan met sekerheid se dat my kinders by my veilig is. Al is hul ma ‘n geweldadige dwelslaaf wat in die nag die strate Cape flats werk, sal hulle by my veilig wees en as dit in hul belang is sal ek soos Moses se ma my kind in ‘n mandjie in ‘n rivier plaas om deur my vyande groot gemaak te word. Jou kinders behoort nie aan jou nie, hulle is deur God aan jou geleen, jy kan hulle nie soos n pion gebruik wanneer jy nie jou sin in n verhouding kry nie. Die man moet vir n slag in sy lewe karakter wys en se wat het hy met die kind gedoen.

Oujongvrou ·

Die man het gn sielkundige probleem nie. Hy durf net nie se wat hy met die kind gedoen het nie want die klag sal dan verander moet word na iets veel ergers as ontvoering.

Prtro de Beer ·

Die ma het nie die seuntjie van die pa weggehou nie. Lees asseblief vorige berigte voordat julle oordeel. Hy het na hom omgesien terwyl sy werk. Hy was dus amper meer by die pa as die ma.

Mary ·

As dit waar is dat hy die seuntjie vir mense gegee het, sien hulle nie in artikels en koerante hoe na hierdie kind gesoek word nie? Hoekom kom hulle nie na vore en sê die kind is by hulle nie. Sekerlik kan hulle verstaan deur watse hel die kind se ma gaan.

Heidi Lundie ·

Daar is tog duidelik gese dit was nie die geval hier nie. Die man wat so optree is n sadis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.