Vermiste kleuter veilig ná beweerde kaping

Argieffoto

Die polisie het die soektog na die vierjarige kleuter wat vermis geraak het toe kapers Saterdagoggend na bewering net buite Durban met haar in haar pa se motor weggejaag het, afgelas.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die meisie is glo veilig by haar ma in Pretoria. Mbele wou egter nie meer inligting bekendmaak oor hoe presies die meisie by haar ma beland het nie.

“Die polisie is gister [Sondag] deur die pa in kennis gestel dat die ma in Pretoria vir hom gesê het die kind is veilig by haar en die soektog is dus afgelas. Dié hele storie is baie ingewikkeld en ons ondersoek nog die omstandighede rakende haar verdwyning en opsporing,” het Mbele gesê.

Die dogtertjie is glo ongedeerd.

Maroela Media het vroeër berig Mbele het gister gesê die beweerde kaping het Saterdag omstreeks 07:15 op die hoek van Shepstone- en Dinkelmanweg in New Germany plaasgevind.

Volgens Mbele het die 45-jarige man en sy kleuterdogter in ʼn VW Golf by ʼn verkeerslig stilgehou. Die man het beweer ʼn voertuig met vier insittendes het langs hom stilgehou en vuurwapens op hom gerig. Die kapers het hom na bewering uit die voertuig gedwing voordat hulle weggejaag het met sy dogtertjie glo steeds in die voertuig.

ʼn Saak van voertuigkaping is by die Pinetown-polisiestasie aanhangig gemaak.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Annelize ·

Dis ‘n Oorverdowende klank wat die Rot afgee…hier is iets nie pluis nie.

Huismoles ·

Regtig daar is soveel hulp as daar huis moles is, mense spesialiseer in gratis hulp. Indien jul stry oor die kind, kry profesionele help, daar is geld vir allerhande luukshede, maar as dit by kinders kom is die beursie leeg of styf toe. Verder om kaping / misdaad te skree, maak dat daar nie in ernstige werklike misdaad gevalle opgetree kan word(bronne raak uitgeput of is te besig met hierdie sake) of gaan word nie (dan dink hul dit is dalk net weer een van daardie en dan kan ‘n slagoffer sterf intussen). Alles gaan oor kommunikasie, jul hoef mekaar nie lief te he, beleef te wees, respekteer jou kind soveel dat jy vir hom of haar die beste wil he.

Annamarie Olivier ·

Dit is ‘n kwessie van my storie jou storie en die waarheid. En ongelukkig sal ons nooit weet wat die waarheid is nie

Veilig ·

Klink na huismoles .. dit was nie ‘n kaping in die werklike sin van die woord nie maar darem is die kind veilig teruggevind.

Theresa B ·

Hier is groot fout met diè storie. Maar hierdie mense sal my hart laat gaan staan. Die arme kind. Sy is klein, maar sy moes ook die dinge aanskou het en dit sal haar bybly. Genade mense – kry julle lewe agtermekaar. Dink aan die kinders.

Theresa ·

Pa word gekaap; kind nog in kar. Pinetown tot Pretoria.
As leek sou ek dink dis suiwer ontvoering.
Hoop die speurders maak korte mette met die ondersoek en ontbloot die waarheid.

DS ·

Hoekom moet die arme kinders altyd die pionne wees tussen kinderagtige wraaksugtige ouers. Dink wat julle aan daardie arme onskuldige kinders doen. HOOP ek is verkeerd in die geval. Regtig ouers LIEFDE is om net die beste vir jou kind te gee en nie aan jouself te dink nie!

LouE ·

Almal wat die storie gelees het was diep geskok en het gebid. Nou vind ons uit dis ‘n fishy storie.

Ware nuusberig ·

A CASE of hijacking, which was reported at Pinetown SAPS on Saturday, has turned out to be a mystery for police as the victim’s report differs from police findings.

According to Pinetown cluster communications officer, Capt Bongumusa Manqele, the victim reported a case of carjacking at Pinetown SAPS, alleging that he was hijacked at the corner of Dinkelman and Qashana Khuzwayo Road by three armed men.

“The victim said the suspects took his VW Golf 7, a cellphone, laptop and fled with his six-year- old daughter.”
Manqele said the preliminary investigation by police revealed the victim was hijacked in Montclair and he was actually driving red VW Polo not a VW Golf 7 as he alleged.

“The suspects drove from Montclair and dropped the victim in New Germany at the corner of Dinkelman and Qashana Khuzwayo Road. The vehicle was then recovered in Mariannridge and the child was found on the same day at Mahatma Gandhi hospital with no injuries,” said Manqele.

Lindtjies ·

Dit klink vir my of die pa toesig oor die kind het en die ma het seker nie gedeelde besoek reg nie toe kry sy iemand om die kind te ontvoer en na haar toe te vat.

Jozi ·

Ek het aanvanklik ook vermoed alles is nie lekker vars met hierdie insident nie.
Ek dink dis ‘n kwessie tussen die ouers, maar wil eerder nie daaroor spekuleer as ons nie al die feite het nie.
Bly die kind is gevind.

Onnie ·

Klink vir my of die pa ook in was op die ding. Die soort mense soek aandag en dalk ‘n bietjie finansiële bystand vir “pyn en lyding”. Maar wat van daardie kind wat moet saamspeel met pa en ma se siek speeletjies!

OumaLien ·

Hierdie episode gaan die pa en ma nog duur te staan kom. Op die ou end sit hulle in die tronk en die arme kind word weggevat – daar is net verloorders in hierdie verhaal.

OumaLien ·

Die ma en pa moet oppas, netnou sit hulle dalk altwee in die tronk weens dwarsboming van die gereg of so iets en die ou kleintjie word weggevat – daar is net verloorders in hierdie verhaal.

Anne ·

Die oomblik toe hul sê ‘n kleuter word vermis sonder n foto van die kind, het ek geweet iets skort…

jaco ·

jul almal wat komentaar lewer is so vinnig om op jul perdjies te spring met jul opinie. hou op raai raai speel en wees dankbaar n kind is veilig. sy kon iewers langs die pad afgelaai geword het en is deur mense huis toe gevat, of dalk was dit n ontvoering, en daar was losgeld betaal en instruksie deur die polisie dat geen inligting aan media deurgegee moet word nie, daar kan soveel dinge gebeur en soveel redes wees maar ons afrikaanses sal altyd die “‘ek ruik n rot” opsie kies.

E.K. die eerste ·

Allerhande verskillende weergawes – eerste erig in Maroela noem kind is 4 en hierbo haal ‘n ander kommentaarskrywer (“Ware nuusberig” hierbo) aan sy is 6. En die kleur van motor en adresse verskil – liewe aarde….Ek wonder of mense dink voor hulle doen. Hoop hierdie word uitsorteer en dat die ouers nie hul persoonlike vendettas teen mekaar misbruik om die polisie onnodig werk te gee en almal op hol te jaag nie! Jaco, miskien moet jy nie vingerwys as daar soveel verskillende weergawes van ‘n gebeurtenis is nie – mens is dan geneig om te wonder oor wat aangaan!

Net die waarheid ·

Sulke dinge gebeur as jy ‘n storie verdraai. Wanneer jy begin lieg, moet jy aanhou lieg & dan weet jy self nie meer wat waar is nie. Dis waarom dit altyd belangrik is om die waarheid te praat, dan hoef jy nie te onthou wat die storie was nie. My hart gaan uit na daai arme kindjie. Hoop jou ouers word groot & besef dat jou welstand die belangrikste is & nie om mekaar te vermaak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.