Vermiste Kovsie-student sterf kort na sy gevind word

Mahlape Gloria Tladi. (Foto: UV via Facebook)

ʼn Eerstejaarvrouestudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat sedert 17 Maart vermis was, is Vrydag lewend gevind, maar het op pad na ʼn hospitaal gesterf.

Die UV het Mahlape Gloria Tladi se dood in ʼn verklaring bevestig.

Volgens die universiteit was Tladi ʼn eerstejaar‑ BEd-student aan die universiteit se Bloemfontein-kampus. Sy het nie op die kampus gewoon nie en is op 15 Maart die laaste keer op die kampus gesien. Op 17 Maart was die laaste keer wat sy met haar familie kontak gemaak het en sedertdien kon sy nie weer bereik word nie.

ʼn Volskaalse soektog na Tladi is deur die polisie in samewerking met die universiteit se veiligheidsdienste van stapel gestuur.

Volgens die universiteit is sy Vrydag by ʼn vriend se huis in Bethlehem gevind. “Sy het in die ambulans op pad na die hospitaal gesterf. Die oorsaak en omstandighede van haar dood word deur die polisie ondersoek,” lui die verklaring.

Die universiteitsbestuur het hul skok en hartseer oor Tladi se afsterwe uitgespreek. “Personeel van studentesake is in kontak met die familie en sal ondersteuning en berading aan hulle en Mahlape se vriende bied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Onnie ·

Hulle het haar seker bedwelm en aangehou as seks-slaaf en “snuf” movies gemaak. Ons land is siek. Die meisies vertrou te maklik. Dis tyd dat almal wakker skrik. Niemand is meer veilig nie. Sterkte aan haar familie en vriende, dis tragies so ‘n jong lewe.

willem Botha ·

Gelukkig het die universiteit se sekerheid maatskappy gehelp anders was sy nog steeds weg,ek wonder of daar n land in die wêreld is waar die polisie so onbevoeg is soos in sa is miskien somalië of venezuela maar ek twyfel.

Bid ·

Ek bid vir haar familie en dat die menseregtebewegings eerder aan haar en ander slagoffers se regte dink as aan die moordenaars se regte.

Joey ·

Ek dink regtigwaar dat die Polisie is nie so sleg as wat almal hulle maak nie hulle probeer hulle bes en dan kom dit ook so dat hulle hande partymal af gekap is dat hulle nie kan doen wat hulle wil nie en verder stel hulle ook hulle lewe in gevaar vir ons land.

Elsa ·

Ja Willem Botha, daar is baie onbevoegde polisiemanne en ook korruptes onder hulle, maar jy kan nie die HELE polisiemag so slegmaak nie. Hou op om so negatief te wees en maak jou oë en ore oop om ook bewus te word van heldedade, waar swart polisiemanne blankes gehelp het, selfs wanneer hulle van diens af was. Gee mense en die polisie ook krediet vir goeie dade en goeie werk en moenie net vaskyk teen die negatiewe dinge nie.

TN ·

Elsa , Willem is negatief gebore en sal so sterf ; hy weier ook om enige iets goed in enige persoon te sien tensy die ooreenstem met sy bekrompe politiek denke .

Elsa ·

Net ‘n naamgenoot wat sulke ware woorde kan spreek. Die negatiewes wat ook negatiewe propaganda versprei is net so doring in my vlees.

Hendrik van George ·

Ek ruik ‘n rot! By ‘n vriend se huis gevind? Ek hoop die SAPS het darem die vriend ondervea, want ek is redelik seker hy is betrokke by die misdaad.

Ingrid ·

So ‘n mooi mensie in die fleur van haar lewe. Baie hartseer.

Elizabeth Avenant ·

Sy lyk so klein en broos…….haar gesiggie lyk hartseer en onseker. Sy’s so ‘n pragtige ou mensie en dis bitter hartseer dat sy gesterf het. Ek bid dat har ouers en almal wat lief was vir haar, berusting sal vind. Sterkte julle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.