Vermiste Kuilsrivier-vrou dood aangetref

Zarah Hector

Zarah Hector

Zarah Hector (33) van Kuilsrivier, wat vroeër vandeesmaand verdwyn het, is dood aangetref.

Konstabel Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die ondersoek oor die verdwyning van Hector duur voort.

“Die liggaam van ʼn onbekende vrou is Donderdagmiddag op ʼn plaas in die Groot Drakenstein-gebied gevind, maar dit is nog te gou om dit met die verdwyning van Hector te verbind,” het sy gesê. “Ons ondersoek in die saak het ons gelei tot ʼn woning in Serepta Kuilsrivier waar ʼn man, in sy 20’s, in hegtenis geneem is in verband met die moord.”

Rwexana het gesê die ondersoek is in ʼn sensitiewe stadium en verdere besonderhede kan dus nie tans beskikbaar gemaak word nie.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, kon ook net aan Maroela Media bevestig die vermistepersone-saak is gesluit en die polisie stel verder ondersoek in.

Maroela Media het vroeër berig Hector is Dinsdagoggend, 15 Maart, vir die laaste keer gesien toe sy om 08:00 haar werkplek, Oostenberg Lodge, verlaat het. Haar kêrel het haar as vermis aangemeld toe sy nie later die dag by die huis opgedaag het nie.

Sy het in sy motor, ʼn silwerkleurige BMW Z3, gery toe sy die laaste keer gesien is.

Die motor is op 17 Maart deur die polisie in Observatory opgespoor, maar daar was geen teken van Hector nie. Sy het geen persoonlike besittings saam met haar geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann Marx ·

Hierdie tipe voorvalle kom net voor in lande waar die Polisie-MAG in ‘n Polisie-DIENS verander is, en die polisie oor die algemeen deur die populasie ervaar word as korrup, swak opgelei, onbevoeg, rassisties, onbeholpe met min of geen ervaring nie. Dit veroorsaak dat die meeste kriminele van mening is dat hulle NIE uitgevang gaan word nie……Al die “jong mense” wat hierdie tipe dade pleeg het die “kortpad” gevat na ‘n selfoon, voertuig, geld of vuurwapens toe….omdat hulle vas oortuig is dat hulle NIE gevang sal word nie (en in die meeste gevalle is hulle ongelukkig reg ook). Koppel daaraan die algemene opvatting dat ‘n krimineel NET een sesde van sy vonnis uitdien, “opleiding” kry by geharde kriminele in daardie tyd, en dan losgelaat word om “beter te vaar”,…….en jy eindig op met ‘n land wat besig is om te vergaan weens misdaad.

Veritas ·

Johann, jy slaan die spyker op die kop. Misdaad het ‘n loopbaan geword. ‘n Loopbaan wat nie minimum kwalifikasies eis nie, nie vaste werksure het nie, nie belasting aftrek van jou inkomste nie en ‘n loopbaan waar jy self jou inkomste bepaal. Klink dit nie vir jou ook aanloklik nie?

Illa ·

Veritas, beide jy en Johann stel dit uitstekend. Dit is definitief meer lonend om ‘n krimineel in hierdie land te wees as ‘n wetsgehoorsame burger. ‘n Krimineel het absoluut niks om te vrees nie. Die gesegde heet: “live by the sword, die by the sword”. Maar meer onskuldige mense sterf daagliks in SA as kriminele, so ek dink die teenoorgestelde is eerder waar vir ons: “If you DON’T live by the sword, you WILL die by the sword.”

Illa ·

Ekskuus, ek het nagelaat om my medelye aan Zarah se naasbestaandes oor te dra. Ek is regtig uit my hart jammer vir julle. Sterkte vir die moeilike pad wat voorlê. Mog jul vertroosting vind.

Elgeraine ·

Hoe tragies ! So gehoop Zarah sou opgespoor kon word, dis so hartseer! RIV Zahara;-( Sterkte aan haar familie en vriende.

Andre ·

Tronk is ook geen afskrikmiddel nie, eerder n soort universiteit van die krimineel. Nou moet nommer 1 nog net universiteit toe gaan al is dit net n morele oorwinning.

Andre ·

Ek bid vir die familie en vriende. Mag julle op een of ander manier vertroosting vind.

Gesiggie ·

Hoe tragies, so gehoop op n goeie einde… Jammer aan haar Familie en vriende, mag jul gou antwoorde vind… RIP ZARAH…

Nic Grobler ·

Ek stem Karolis, die kloutjie kom nie by die oor nie.

GES ·

Ek is woordeloos, lees maar net en knik my kop in samestemming. My innige simpatie aan die familie en vriende van Zarah.

Lola en gesin ·

Die inligting wat deur die verskillede media en op fb gepos word weerspreek mekaar-dit moet baie confusing en uiters ontstellend vir Zara se familie en vriende wat dit lees wees. Sterkte aan haar familie-ons dink aan julle ?

M.G. ·

Mens sou dink die media sal SEKER maak van hul feite en die bevindings van die polisie voor hul opskrifte soos bostaande publiseer, want ja, dit weerspreek die inhoud van die berig!

Mercy ·

Volgens kommentaar op ‘n ander nuus berig is die vingerafdrukke eers Saterdag bekendgemaak en aan die familie bevestig. Daar is ook geruime dat sy met ‘n hammer doodgeslaan is. Dit is tragies dat ‘n lewe so min werd geword het. RIP mooie dame Zarah …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.